Glo geen Derby-Lewis-aansoek ontvang

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag ontken dat Clive Derby-Lewis se vrou of prokureur ʼn aansoek om mediese parool ingedien het.

“Die departement het ʼn onvoltooide aansoek om mediese parool ontvang en wag vir die volledige vorm,” het Manelisi Wolela, woordvoerder vir die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die departement ontken die bewering dat die prokureurs aansoek om mediese parool ingedien het en nog nie enige terugvoer ontvang het nie.”

Marius Coertze, Derby-Lewis se prokureur, het vroeër gesê hy sal die hof nader indien die departement nie voor die einde van die week ʼn besluit neem oor die aansoek nie, het die Citizen Woensdag berig.

Coertze en Wolela was Donderdag nie vir verdere kommentaar beskikbaar nie.

Wolela het gesê Derby-Lewis se vrou Gaye het op 2 Mei ʼn aansoek om mediese parool ingedien, maar die vorm was nie volledig voltooi nie, en dit is aan haar teruggestuur. Die departement het glo daarna met haar en haar prokureur vergader.

“Die departement beskik tans nie oor enige aansoek om mediese parool of vorm van enige persoon wat namens hom optree of wat direk van hom af gekom het nie,” het Wolela bygevoeg.

Derby-Lewis (78) is skuldig bevind aan sameswering om SAKP-leier Chris Hani te vermoor, nadat hy die vuurwapen aan die Poolse immigrant Janusz Walus beskikbaar gestel het. Hani is op 10 April 1993 in die oprit van sy huis in Boksburg aan die Oos-Rand vermoor. Derby-Lewis het reeds meer as 20 jaar van sy 25 jaar lange vonnis uitgedien.

Michael Masutha, minister van justisie, het op 9 Junie aan verslaggewers in Pretoria gesê Derby-Lewis het ʼn positiewe aanbeveling vir vrylating om parool ontvang. Wolela het egter verduidelik dat dit na parool en nie mediese parool nie, verwys. Walus het glo dieselfde aanbeveling ontvang. Daar is nog nie ʼn besluit oor die twee mans se parool geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

EEN woord, net een woord wat nie gemeld was nie, en dit veroorsaak die vertraging – almal van ons WEET, hulle wil Oom Clive daar binne hou en dat hy tot hy sy laaste asem uitblaas, dit in die tronk moet doen – VERAGTELIK EN ONMENSLIK !

Maar ek, ek sal NIE ophou bid vir sy vrylating nie !

Johann ·

Trippie, jou frase: “Maar ek, ek sal NIE ophou bid vir sy vrylating nie” tref diep, baie diep.
Mag ek vra om ‘n geestelike plek te hou dat ons saam mag bid?

Trippie ·

Hallo Dok, absoluut – opregte gebed vermag baie.

Dis nou 21h21 – presies om 22h00 – en ek hoop almal wat hier lees, neem saam hande sodat ons SY HEILIGE NAAM AANROEP !

Intussen, geseende nagrus vir jou.

Trippie ·

Goeie more Grassie – baie dankie,

Groetnis en geniet die dag.

david ras ·

Mag mens die woorde “moedswillig. en onnosel” gebruik ?Ek verwys geensins na Oom Clive se eggenote of regsadviseur nie.

White Nation ·

Malema het reeds lankal laat val dat Thabo Mbeki deel was van die komplot om Hani uit te haal omrede Hani ‘n sterker aansien onder die kommuniste geniet het as Mbeki.Ook is dit ‘n voldwonge feit dat hulle hom NOOIT sal vrylaat nie omrede hulle vrees dat hy dinge gaan kwytraak aan die media as hy buite is wat die ANC gaan skud want hy weet te vee
l van die komplot. Waluzs is gebruik in ‘n “lone nut” black ops” operasie- soos die twee sg. moordenaars gebruik is om van terreblanche ontslae te raak- OOK omrede Terreblanche ‘n politieke bedreiging vir die ANC kommuniste was. Dus- hierdie is opsetlike vertragings taktiek om hom in die tronk in “veilige bewaring” te laat doodgaan aan kanker. So sal die demoniese ANC dan gemaklik NOG ‘n geraamte in hulle kas kan toesluit en saam met al die honderede andere duiwels streke in die anale van vergetelheid kan laat ” verdwyn.” Derby – Lewis is die laaste konserwatiewe leier wat lank reeds saam met die huidige ANC demone kom en ken al hulle geheime- en die Hani sage is EEN stukkie geskiedenis wat hulle nie graag wil uitgeblaker he nie- en dus vanuit die kommunistiese Lethuli-Huis sal BLY inmeng en opdragte gee om Derby-Lewis liefs in die tronk te hou. Die twee gefaalde sluipmoorde is juis ‘n aanduiding dat hulle reeds van hom so spoedig moontlik wil ontslae raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.