Gloria-myn: Dodetal styg tot 18

Gloria-myn (Foto: ANA)

Reddingswerkers het Vrydagmiddag nog 13 liggame na die oppervlak gebring by die Koornfontein Gloria-steenkoolmyn naby Middelburg in Mpumalanga.

“Die reddingswerkers kon nie voortgaan met hul bedrywighede nie weens erge rook en sal Maandag die proses voortsit,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Totaal van 18 liggame is nou reeds na die oppervlak gebring. ʼn Groep van meer as 20 mense was ondergronds vasgekeer nadat ʼn ontploffing plaasgevind het terwyl hulle na bewering koperkabels gesteel het.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen,” het Hlathi gesê. Hy het enige verdere navrae na die myn se bestuur verwys. Mike Elliot, die sakereddingsverteenwoordiger van die myn, het gesê hulle sal later Vrydag ʼn verklaring in die verband uitreik.

Die soek-en‑reddingsoperasie het onmiddellik na die ontploffing begin en vyf liggame is kort hierna gevind en na die oppervlak gebring. ʼn Oorlewende is ook gevind en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die soek-en‑reddingsoperasie is bemoeilik deur ʼn gebrek aan ventilasie by die myn en vlambare gasse ondergronds.

Die Gloria-myn, wat deur die Gupta-familie besit word, is verlede jaar onder sakeredding geplaas en werkers by dié myn het al maande lank nie hul salarisse ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan H. ·

Julle kan maar gaan kyk. Vir baie eeue al.Misdaad werk nie,behalwe as jy gekoppel is aan die huidige politieke vriende kring.maar weereens net vir n ruk. Ne ou zummie!

Chris Ws ·

Waarom is daar NIEMAND wat die Guptas aankla nie???Nie die unies nie ,nie die Kamer van Mynwese nie ,nie die Inspekteur Van Myne nie ,nie die EFF nie niks!Hier is ‘n laaaaang slang in die gras.

piper ·

ja as die myn nou bv. aan anglo american behoord was sou lankal n besoek van die president, min, van mynwese en betogings en verwoesting sou plaas gevind het deur die vakbonde, eff, bflf. die dept. van arbeid was al lankal in die hof oor werkers wat nie betaal is nie. kyk wat het by arora gebeur. die eff wil alle myne nationaliseer. dan sal dit by die myne so gaan.

George van Bloem ·

Enige kommentaar van enige van die unies wat alewig hulle bekke te spoel het oor alles? Die stilte is oorverdowend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.