‘Gʼn waarheid in bewerings teen Ntshiea’

Lt.genl. Dineo Ntshiea/GEPF

Genl. Sehlahle Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, sê bewerings teen die polisie se afdelingshoof vir menslikehulpbronnebestuur, is vals.

Masemola sê hy het die uitslag gekry van die departementele ondersoek teen lt.genl. Lineo Ntshiea.

“Die onbevestigde bewerings is ernstig en lasterlik van aard en is vervat in ʼn anonieme boodskap wat die ronde op sosiale media doen,” sê Masemola. “Die polisie kan bevestig dat die ondersoek geen ongunstige bevindings teen lt.genl. Ntshiea bevind het nie. Net soos ander senior en uitvoerende bestuurders in die polisie is sy onderwerp aan veiligheidsklaringprosesse.”

Lede van die publiek word gemaan om nie onbevestigde gerugte te versprei nie. “Dit beteken dat hulpbronne onnodig aangewend moet word in hierdie tipe ondersoeke, waar die hulpbronne eerder gebruik kon word vir kern-polisiebesigheid. Dit is binne dié konteks dat die SAPD beslissend deur regstappe sal optree teen enigiemand wat onbevestigde gerugte versprei, en kostes wat aangegaan moes word vir die ondersoek, sal terugeis.”

Masemola sê die SAPD wil van dié geleentheid gebruik maak om sy toewyding te bevestig en sy energie te fokus om misdaadvlakke te verminder sodat Suid-Afrikaners veilig kanvoel. “Ons is ook verbind daartoe om die welstand van ons lede te prioritiseer. Hulle is ons mees waardevolle hulpbron in die stryd teen misdaad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.