‘G’n koeldrank meer, TMPD fokus nou op wetstoepassing!’

(Foto: Verskaf)

Grandi Theunissen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, het Maandag in ʼn verklaring gesê dat “koeldrank nou nie meer lede van die Tshwane-metropolisiedepartement (TMPD) gaan omkoop nie – hierdie feestyd word daar op wetstoepassing gefokus”.

Hy sê hy is verheug om aan te kondig dat TMPD die afgelope naweek heelwat suksesse tydens verskeie wetstoepassings-operasies gerapporteer het.

Daar is byvoorbeeld Vrydagaand op drie onwettige vuurwapens, ammunisie en sewe gesteelde selfone by ʼn padblokkade in Mamelodi in ʼn gekaapte voertuig afgekom.

“Een van die vuurwapens was ʼn pistool van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat tydens ʼn inbraak gesteel is. ’n Toyota Fortuner wat in die Garsfontein-omgewing gesteel is, is ook teruggevind. Altesaam 11 mense is in hegtenis geneem vir dronkbestuur asook een vir aanranding.”

Hy sê Saterdag is hierdie pogings tydens Shanela, ʼn gesamentlike operasie, versterk. Die operasie is deur die polisie gelei en deur verskeie wetstoepassingsagentskappe, insluitend die TMPD, ondersteun is.

“Meer as 70 verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van dwelmhandel, onwettig in die land wees, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van dwelms sowel as dronkbestuur.

(Foto: Verskaf)

“Agt drankwinkels is gesluit omdat hulle sonder ʼn lisensie bedryf is en die eienaars is die toepaslike boetes opgelê.”

Theunissen sê tydens hierdie operasies het die TMPD sowat 128 Aarto-boetes met ʼn geldwaarde van R96 050 uitgereik.

“Die effek van die nuwe alkoholbus het nie net ʼn totaal van 23 dronkbestuur-inhegtenisnemings verseker nie, maar het ook die TMPD in staat gestel om byna R6 000 in uitstaande boetes in te samel deur van die betaalstelsel op die bus gebruik te maak.”

Theunissen het die TMPD, polisie en alle ander rolspelers bedank vir hul pogings om verhoogde en behoorlike wetstoepassing in die aanloop tot die feesseisoen te verseker.

“Ek wil ook ons ​​inwoners herinner om nie te drink en te bestuur nie. Uit die 160 bestuurders wat Vrydagaand aangekeer is, het 35 positief vir alkohol getoets en was 11 oor die wettige limiet.

“Alkohol bly ʼn groot oorsaak van padongelukke en sterftes. Kom ons ry nugter en versigtig op ons paaie. Laat mekaar toe om Kersfees te vier, niemand wil indie feesseisoen oor hul geliefdes bekommer wees of rou nie.”

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie ·

Se my Grandi. Hoekom sal n verkeersbeampte n motoris aftrek en dan by sy venster met sy gevoude arms op die deur se raam le. Nie om koeldrank te vat nie maar n geld noot want jy sien Grandi n geldnoot is baie kleiner om te hanteer as n 2 liter koeldrank. Hulle is en bly korrup.

Vriendelike Frikkie ·

Maak dit die norm en hou aan na die fees seisoen. Dan gaan ons ‘n dramatiese verbetering in Pretoria sien.

Karoo ·

Soos ‘n mens deur sie Wynlande ry… hits al wat’ n plaas jou aan vir ‘n “wyn proe”…. elke fees, restaurant bemark koop so en so vir’ n afslag prys…. so baie wat jou aanmoedig om “meer” of wel te drink, tot alcohol vry drankies vir kinders onder 18 dink ouers is “ok”…… so hoe vat dit hande met wetstoepasing?

Nie Verbaas ·

Tyd sal leer. Mense is geneig om die regte ding te doen waar kameras teenwoordig is. Ons sien daagliks hoe die klomp in uniforms met staatsvoertuie by sentrums inkopies doen.

ES ·

Ek hoop maar hulle hou aan met die goeie werk en begin nie weer met hul boelietaktiek en intimidasie soos vantevore nie.

Toergids ·

Die TMPD het ‘n lang pad om te stap om die vertroue van die publiek weer terug te kry.

Janine ·

Is dit nou ‘n prestasie? Dis hul werk en moet elke dag gedoen word, nie net oor die feestyd nie! Help nie hulle werk net een maand ‘n jaar nie. Ons paaie is dodelik!

Michael ·

Vriend van my moes Sondag 2 keer “koeldrank” koop in Pta. Die manne wat jou aftrek sal atyd “dors” bly. Dreig om jou voertuig te skud as jy nie ietsie gee nie. Voeruig padwaardig en lisensies op datum. Hulle intimideer jou al is als volgens wet reg.. liewer n “koeldrank” as al die drama om te stry en tyd te mors

Hendrik ·

Ek sien vanoggend hoe TMPD motorfiets verby die taxi ry wat sy passasiers aflaai op die noodbaan , N4 wes net voor Proefplaas. Ek het vir hom getoet en gewys maar hy het niks gedoen. Wil julle hê ons as publiek moet vir julle wys waar ons daagliks geteister word op die N4, N1 deur taxi’s? Stem julle saam met die onwettige aflaai plekke op die N4 en N4? Geel streep eilande , sperstrepe word geignoreer en dan wonder julle waar kom die ongelukke vandaan. Ek hoop dat daar ‘n samewerkingooreenkoms is tussen Gauteng Traffic en TMPD want as die Gauteng Traffic (GT) by Slolomon M tax’s aftrek maak die Taxi’s U draai oor die middelman van N4 om die GT te vermy. Dit is choas oral en ons as padverbruiker moet maar sluk!

Marius ·

Geen koeldrank, want hul pers jou af om jou bankrekening leeg te maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.