Gloria-myn: Nog liggame na oppervlak gebring

Gloria-myn (Foto: ANA)

Reddingswerkers het Donderdag nog vier liggame van persone wat by die Gloria-steenkoolmyn naby Middelburg in Mpumalanga gesterf het, na die oppervlak gebring. Dit bring die getal sterftes op ses te staan.

Mike Elliot, sakereddingsverteenwoordiger, het gesê 22 persone, vermeende kabeldiewe, is vermoedelik nog ondergrond vasgekeer. Hy het gesê ʼn groep persone van Lesotho, wat in ʼn nabygeleë informele nedersetting woon, wou vermoedelik koperkabels steel toe ʼn gasontploffing plaasgevind en hulle ondergrond vasgekeer is.

“Dit is die ergste ding wat nog ooit by die myn gebeur het en dit is deur hulle [vermoedelik kabeldiewe] veroorsaak,” het Elliot gesê. “Hulle is kabeldiewe. Die koperkabeldiefstal duur al drie weke lank voort. Die probleem wat ons in die land het, is dat ons wetgewing nie mense verhoed om tweedehandse koperkabels te koop nie.”

Twee mense is Woensdag na die oppervlak gebring van wie een op die toneel dood verklaar is. Die tweede persoon het by die hospitaal gesterf.

Toe African News Agency (ANA) Donderdagmiddag by die Gloria-steenkoolmyn opgedaag het, was ʼn groep polisiebeamptes op die toneel en die hoofingang na die ondergrondse deel van die myn was gesluit.

Die reddingspoging is intussen tydelik opgeskort vir veiligheidsredes. Elliot het bygevoeg die operasie sal hervat sodra dit veilig is. “Daar is ʼn maatskappy wat die kabels herstel. Daar is ʼn gevaarlike gas ondergrond. Ons moet die reddingsbeamptes genoeg vars lug gee wanneer hulle ondergrond gaan.”

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bevestig nie. Die ondersoek duur voort.

Die Gloria-myn is deel van Optimum Coal se bates wat deur die omstrede Gupta-familie besit word. Die Guptas se mynbates is verlede jaar onder sakeredding geplaas. Die myn is sedert September gesluit nadat honderde mynwerkers nie salarisse ontvang het nie. Die myn loop sedertdien gereeld onder kabeldiewe deur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

janneman ·

Wonder of die “doodskis man” ook deel van die bende was? Dis mos die area waarvandaan hy gekom het…….

HPV ·

Ongelooflik dat kriminele se lewens bo die van landburgers (reddingspan) gestel word.

Anti ·

Wat soek hulle in elk geval in SA? Land van melk en heuning wat die grense oopstel!!!!

Anna ·

Baie hartseer. Ek hoop daar word ook vir hulle families finansieel gesorg en ingesamel

Helen ·

Anna jy het misplaaste simpatie, die mense kos die belastingbetalers baie geld want hierdie operasie om hul te gaan uithaal waar hul in die eerste plek nie moes wees nie stel onskuldige mense se kewens in uiters gevaar en hul hospitalisasie en herwinning kom uit die belastingbetalers se sak. Dan praat ons nie eens van die miljoene rande se skade wat hul aanrig nie. Dink weer.

Pieter ·

Nog beter gooi die ingang toe, dan is daar nie nog begrafniskoste nie.

Katryn ·

Anna skenk jou huis en selaris hulle sal dit hoog op prys stel

Johann cb ·

Kabeldiewe of koperdiewe? Mediahuise berig verskillend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.