Gloria-myn: Familie van vasgekeerdes bly hoop

Naasbestaandes is nog vol hoop om hulle geliefdes te sien. (Foto: ANA)

Die naasbestaandes van die sowat 20 vermeende kabeldiewe wat vandeesweek ondergronds by die Koornfontein Gloria-steenkoolmyn in Mpumalanga vasgekeer is, is nog vol hoop om hulle geliefdes lewendig te sien.

Tydens ’n soek-en-reddingsoperasie is minstens vyf liggame na die oppervlak gebring ná ’n ondergrondse gasontploffing. Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê dat ’n sesde slagoffer veilig in die hospitaal opgeneem is. Hy is verlede week uit die hospitaal ontslaan.

EWN het Donderdag berig die dodetal staan reeds op 12.

Lesotho-burger, Kabelo Mafokame, het aan African News Agency (ANA) gesê dat sy 28-jarige broer, Thabo Mafokame, een van die mense is wat steeds ondergronds vasgekeer is. Hy beskryf Thabo as ’n stil mens en hou vol dat sy broer nie ’n kabeldief is nie.

Kabelo was deel van ’n groep van ongeveer 30 mans en vrouens wat Woensdagoggend buite die Gloria-steenkoolmyn gestaan het. Mynreddingsdienste was op daardie tydstip besig om hulp te lewer.

Volgens Kabelo sal dit vir hom baie moeilik wees om Thabo te verloor omdat hulle nog altyd ’n hegte verhouding gehad het.

’n Ander Lesotho-burger, Pulane Kgosana, het ook emosioneel vertel dat sy geduldig wag om haar neef en landsgenoot, Motsamai Ramotete, weer lewend te sien.

Kgosana bly hoop dat die reddingsproses bespoedig sal word. Sy glo dat Ramotete ondergronds gegaan het in ’n desperate poging om ’n bestaan te probeer maak omrede daar nie werk in Lesotho of in Suid-Afrika beskikbaar is nie.

Die Gloria-steenkoolmyn is verlede jaar onder sakeredding geplaas. Mike Elliot, die sakereddingsverteenwoordiger vir die myn, het Woensdagmiddag aan ANA gesê dat die reddingspoging vandag voortgaan.

Elliot sê dat vars lug in die myn ingepomp moet word en dat die reddingspan slegs ondergronds kan inbeweeg wanneer dit veilig genoeg is. Hy is egter nie seker hoeveel tyd die reddingspoging in beslag gaan neem nie.

Volgens Hlathi wag die polisie steeds vir die provinsiale staatsaanklaer om ’n besluit te neem rakende die vervolging van die sesde man wat oorleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhardb ·

Sonder om on-sensitief te wees. As die man nie ‘n kabel dief is nie, wat soek hy onder in die myn?

Tania ·

Hierdie mense betaal nie belasting nie en is tien teen een onwettig in die land. Maar nou word hospitaal beddens gevul met hulle op die belastingbetaler se onkoste!!!

Theo ·

Ek keur glad nie die diefstal van koper goed nie, maar as jy nie kos het nie? Tragies om onder sulke omstandighede in ‘n donker koue myn versmoor. Tragies! ?

Maljan ·

Theo ek stem saam. Desperate tye roep desperate dade. Maar …. Is die myn nie toe oor hulle stakery nie? Die anc se slapgaatigheid ten opsigte van stakings, gaan die land nog kelder. N grap is n grap maar wragrig, dis net die eerste twee keer snaaks.

Hendrik ·

Sjoe Jennefer, dis darem ‘n ongevoellige opmerking. Sonder om kabeldiefstal goed te praat kan mens empatie hê met hierdie armsalige mense wat ‘n bestaan probeer uitkrap. Hulle is nie ryk nie, hulle het egter besluit om eerder Zama-Zama’s te wees as voertuigkapers of plaasmoordenaars. Jou kommentaar herrinner my aan BLF se kommentaar oor die dood van die skoolkinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.