GM onttrek uit SA: Swak ekonomiese beleid vernietig ekonomie

Chevrolet (deel van General Motors) Foto: AP Photo/Charles Krupa

Die vakbond Solidariteit het sy misnoeë uitgespreek oor General Motors (GM) se aankondiging gister dat hy sy bedrywighede in Suid-Afrika gaan staak, aangesien vervaardiging in Suid-Afrika nie die opbrengste gaan bied wat GM benodig om sy globale strategieë en beleggings te ondersteun nie.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, kom GM se onttrekking uit die Suid-Afrikaanse mark as ʼn rimpeleffek van pres. Zuma se ondeurdagte kabinetskommeling in April vanjaar. “Ons is nou besig om die negatiewe uitwerking van hierdie afgradering te aanskou. Minder belegging en laer ekonomiese groei is maar net die begin,” het Croucamp gewaarsku.

Solidariteit vrees ʼn uittog van nog ander groot maatskappye weens die swak politieke en ekonomiese beleid wat tans toegepas word. “Die ekonomiese en sosiale gevolge van GM se onttrekking bied rede tot groot kommer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Swart Piet ·

Die eintlike storie is dat die regering alles wat ons benodig in die land, eerder wil invoer as om dit self te produseer, want dan is hulle meer in beheer en maak sodoende meer geld vir hulle self. Hulle het nie juis n saak met werk skepping nie.

Johann ·

Toe ek die storie lees was die eerste ding wat ek gese het dat dit als te doen het met politiek.
Ek wonder net wie is volgende

JoeV ·

Mens moet eintlik ‘n “Spur” doen op al die maatskapye wat tydens apartheid uit-getrek (sanksies) het om die beter SA te bewerk. Jy sal onthou dat sekere Franse en Italiaanse voertuie toe pad gevat het.

JP Kempton Park ·

Daar is ander faktore wat ook ‘n rol speel in die besluit. Die Opel handelsmerk, een van juwele in die Internationale GM kroon, is verkoop aan Peugeot- Citroen. In Julie 2016 kondig GM aan dat sy huwelik met Isuzu in die bakkie mark verby is. Net daarna kondig Isuzu aan dat hy en Mazda saam aan ‘n nuwe bakkie werk. Gegewe hierdie feite is dit duidelik dat GM nie meer het om ons mark te bied as ‘n Chevy Spark nie.

Hou moed ·

Ek sal ook eerder my geld bele waar dit die moeite werd is en geld verdien. Net onthou hulle moet hulle aandeelhouers ook gelukkig hou. Chev verkoop nie genoeg voeruie in SA om dit te regverdig nie om langer in SA te wees nie. Hulle het 2 jaar terug die Aveo gestaak ‘n jaar later die Sonic. Die UTE 1.8 maak hulle vanaf April hierdie jaar nie meer nie. Al wat oorbly is die Chev UTE, Spark, Trailblazer en Captiva. Die enigte een wat verkoop is die UTE. Die ander staan stil op die vloer. Opel en Isuzu vlieg van die vloer. En dit is nie net GM wat swaar trek nie daar is baie ander vervaardigers wat hulle takke sluit. In J’burg allees het 5 BMW handelaars gesluit. Kia het al reeds 2 maande terug al interne skuiwe gemaak. Inperiaal het in Pta einde Maart 4 takke in Pta gesluit asook in Randburg en het verlede jaar ook takke al toe gemaak en personeel gensny. MC Carthy groep het ook al van die begin van die jaar af al baaaaie takke van hulle gesluit, en personeel afgele. So moenie net ‘n vinger na Chev wys nie.

Chris Ws ·

Met Chev se vertek agv apartheid jare gelde het ons hulle nie gemis nie.Hoekom sal ons nou?Die kompetiesie in die voertuigmark in SA is net te taai na hul sin!Die Japanese en Koriane is een te veel vir GM.

Gerrit S. ·

Chris Ws, ek stem saam met jou.
Destyds kon hulle nie vinnig genoeg onttrek nie en toe die nuwe regering aan bewind kom, was hulle onder die indruk dis nou net `n kwessie van geldmaak. Renault het dieselfde gedoen.

Donkiekar ·

Ek verneem dat een baan (met tolgeld) binnekort op alle snelweë vir donkiekarre oopgestel gaan word.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoekom hulle so kerm en kla omdat GM onttrek nie. Hulle STAAK dan heeltyd. Nou HOEF hulle nie meer te staak nie, hulle kan net by die huis bly!!!

m ·

Dankie patetiese regering, nog meer werkloses in die land en meer crime.

al ·

Mmusi Maimane het ñ waar ding gesê toe hy ñ nedersetting besoek het. Dat om Zuma te verwyder gaan nie die probleem oplos nie. Die hele ANC regering is korrup en steel van die armes. Die ANC is die oppressor, ook van die ekonomie en dit kan ons daagliks sien met hul besluite wat hul neem.

paul ·

dankie Erick.ekt nou lekker gelag,ja hul kan mar vir spur saamvat.niemand gan dit mis nie

SARIE VAN HEERDEN ·

Chev is maar die begin. Besighede moet geld verdien en Suid-Afrika is laaste op die lys met hul werkers wat kerm, kla en staak, en die arme onhandige president is te besig met sy eie dinge om nog hieraan aandag te skenk. Viva standerd 3 (miskien ?) as nommer een van ‘n land. Viva.

SARIE VAN HEERDEN ·

Chef hoef nie Spur saam te vat nie. As jy die laaste week se Maroela Nuus gelees het sal jy tussen die lyne kan lees Spur is besig om homself te vernietig sonder om erens heen te gaan.

Brian ·

Vir al die mense wat net slegte goed te se het oor die saak. Inplaas daarvan om so negatief te wees en afbreukend te wees gaan spandeur eerder jou tyd voor Vader en vra hom om ons land te red. Dus ironies hoe vinnig ons volk by mekaar kan kom wanneer oom Angus vra en dan almal saam staan vir n paar uur maar sodra ons volk weer terug in die tuig is dan se ons weer almal sleg en breuk die regering verder af. Vir almal wat hulle mond uit te gespoel het rondom ons regering gaan lees so biekie julle Bybels wat julle elke sondag onthou om kerk te vat en sien wat daar staan rakende hoe ons moet wees met ons regering en ons amptenare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.