Glencoe-boer steeds agter tralies

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Garth Millen Simpson (68), ʼn boer van KwaZulu-Natal, sal bykans nog ʼn week agter tralies moet bly nadat sy borgtogaansoek Donderdag uitgestel is.

Simpson is einde verlede maand in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy die 17-jarige Qiniso Dlamini op sy plaas naby Glencoe in KwaZulu-Natal doodgeskiet het. Dit het gevolg nadat ʼn struweling tussen Dlamini en Simpson uitgebreek het.

Volgens Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sal die borgtogverhoor weer op 21 Oktober voortgaan. AfriForum het Donderdag aangedui dat hy Simpson met regshulp gaan bystaan.

Maroela Media het vroeër berig Simpson het op die dag van die skietery ʼn trop beeste op sy plaas aangetref wat volgens ander boere gesteel is. ʼn Groep jong mans het glo op die plaas aangekom en volgehou dat die beeste aan hulle behoort.

Simpson het in daardie stadium reeds die polisie ontbied en het met sy haelgeweer ʼn waarskuwingskoot afgevuur. Die mans het hom glo oorrompel.

In ʼn video van die gebeure kan gesien word hoe Dlamini vir Simpson ʼn skop teen die bors en ʼn hou deur die gesig gee, voordat Dlamini glo die vuurwapen probeer afneem en ʼn skoot klap. Dlamini het daarna ineengesak en is dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Die anc land se regstelsel is n grap man dit gaan hier oor politiek. Wees rustig oom die tyd sal kom dan dagvaar jy die sleg anc en polisie. Die landros is net so sleg soos die anc vir wie hy werk.

Misky

Hoekom word die kaders so vinnig en maklik borg gegee, maar ‘n boer wat net sy eie lewe verdedig het, word so lank aangehou? As hier oorlog uitbreek in die land, moet daar nie vrae gevra word nie. Ons raak nou verby [email protected] vir die nonsens!!!

agnes

Ek kan nie glo dat hy steeds in die tronk is terwyl hulle duidelik op die video kan sien dat hy uit selfverdediging en per ongeluk geskiet het.

PieterK

Die oom gaan ‘n kits miljoener word (Siviele Eis). Die roekelose regstelsel is ‘n klug en net in plek gestel vir die blanke gemeenskap.

Johan

En hoekom?