Glencore kap Eskom oor ‘swak gehalte steenkool’

Argieffoto van 'n steenkool-kragstasie (Foto: stevepb, Pixabay)

Argieffoto van ‘n steenkool-kragstasie (Foto: stevepb, Pixabay)

Optimum Coal, ʼn filiaal van Glencore, het Eskom veroordeel ná bewerings dat sy steenkool van ʼn swak gehalte is, en het dit weer benadruk dat die prys van steenkool onvolhoubaar is en hersien moet word.

Optiumum Coal is tans onder ondernemingsredding nadat hy nie sy steenkoolkontrak met Eskom kon hernu nie.

Eskom het Dinsdag, tydens sy prestasieaankondiging, gesê hy eis R2 miljard boete van Optimum weens swak gehalte steenkool.

“Optimum trek Eskom se eis in twyfel,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Dit sou beteken dat Optimum effektief steenkool aan Eskom verskaf het teen R1 per ton.”

Die maatskappy hou vol die steenkool wat hy aan Eskom verskaf het, was van die hoogste gehalte en dat Eskom “die steenkool verbrand het en dit nie enige noemenswaardige kwessies gehad het nie”.

Volgens die verklaring sal die persone wat die ondernemingsredding hanteer, bepaal watter stappe gedoen moet word en sal poog om met Eskom in gesprek te tree. Glencore sal sy ondersteuning bied totdat ʼn ondernemingsreddingsplan gefinaliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dit klink eerder of Eskom desperaat is om nuwe bronne te vind waaruit hulle geld kam tap!

zahn ·

Soos hulle in goeie Afrikaans sê: Take note! Dis hoe die anc werk,hulle tap jou leeg, en trap dan op jou as hulle jou nie meer nodig het nie. Die die steenkool moes brand, het hulle nie gekla nie, maar nou wat hulle moet betaal, ander kwessie. Kan die ondernemingsredding mense ook vir ons bepaal hoeveel ton steenkool is werklik gelewer aan eisjkom, en hoeveel ton is in die townships verkoop?

Johann Marx ·

Ou Suid Afrika: Kragstasies langs steenkoolveld gebou. Lang vervoerbande het steenkool vervoer direk na die kragstasies toe. Nuwe Suid Afrika: Elke tweede “tenderpreneur” het ‘n “steenkool kontrak” sodat hulle lorries kan finansier, steenkool kan aanry teen kunsmatig verhoogde pryse, paaie verniel en verwoes, verkeer ontwrig en ongelukke veroorsaak, en voordat die “kontrak” klaar is betaal kan word en kan aftree met hulle miljoene in die bank……en nou verstaan ons nie waarom Eskom so sukkel nie. My pa het altyd gesê: 90% van die moeilikheid wat jy het, het jy vir jouself gemaak!!

Martin ·

Hoekom moet dit goeie kwaliteit wees? Die Steenkool word dan deur meulens gemaal tot so fyn soos Baba poeier, waana dit deur die Boilers verbrand word om stoom te maak vir die turbines.
Geen rede vir kwaliteit steenkool nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.