Glo geen beleid om Dalai Lama te verbied

Desmond Tutu en sy vriend, die Dalai Lama Foto: memeburn.com

Desmond Tutu en sy vriend, die Dalai Lama Foto: memeburn.com

Suid-Afrika het geen beleid om die Dalai Lama te verbied om die land te besoek nie, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, Donderdag gesê.

Nkoana-Mashabane het verslaggewers toegespreek oor pres. Jacob Zuma se beplande staatsbesoek aan China volgende week. Sy het vrae wat verband hou met die geestelike leier van Tibet se herhaaldelike afgekeurde visums, ontglip.

“Suid-Afrika het sy eie onafhanklike buitelandse beleid en daar is nie ʼn individu in enige hoek van die aarde wat verban is om besoek af te lê aan Suid-Afrika of die land te betree nie,” het sy gesê. “Die Tibet-streek word beskou as ʼn outonome streek van China. Suid-Afrika het openlik ʼn een-Chinabeleid aanvaar onder die leierskap van Madiba [voormalige president Nelson Mandela].

Suid-Afrika se een-Chinabeleid verwerp Tibet se onafhanklikheid.

Die 14de wêreldberaad van wenners van die Nobelprys vir Vrede wat in Kaapstad gehou sou word, is opgeskort en na Rome in Italië geskuif as gevolg van ʼn paar van die wenners wat aangedui het dat hulle die geleentheid sal boikot omdat die Dalai Lama nie ʼn visum vir Suid-Afrika kon bekom nie. Dit is die derde keer in vyf jaar wat sy visum na Suid-Afrika afgekeur word. Die departement van internasionale betrekkinge het in daardie stadium gesê die saak is afgehandel, en dat hy sy reis gekanselleer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.