Glynnis Breytenbach-dossier gesteel

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die Valke het Woensdag bekendgemaak die dossier van die saak teen DA-LP, Glynnis Breytenbach, is gesteel.

Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê iemand het Vrydag by die voertuig van een van die ondersoekspanlede ingebreek en die dossier daaruit gesteel. Die motor was by die Valke se kantoor in Sunnyside, Pretoria, geparkeer.

Slegs die dossier is uit die motor gesteel.

“Die verdediging het reeds ʼn kopie van die dossier gekry,” het Netshiunda gesê. “ʼn Saak van diefstal uit ʼn motor en opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.”

Breytenbach staan tereg op aanklagte van meineed, bedrog, dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy en haar prokureur, Gerhard Waggenaar, is in Februarie op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beskuldig Breytenbach daarvan dat sy bewyse van haar skootrekenaar gevee het toe ʼn interne ondersoek teen haar aan die gang was. Breytenbach is ʼn voormalige aanklaer van die NVG.

Die saak sal op 8 April weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ww ·

Hierdie storie is maar net om die aandag van ANC af te lei en blaam op ander te plaas

André ·

Ek stem saam. Ek dink dis slegs ‘n rookskerm om haar in ( ‘n nog slegter) lig te probeer stel.

Jan maak n Plan ·

LMGA – dossier gesteel??? O nee hulle het dit weg gegooi want hulle weet hulle het nie ‘n saak nie. Ek hoop adv. Breytenbach maak van hulle ‘n voorbeeld.

sê maar net ·

Elke dossier word “gescan”. So daar is nie eintlik n probleem nie.

Patrys ·

Wanneer gaan hulle tog ophou met hul vervolging van adv Breytenbach? Liewe genade wat van Zuma en su Fuptabende? Dis waar, net ‘n set om die aandag van die ANC en guptagate af te trek. Die studenteopstande wat dit eera gedoen het is nou stil. Nou moet iets anders mos gesoek word. Wie anders as die bestuurder v daardie motor sou geweet het dat die lêer in die voertuig was?

Jef ·

Klink my soos n inside job. persoon het geweet wat om te steel waar en wanneer om dit te steel.

Veritas ·

Hulle kan bly wees hulle kar is nie saam met die dossier weg nie. Dit was dalk nooit eers in die kar nie maar net waar jy dit laas neergegooi het ou grote. Gaan kyk maar net bietjie rond daar tussen die kantoor en al jou ander uithangplekke. Dit lê seker maar daar êrens rond.

ANDRE ·

OEPS ! Het iemand nou weer “gebak” , nou word die fingertjies weer rondgeswaai ??

Zumie ·

Eers ons het hom nie die saak nie en nou ons het hom nie die “docket” nie…. maar later ons sal hom die “civil claim” he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.