Een van die verdagtes in die multimiljoenrand‑bedrogsaak, wat ʼn dekade lank deur die Valke gesoek is, sal minstens tot Desember agter tralies bly.
Patrick Patrese Jones (55) staan saam met sy familielede en vriendin tereg op bedrog, diefstal en geldwassery van R14,7 miljoen se Eskom-geld.
Hy is op 7 September deur lede van die Valke in Gordonsbaai in die Wes-Kaap vasgetrek, waar hy weggekruip het.
Daar word beweer dat Jones, sy ma, broer en vriendin gedurende April 2013 met ene Thandeka Innocentia Nkosi saamgespan het om Eskom te bedrieg. Nkosi het as senior aankoper vir Eskom gewerk en daar word beweer dat die geld gesteel is deur ʼn bedrieglike tender aan Angel Frost Investment toe te ken. Die onderneming behoort aan Jones se ma, Rabela Sarah Jones (71). Sy broer, Godfrey Jason Jones (46), is ʼn ondertekenaar van die sake-onderneming se bankrekening en sy vriendin, Maria Cantelo (53), het die tenderproses namens Angel Frost Investment hanteer.
Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is Godfrey, Rabela, Cantelo en Nkosi in April vanjaar in hegtenis geneem en hulle het in die landdroshof in Hendrina in Mpumalanga verskyn. Rabela is op R30 000 borgtog vrygelaat weens haar swak gesondheid. Die res is op borgtog van R100 000 vrygelaat en het almal weer op 13 September in die hof verskyn.
Die Valke het in Augustus gevra dat enigiemand met inligting oor waar Patrick hom bevind, na vore kom aangesien hy ook by die misdaad betrek word.
“Jones is toe vasgetrek en het op 8 September in die Strand-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn, waarna die saak na die landdroshof in Hendrina oorgeplaas is,” het Dineo gesê. “Hy het op 13 September om borgtog aansoek gedoen. Die hof het op 18 September in die staat se guns bevind en hy is borgtog geweier.”
Die saak is tot 4 Desember uitgestel, wanneer die beskuldigdes in die spesiale handelsmisdaadhof in Middelburg moet verskyn.
En wat gaan daarvan kom? – NIKS!!!!!!
Ek dink dit is hoekom Andrè de Ruyter ook moed opgegee het. want die kriminele kom net niks oor nie.
10 jaar ??? Puik werk Ek verkies R14.7 milj in escom se bankrekening as n man agter tralies
Eindtye. Dit wat reg is sal verkeerd wees en dit wat verkeerd is sal reg wees.
Ek is nogal geneig om met jou saam te stem.
Ondersoek maar al eskom se vorige, heidige aankopers en bestuur dis die regte ding om te doen
En hoe gaan die tipe geld verhaal word verkoop als wat die klomp besit maak die “besigheid ” toe te sieklik die ma maar nie te sieklik vir skelmstreke nie
Dis vandat die korrupte ANC met hierdie BEE en “tenders” uitgekom het dat die land verval het in riool status. DIT was net ‘n truuk dat sekeres hulle self kan verryk terwyl die meerderheid net ‘n Sassa toelae kry om hulle stil te hou. Meeste van hierdie tenders is hulle betaal maar GEEN werk is gedoen na betaling ontvang is nie
Sluit hulle toe totdat al die geld terug betaal is .Of hulle kom nie uit die tronk nie.
Hulle is beslis nie ‘n geisoleerde geval nie.
Lekker vet geskep en nou gaan daar niks van kom nie