‘G’n fout met Midmar se water’ – organiseerders

Argieffoto ter illustrasie van die Midmar Myl. (Foto: Facebook via aQuellé Midmar Mile) 

Organiseerders van die grootste opelugswemkompetisie ter wêreld, die Midmar Myl, het Woensdag gesê daar is niks verkeerd met dié dam in Howick, KwaZulu-Natal, se water nie.

Vrae oor die Midmardam se watergehalte het ontstaan nadat die dam verlede jaar met rioolwater van Mpophomeni Wastewater Works oorstroom het.

Die Midmar Myl vind Saterdag en Sondag plaas.

Volgens die organiseerder, Wayne Riddin, is die water egter heeltemal veilig om in te swem, aangesien die storting aan die oorkant van die dam, sowat ses kilometer van die baan af, plaasgevind het. Die storting is ook vinnig ingeperk.

“Ons het uitgebreide toetse gedoen en die E.coli-vlakke is in werklikheid laer as by enige dam in die land. Dit is ook laer as die vlakke tydens enige van die vorige kompetisies in die jare wat ek betrokke was. Daar is geen manier waarop ons as organiseerders die gesondheid van duisende deelnemers in gevaar sou stel nie.”

Volgens Riddin sal hy selfs bereid wees om die water te drink.

Hy verseker dat ’n byeenkoms in Desember suksesvol by die dam afgehandel is, sonder enige voorvalle of mediese probleme onder die swemmers. “Die wedloop gaan soos beplan voort en ons verwag ’n fenomenale naweek van feestelikhede, soos gewoonlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hugh ·

Thanks for the reassurance, but I think I’ll pass swimming in that dam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.