Glykabel: Tiener steeds in waakeenheid

Carmen Botha. Foto: Verskaf

Carmen Botha. Foto: Verskaf

Carmen Botha, die tiener van Centurion wat 15 meter ver van ʼn glykabel af geval het, is 19 dae later steeds in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse privaat hospitaal terwyl sy wag op ʼn rugoperasie.

Gerna, Carmen (13) se ma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Carmen moet ʼn rugoperasie kry om skroewe te laat insit waar twee van haar werwels gebreek het, wat haar in staat sal stel om regop te sit. Sy lê sedert die ongeluk plat op haar rug en mag nie self haar bene beweeg nie.

“Carmen sou dalk hierdie week geopereer word, maar sy het sedert die naweek ʼn effense koors en die dokter voel haar infeksiemerkers is nog nie so dat daar geopereer kan word nie,” het Gerna gesê. “Daar is nou eers vir haar antibiotika voorgeskryf en daarna sal die dokter besluit of sy geopereer kan word.”

Maroela Media het vroeër berig dat Carmen tydens ʼn skoolkamp 15 meter ver van ʼn glykabel (foefie slide) af geval het. Sy het erge inwendige beserings opgedoen, onder meer ʼn geskeurde lewer en milt, gebreekte ribbes en werwels, ʼn geskeurde bloedvat in haar dermkanaal en ʼn haarlynfraktuur op haar skedel.

Volgens Gerna werk ʼn fisioterapeut tans met Carmen om basiese oefeninge in die bed te doen, meestal om haar armspiere te oefen en haar been- en voetspiere te strek. Carmen is ook steeds op dialise aangesien haar niere sedert die ongeluk nie funksioneer nie.

Gerna het gesê die gesin fokus nou volkome op Carmen se herstel en bekommer hulle nie nou oor haar skoolloopbaan nie. “Ons het half die eerste ses maande van hierdie jaar opsy gesit om haar tyd te gee om te herstel. Daarna sal ons dalk tuisskoolonderrig oorweeg of kyk na ander maniere waarop sy dalk twee skooljare in een kan doen sodat sy steeds haar skoolloopbaan betyds kan voltooi,” het sy gesê.

“Carmen se gemoedstemming is goed, sy maak grappies en gesels lekker met ons. Sy verstaan hoekom sy so lank in die hospitaal moet wees en dat sy nog rehabilitasie sal moet kry en sy berus haar daarby. Carmen was nog altyd ʼn baie gemotiveerde kind en sy is net so gemotiveerd om te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chané ·

Sy is n pragtige kind. Ons bid dat sy ten volle sal herstel. En ook vir Krag vir die ouers om haar ook so by te kan staan. Baie stekte julle.

Gesiggie ·

Carmen … hou aan meisie”’ al is als nou nie gerieflik, sal dit weer beter word… Sterkte aan die ouers wat elke dag saam haar die pad moet stap” Al wat n mens kan doen is Bid… Hoop en Glo… met God se hand in haar hand… is als moointlik. Word gou beter. en hou aan glimlag.

CHRISTA ·

Ons Afrikaners praat so maklik oor saamstaan. My versoek aan julle almal is om vandag net vir ‘n paar minute stil te raak en Carmen in julle gebede aan ons liewe HERE op te dra! HY sal haar deur ALLES help en deur ALLES deurdra!! Carmen, my boodskap aan jou is: Hou jou oë op die liewe HERE en jy sal op stormwaters kan loop soos Petrus!!!

DPJ ·

Carmen, jy is in baie mense se bede. God hou sy beskeremde hand oor jou.
Moet egter nie vergeet om God te loof en dank vir jou herstel nie. Die heler wil ook geloof en gedank word met jou hrstel.

pauline ·

Ek glo in my hele hart sy gaan volkome genees, want sy is n getuienis van n worderwerk bo n wonderwerk. As die sangers en akteurs weer n prent wil maak van n warelewensdrama hoop ek hulle vat haar storie

Anonymous ·

Stay strong Carmen ×× you’re always in our thoughts and prayers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.