Glynnis Breytenbach vervolg oor ‘ondersoekbewyse’

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/Sapa

Adv. Glynnis Breytenbach, DA LP en voormalige senior staatsaanklaer, sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn vir haar beweerde oortreding van die nasionale vervolginggesagwet.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolginggesag (NVG), het gesê die aanklagte hou verband met ʼn voorval in 2012 toe Breytenbach na bewering geweier het om haar skootrekenaar in te handig. Sy het ook glo bewyse van die rekenaar gevee terwyl ʼn interne ondersoek na beweerde wangedrag teen haar aan die gang was.

“Die NVG het in 2012 ʼn saak by die Pretoria Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak en die dossier is nou aan ons oorhandig,” het Mfaku gesê.

Hy het gesê aanklaers het besluit daar is ʼn prima facie-saak teen Breytenbach dat sy Artikel 40 (d) van die NVG-wet oortree het. Tronkstraf kan aan oortreders opgelê word.

Mfaku kon nie verduidelik waarom die polisieondersoek meer as drie jaar geneem het om af te handel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DPJ ·

Weer een van die haksejagte teen ‘n witte wat tot niks gaan uitloop nie.
Hoekom 3 jaar neem om beskuldige voor die hof te bing?
Versensel wat op gemaak moes word?

Christo ·

Ag net nog n hekse jag, wat het hul nou na 3 jaar gekry wat nie , kort gestel in n jaar nie gekry kon word nie. Hekse jag nes Parys geval hul moet iets probeer bewys, almal weet waaroor dit gaan. Maar sake van belang sloer en word met opset mee gesloer om net onder mat in te vee. Al iewers gehoor van regverdigheid, bestaan nie in Cancer se woordeskat nie. Laat mens se bloed elke dag oor kook.

Berhalet Beukes ·

Daar gaan ons alweer! Nie ‘n enkele boef in die parlement word so onverpoosd vervolg nie! Wat het sy geweet wat ons regering wil stil hou? Hulle lyk gewis meer skuldig as sy!

Chris Erasmus ·

Ek verstaan die mense hierbo se sentiment teeoor me Breytenbach. Die feit is, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuurtjie. Almal het geraamtes in die kas inkluis die dame. Het een van die skrywers hier bo ‘n in diepte kennis van die dame se doen en late. Indien julle dit het is jul reaksie /komentaar regverdig andersins nie.

Berhalet Beukes ·

Soos wat daar ‘n rokie en vuurtjie met die US studente was? Ek dink sekere individue wet presies hoe om ‘n rokie en vuurtjie uit niks te skep. My vraag bly steeds wat van die boewe in die parlement?

johny ·

Dit is net payback wat die DA aan die ANC gedoen het.Nou wil anc revenge toepas

alida ·

Seker bang sy maak die blik wurms oop. Bang vir die waardheid soos gewoonlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.