Global Citizen-verdagtes bly eers agter tralies

Die fees het konsertgangers se verwagting oortref, maar agterna is tientalle aangeval en beroof. Foto: Stad Johannesburg/Twitter

Die saak teen sewe verdagtes wat verdink word van die rooftogte en aanranding van mense wat die Global Citizen-fees in die FNB-stadion bygewoon het, is in die Johannesburgse landdroshof tot Januarie uitgestel.

Die polisie het die verdagtes aangekeer kort nadat die fees verdaag het vir onder meer roof, aanranding en omdat hulle onwettig in die land is.

Die sewe bring Kersfees in die tronk deur aangesien hulle eers met hul volgende hofverskyning om borgtog sal aansoek doen.

Die sterbelaaide vertoning in dié Johannesburgse stadion ter viering van die geboorte van oudpres. Nelson Mandela 100 jaar gelede het aan alle verwagtings voldoen toe die skare musiek uit die boonste rakke deur onder meer die Amerikaanse supersterre Beyoncé en Jay-Z kon geniet.

Maar agterna het mense in die sosiale media gekla oor die “slagveld” buite die stadion waar misdadigers tientalle konsertgangers aangeval en beroof het.

Van die vroue wat by ʼn nabygeleë motorhawe op saamrygeleenthede gewag het, het vertel hoedat hulle aangerand en amper verkrag is. Na bewering was byna geen polisie of veiligheidspersoneel in die omgewing nie, maar die SAPD ontken dié aantyging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

daars iets wat nie sin maak nie: hierdie was n konsert vir “our people”. so nou wonder ek maar net: beroof “our people” dan “our people”? Volgens ons regering, wat ook uit “our people” bestaan, is misdaad dan niks ernstigs nie.

Douglas ·

Daar is nie vier miljoen onwettige immigrante in die land: die syfer is nader aan 20 miljoen.

sus ·

Het al met iemand by Binnelandse sake gesels oor die kwessie, en hyt beweer daar is meer onwettige immigrante in ons land, as burgerlikes!
so jy is nie so ver verkeerd nie!

marco polo ·

Met duisende mense wat die konsert bygewoon het, was daar dan niemand wat mans genoeg was om 7 rampokkers vas te vat nie?

Johanna Botha ·

Sal nie weer n konsert kan bywoon na ek dit gesien het nie …en die polisie kyk net of neem selfs deel ?

sus ·

SAPS draai net daar rond as daar “iets” vir hulle ook is, anders vat hulle pad om iewers anders “iets” te gaan kry …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.