Glo geen verdere afleggings by SAUK

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Sondag mediaberigte verwerp dat die openbare uitsaaier van plan is om nog personeel af te lê.

“Die SAUK neem kennis van die artikel in die Sunday Times dat die uitsaaier van voornemens is om ʼn derde van sy personeel af te lê en verwerp die bewerings in die berig,” het Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SAUK, in ʼn verklaring gesê.

“Die SAUK wil graag bevestig dat hy nie enige planne het om personeel af te lê nie en die verslaggewer [van die Sunday Times] het slegs navraag gedoen oor die 11 voorwaardes wat betref die SAUK se aansoek by die nasionale tesourie vir finansiering. Daar was geen bespreking oor die kwessie van afleggings nie,” het sy gesê.

Mthembu het gesê sy benadruk dat die SAUK op 31 Januarie aangekondig het dat hy die proses, om artikel 189-kennisgewings uit te reik kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge, laat vaar het en dat hy nie dié kennisgewing sal hernu nie.

Dit volg ná “konstruktiewe en omvattende gesprekke” met verskeie belanghebbendes, insluitend die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie, vakbonde en SAUK-werknemers.

“ʼn Vaardigheidsoudit word tans gedoen onder die vaandel van die departement van kommunikasie en ná dié proses, sal die uitslag van die vaardigheidsoudit, in verhouding met personeeloptimalisering, met alle belanghebbendes bespreek word, insluitend vakbonde en werknemers van die SAUK.”

Die SAUK het versoek dat die proses, om finansiering te bekom, afgehandel word sodat daar nie paniek en onsekerheid ontstaan onder SAUK-werknemers en die groter publiek nie, het Mthembu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George in Bloem ·

Al fire hulle 90% van die hopelose onbevoegde spul parasiete by die SAUK sal niemand dit eers agterkom nie.

wilma ·

So merk ek op dat daar tans 7 nuusaanbieders roteer op SABC 2 se 18:30 uitsending. Waar is die dae toe daar slegs een aanbieder was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.