Glo nóg ʼn vrou en kind vir Zuma

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Oudpres. Jacob Zuma het glo weer pa geword en gaan glo binnekort met sy sewende vrou trou.

TimesLive berig ʼn 24-jarige vrou het op 12 April in ʼn private hospitaal in KwaZulu-Natal geboorte geskenk aan ʼn seuntjie op Zuma se 76ste verjaardag. Volgens hospitaalrekords wat deur TimesLive bekom is, is Nonkanyiso Conco as “mev. Zuma” gelys.

Conco het intussen ook aan die media bevestig dat sy en Zuma gaan trou. Volgens berigte het Zuma reeds lobola betaal en het hy sy toekomstige vrou en kind in die hospitaal besoek.

Die seuntjie is volgens berigte Zuma se 23ste kind. Die kinders is by 11 verskillende vroue verwek.

Zuma is in April 2012 met Gloria Bongekile Ngema getroud. Zuma het ʼn seuntjie saam met Ngema-Zuma. Hy is ook getroud met Gertrude Sizakele Khumalo, beter bekend as MaKhumalo. Hulle is in 1973 getroud. Zuma is ook getroud met Thobeka Madiba-Zuma.

Hy is intussen vervreem van Nompumelelo “MaNtuli” Zuma nadat sy glo ʼn verhouding met haar lyfwag gehad het. Hulle is Januarie 2008 getroud.

Pres. Jacob Zuma tydens sy eerste staatsrede op 3 Junie 2009, saam met sy drie vroue: (vlnr) Thobeka, MaNtuli en MaKhumalo.

Zuma is in 1998 van Nkosazana Dlamini-Zuma geskei. Sy ander vrou, Kate Zuma, het in 2000 selfmoord gepleeg.

Van Zuma se bekendste kinders is sy oudste seun, Edward, wat tans tereg staan in ʼn haatspraaksaak wat deur die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak is. Edward Zuma het minister Derek Hanekom in ʼn ope brief ʼn “walglike wit hond” genoem wat “opgelei is om swart mense te verskeur”. Edward het in sy brief ook vir minister Pravin Gordhan as ʼn marionet van witmonopoliekapitaal uitgekryt. Die saak gaan in Mei voort.

Zuma se ander berugte seun, Duduzane, het verlede week gehoor dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hom strafregtelik gaan vervolg op aanklag van strafbare manslag in verband met ʼn noodlottige ongeluk in Februarie 2014.

Zuma het intussen self op 6 April in die Durbanse hooggeregshof verskyn op 16 aanklagte wat verband hou met die omstrede wapentransaksie van die laat 1990’s met Thales. Zuma word vervolg op een aanklag van afpersing, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog. Die saak is tot 8 Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genieve ·

En so betaal ons vir sy hele familie tot kleinkinders en agterkleinkinders.

Paul ·

Party berigte in die media sê 23 kinders, ander 24, maar dis heel verstaanbaar.

Mornay ·

Ekskuuus WIE het labola betaal

SO die 1.5 mil Beeste is nie meer by inkantla nie of hoe se ek

Koos1 ·

Is die lobola betaal met beeste wat van die premier van NW gekry is?

Theresa ·

Maak sin.
Veediefstal sal ook meer gedetaileerd ondersoek en nagespeur moet word.
Dink elke dier moet ‘n volgtoestel kry. Iemand lus om so iets te ontwerp?
Weggesteek iewers, anders word dit uitgekap sonder genade.

Bigamis ·

En BIGAMIE in SA is glad nie ‘n kriminele oortreding nie ne? Of sluit dit net swartmense uit?

Linda ·

Ek kan nie dink dat Bigamie in Suid-Afrika n kriminele oortreding is nie ! As ons gewese President getroud is met n string vroue, kan enige ander persoon dit ook seker maar doen ! n Vriendin van my was 10 jaar lank met n man getroud, voordat sy by Binnelandse Sake uitgevind het dat sy nog n Mej was !! Die groot kerk troue was onwettig. Sy kon die man nie eens dagvaar nie. Hy het landuit gevlug !!!

Alida ·

Ag sies hy behoort hom te skaam. Wie moet al daardie kinders onderhou? Ons gaan nog baie jare betaal vir sy streke. Skoolgelde ens.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaha Alida…..Skoolgelde? Hoekom sal die kinders skoolgeld nodig as die pa president kon word met Std 3 wat hy deur die venster afgeloer het? Hy het soveel bymekaar gemaak hy sal nooit weer ‘n vinger hoef te lig nie……..tot in die derde en die vierde geslag van die…wat hom ken.

humor ·

Ramkat……….Staatmakerram. Nog n kindjie wat 10 @ 1 sonder n pappa mooet groot word.

DJ Krummelpap ·

Lobola? Volgens die woordeboek is daar ‘n naam vir ‘n vrou vir wie mens moet betaal…

Abe ·

Volgens berigte in Beeid was die nuwe vrou werksaam by/die eienaar van n masseersalon. Mens wonder hoe het zuma haar ontmoet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.