G’n verskoning vir Schweizer-juffrou; Solidariteit wil hof toe  

Elana Barkhuizen. (Foto: Solidariteit)

Solidariteit berei voor vir moontlike regstappe nadat die LUR van onderwys in Noordwes steeds nie vir Elana Barkhuizen, ʼn onderwyseres van Schweizer-Reneke, om verskoning gevra het nie, selfs al het die Menseregtekommissie (MRK) die LUR al in Januarie beveel om dit te doen.

Viola Motsumi, die LUR, het tot Donderdag om 16:00 kans gehad nadat Solidariteit aangekondig het dat hy met regstappe sal voortgaan indien die departement aanhou om die MRK se bevele te verontagsaam.

“Ons praat deurentyd met ons regspan en oorweeg twee roetes wat uiteraard kan saamwerk,” het Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van regsake, Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Een daarvan is om die LUR in die hof te daag om aan die bevele in die MRK se verslag te voldoen, en dan ook om die MRK te verplig om sy eie verslag af te dwing en die LUR aanspreeklik te hou.”

Barkhuizen is destyds valslik van rassisme by Laerskool Schweizer-Reneke beskuldig. Dit het vier jaar geneem voor haar onskuld bevestig is.

“Dit was maklik vir die [voormalige] LUR [Sello Lehari] om op sy rasperd te spring en Elana Barkhuizen daarvan te beskuldig dat sy skuldig is aan rassisme,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Hy het ʼn oproep op mense gedoen om teen haar en die skool te mobiliseer en het haar absoluut verneder in die publiek. Intussen het dit uit die Menseregtekommisie-verslag geblyk dat sy heeltemal onskuldig was. Inteendeel, het sy eintlik op ʼn baie mooi manier teenoor die kindertjies opgetree.

“Dit is die LUR wat skuldig is aan rasgemotiveerde menseregteskendings, nie net van Elana nie, maar ook van die kinders.

“Noudat hy skuldig bevind is, is hy nie eens bereid om verskoning te vra nie. Toe hy haar beskuldig het, het hy haar in die openbaar verneder, maar nou wil hy nie in die openbaar om verskoning vra nie.”

Hermann sê Solidariteit sal die saak nie daar laat nie en sal voortgaan met druk totdat die LUR en  departement doen wat reg is.

Hy meen ʼn verskoning is die minste wat gedoen kan word, soos die MRK verwag.

Maroela Media het vroeër berig dat die MRK ná ʼn jare lange ondersoek in Januarie vanjaar bevind het dat die kantoor van die LUR Barkhuizen se reg op privaatheid, haar regte op ʼn behoorlike proses, veiligheid, vryheid van beweging en assosiasie geskend en boonop haar menswaardigheid gekrenk het.

Die kommissie het in sy verslag opdrag gegee dat die huidige LUR (Motsumi) binne 14 dae ná die uitreiking van hierdie verslag ʼn skriftelike, openbare verskoning aan Barkhuizen moet gee vir die wyse waarop haar departement en die voormalige LUR Barkhuizen behandel het.

Die skriftelike verskoning moet voorts in minstens een nasionale koerant geplaas word, en vir minstens een maand op die departement se webblad verskyn, het die MRK gelas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johanncb ·

As die situasies omgekeer was, sou die agbare LUR hom lankal tot die howe gewend het!

jou gewete ·

nie agbare nie, om agbare te wees moet jy so optree en hy tree nie so op nie

Kokerboom ·

Sjoe om omverskoningb te vra is nie deel van die mense se verwysingsraamwerk, maar om te demand en aan te val..ja!

Danie ·

Die kool is nie die sous werd nie.Vergeet van die lae lafaard en sy gewaantes hulle is nie jou toekoms werd nie.

Kokerboom ·

Nee hy kan nie wegkom. Hul arrogansie moet gestuit word!

Aai ·

Ry hulle vir skade vergoeding hulle wil nie leer.Vat hulle geld want hulle kom weg met dit maak soos hulle wil.

Rooi rissie ·

Ek stem 100%;saam met jou. Dis die regte ding om te doen. Ry hulle vir alles wat hulle het plus wat hulle nog gaan kry. Dagvaar die rook uit hulle uit.

Pietertjie ·

Net jammer dat die belastingbetaler sal moet opdok indien hy beboet word.

TruthDealer ·

Dis nou een ding wat ek Nie sal omgee om belasting voor te betaal nie.

Althes ·

Die ANC raak uiters arrogant in hul optrede. Wat jy saai sal maai. Val sal hul val, hul tyd raak op.

piet ·

Dagvaar hom vir naamskending of laster. Laat hy dit aan sy sak voel. Verskoning vra werk nie vir my nie, al doen hy dit sal hy dit nie bedoel nie.

Amelia ·

Stem saam maar uit sy eie pocket Hoeveel sit al in tronk of helse groot boetes oor rassisme maar hy loop rond as of hy van niks weet nie

Adolf ·

Los die armsalige rasis uit. Afriforum, spaar eerder die geld. Wie het nou regtig n verskonning nodig van n rasis wat dit nie eers gaan/sal bedoel nie.

TruthDealer ·

Dis om n presedent te skep. Om te wys dat hulle nie meer so maklik met valse beskuldigings van rassisme teenoor blankes, gaan wegkom nie. Dis hoog tyd dat dit begin gebeur.

Piet parys ·

Laster saak en dan betaal hy vir al die hof onkoste plus so 500 000 vir naamskending. Roer hom

Mnr De Beer ·

Dit bygese. Skryf seker nou al weke aan die briefie of toespraak en maak nogsteeds nie die deadline nie. Nog n paar spelfoute wat sy hele kantoor moet deurwerk.

Marius ·

Was dit anders om het die land weereens lankal gebrand . Gemors!!!!!

Hannelie ·

Moenie dat hy wegkom nie, want hul kom met moord weg, en doen dit net aan ‘n volgende persoon. Sy verdien dit om verskoning te kry van die agbare LUR.

Elmarie ·

Hoekom ‘n fake verskoning afdwing? Geen verskoning van hulle sal opreg wees nie

Strandloper ·

Dankie Solidariteit. Trap die kader se tjank net langs sy nersderm af asb.

Hercules ·

sou ek nou hier sé wat op my hart is, kan ek dalk in groot moeilikheid kom!!

Elana vergewe die cANCerous Misdaad Sindikaat en gaan aan met jou lewe, hoe moeilik dit ookal is, ek is van mening dat jy nie iemand is wat met onvergewinsgesindheid rondloop nie!!

hierdie groot ou bid gereeld vir jou, want dit is lekker om te bid, intersessie en geestelike oorlogvoering te doen teen die swart donker magte in die onsienbare geestelike realm!!

hope blessings en tonne Jesus liefde
vrede vir jou

Keelvol ·

Ek sal nie my asem ophou as ek julle is nie. Daar moes lankal n siviele eis teen al die rolspelers insluitend die sogenaamde DA jeugliga ingedien gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.