Gʼn water, gʼn krag en gʼn Gautrein

(Argieffoto: Gautrein)

Die Gautrein moes Vrydagoggend noodgedwonge treindienste tussen die Midrandstasie en Parkstasie, asook vanaf Sandton-stasie na die OR Tambo-stasie weens ʼn kragonderbreking opskort.

Pendelaars is gevra om tot verdere kennisgewing van alternatiewe vervoer gebruik te maak.

Dít terwyl Eskom Donderdagaand aangekondig het dat beurtkrag van 22:00 tot 05:00 vanoggend ingestel word. Die kragvoorsiener het vroeër in die week gewaarsku die kragnetwerk is onder groot druk en dat beurtkrag ingestel kan word as sy noodreserwes uitgeput raak. Hy het gesê ondanks sy beste pogings het hy geen ander keuse gehad as om die ligte af te sit nie.

Eskom het gewaarsku die moontlikheid is boonop groot dat beurtkrag ook vandag in werking gestel kan word as opwekkingseenhede nie soos beplan oornag aanlyn kom nie.

Teen vanoggend is geen nuwe aankondiging nog oor moontlike beurtkrag gedoen nie.

Intussen het die Tshwane-metroraad aangekondig die Laudium-reservoir se vlak het die afgelope paar dae beduidend gedaal. Dit was teen gisteraand op ʼn skamele 4%.

Die Klapperkop-reservoir het teen gisteraand op 34% gelê en die vlak van die Heights HL-reservoir staan op 15%. Die normale bedryfsvlakke van die reservoirs is 60%.

Die metroraad het gevolglik besluit om watertoevoer na verskeie gebiede wat deur die reservoirs bedien word van 22:00 tot 06:00 vanoggend te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

BJ Vorster ·

Nog ‘n warm dag sonder water en krag
Want ons is in die onbevoegde ANC se mag
Van instandhouding weet hulle net mooi niks
Wil net hulle self verryk in ‘ n kits
Van honger en dors gaan ons nog doodgaan in hierdie land – en dis verseker en gewis!

Ig ·

Thea, as Eskom so suksesvol soos die Bokke was kon ons daaroor ook ge-party het.

sdp ·

Ja ne, al saam staan wat ek sien, is die staan en wag vir bok bus. Verder neuk als maar steeds die gutter af

Arie ·

Hulle soek net nog ‘n geldjie by die regering. Eskom is in beheer van ons land

Stof ·

Baie dankie aan die tegnici wat onverpoost hulle beste doen om die nodige rehstelkings te doen. Té dikwels, word die tegnici onder dieselfde kan as enkele bestuurslede geskeer en saam as inbevoeg beskryf.
Vandag egter: My openlike eer en waardering aan die tegnici. Dit is wel deie bestuur se tonge wat die groot geraas maak, maar dit is julle hande en lang ure, wat die stelsels opperasuoneel hou.
Een groot veertjie vir die blouboordjie manne. Die witboordjie saamryers, kan by julle iets van integriteit jom leer.

Hoenou...? ·

Ek neem aan jy praat van die twee wat werk nie die 18 wat staan en kyk nie…?

JohanL ·

Dankie Stof vir jou inset en iets waaraan nie almal altyd dink nie. Sien jy word in elk geval nog “uitgehaal” deur sekere mense wat dan GEEN verdere inset lewer nie.

Jy is heeltemal waar dat dit die (onbekwame onbevoegde) bestuurders is wat die gemors veroorsaak. Dit alles begin bo – soos menige maal al op die forum geskryf is : “Die vis begin vrot by die kop”. Vele middelbestuur en boontoe is kader ontplooings wat geen benul het van hoe om mense te bestuur nie en die werk te doen nie. Die werkers/tegnici op grond probeer maar net hul bes en soms sonder die nodige ondersteuning van hul bestuur.

En ja, soms is daar ook maar net “enkele tegnici” wat die werk doen en andere wat rondstaan. Maar ek dink egter laasgenoemde is meer die geval waar “handearbeid” ter sprake is en nie tegniese werk nie.

Judge Dredd ·

Hier by ons werk die Tegnici na-ure en Sondae terwyl normale ure is hulle MIA(Missing in Action).
Hulle looi die oortyd en ons moet maar net betaal.

Jaco ·

@Stof, jou bedoeling is goed, maar word hierdie mense betaal om aan ons wat wel vir goedere en dienste betaal n produk te lewer, net soos wat ek ook getrou my werk doen om my medemens se lewensgehalte te probeer verbeter. Indien ek dit nie tot die beste van my vermoë kan doen nie, is daar duisende in n lang ry wat wel kan. So moet ons elkeen ons werk doen en kan eskom of wie ookal nie hulle probleem myne maak nie, want ek doen my werk en maak ek nie my probleme ander mense sin nie.

Jacques ·

En val alles in duie . Ek stem saam Thea , die mense wil net “Party” . Hoekom is daar altyd mense wat nie daarvan hou dat alles reg is en werk in die land nie ? Hulle hou meer van van goed uit mekaar val of glad nie werk nie . Shame man , kom by aub .

Stof ·

Broer Hoenou, ek neem aan dat jyself nooiy self ‘n tegnikus was nie. Ek eeer elke tegnikus. Ek spreek lewe oor hulle.
Spreek saam lewe en kyk wat gebeur. En as jy kies om te bly dood spreek, kyk maar ook wat gebeur.
Mag jou dag seën en gunsgevul wees.

Herman ·

Alles waaraan die regering raak verander in n gemors, niks word opgebou en verbeter nie.

Pieter ·

Stem gaan kyk maar hoe lyk dit daar waar hulle bly tot die rotte hardloop al weg

AmY ·

Ek bly in Kemptonpark naby die Gautrein. Ons krag net net so vóór agt-uur weer aangekom.

charmaine ·

Kan ons dan asb GEEN BETALINGS vir November en Desember ook doen op ons krag en water rekeninge? Maar ja blankes se dienste sal nog dieslefde dag afgesit word en dan ook bly ons aan die verkeerde kand van GAUTENG.

Geitjie ·

Geeeeeeeezzzzz maar dit gaan absoluut wonderlik goed in die land van ons!!!!!!

Hendrik ·

Geen krag, water of misdaad probleme gehad die afgelope 8 jaar. Maak plan mense..

Ella ·

@Hendrik: ek sal jou kinders kom oppas en vir julle kos maak elke dag as ek net uit hierdie mal plek kan uitkom
As ek kon was ek laaaankal weg.

Jaco ·

@Hendrik, bitter min mense het n ekstra R200 000 om hul eie sonpanele te installeer en boorgate te sink. Mense sukkel deesdae om kos op die tafel te hou. Jy is inderdaad baie gelukkig en is ek bly jy kon dit doen.

Kallie ·

Jaco, daar is gemeenskappe wat hulself verlos het van die ANC.

Hendrik ·

R50 000 saam met kragopwekker. Wa kom jy vandaan? Nee wat die mense laat hul te gou aan hul neuse rondlei met pryse. Ons gemeenskap verskaf ons water en ek het ‘n ekstra 5000 liter vir nood. Reen water is gratis. R850 DSTV vir 3 jaar kom by R61200.00 Dit is seker hoekom ek dit kan bekostig.

Jaco ·

@Hendrik , waar ek woon reën dit min (het seker n druppel reën 7 maande laas gesien)en het ek ook nie Dstv nie…jy is inderdaad bevoorreg. Ek het al kwotasies aangevrae op sonpanele en vir boorgat….is gelukkig as jy onder R200 000 sou wegkom vir beide om heeltemal van die grid af te klim met eie water voorsiening.

Humbug ·

Ag hoe lekker leef ons. Geen probleme. Dalk moet one weer begin perd ry, kerse gebruik en water self soek Dan is ons Mo’s reg. Dan weet jy jy kry waarde Vir jou hard verdiende geld en jy onderhoud nie die nie betalers of maak ander ryk nie

Anoniem ·

Hierdie land is n hool. Anc gee nie n duit om nie want hulle het permanent krag water en vervoer..Ons land het lankal sy alie gestuur en hierdie regering van on voel vere. Hulle verdien mos hope geld, miskien moet hulle ook vir basiese dienste begin betaal en sommer ook hulle salarisse betaal vir wat hulle doen en werd is. Usefull.

Ella ·

@Hendrik: ek sal jou kinders kom oppas en vir julle kos maak elke dag as ek net uit hierdie mal plek kan uitkom
As ek kon was ek laaaankal weg.

tanya ·

Kyk mense ek het nou so gelag da my maag seer is.
GEE KRAG
GEEN WATER
GEEN GELD
GEEN KOS
GEEN NIKS NIE
IN OU DAE WAS DAAR ALLES NOOIT GEHOOR VAN (GEEN …………… WAT MOET ONS DOEN OM DIT TE VERBETER( GEEN COMMENT NIE ASB)

Judge Dredd ·

Het Siener van Rensburg nie gese die perdekarre of karre getrek deur perde sal weer op die pad wees?

andre ·

Wanneer die water en elektrisiteit in SOWETO afgaan, verloor die munisipaliteit en Eskom NIKS want SOWETO betaal NIE vir dienste nie.

Maar wanneer water en elektrisiteit afgaan waar die mense BETAAL … dan verloor die munispaliteit inkomste want die gebruik is dan minder. Dié verminderde inkomste vererger die bankrot situasie.

Wanneer betalendes hulle dienste ontsê word dan is hulle geregtig op terugbetaling van die belasting en dienste heffings. Maar kry tans NIKS (geld) terug nie.

Ek wens ons belastingbetalers wil die munisipaliteite en Eskom aanskroef vir vergoeding (terugbetalings) vir verlore diens!

Of miskien moet ons betalendes ons betalings terughou … of dit verminder … proporsioneel tot die verlore diens.

“Geld wat stom is maak reg wat krom is!”

Gerhard ·

Stof, ons sukkel biekie met die spelling of het oom sonder oom se bril getik?

Judge Dredd ·

Hier kom die Bokke !!!!!!!

Wats fout julle? – sing saam……

ls ·

Huka Chaka – Huka Chaka…
En die manne van die rose – speel soos manne met narkose…..
En die manne van induna gee net om vi die mula….

sdp ·

Eskom pleit nou ons moet krag spaarsamig gebruik, vir wat???ek betaal dan daarvoor. EN as die rekening kom? dan is hulle nie spaarsamig, betaal moet jy betaal of jy gebruik het of nie

???? leser ·

eskom, waarom sny julle nie die uitlanders buite suid afrika se krag af nie, hoekom word ons gestraf ?

Gert van Wierdapark ·

En g’n Haan sal daaroor Kraai nie! Wonder of daar nog plek onder die mat is om al die gemors in te vee? Dis tyd dat die flippen mat onder hul uitgepluk word!!!

jaco ·

geen water in Tshwane en hulle is onder DA beheer. miskien is daardie ANC storie van so 2 jaar gelede dus waar, naamlik dat die Here die Wes-Kaap met droogte straf omdat meeste mense daar DA stem
So word wakker mense, stem ANC en stem VIR goed soos korrupsie, swak of geen dienslewering en aanstellings van totaal onbevoegde kaders. Dis nie sonde nie, dis binne die wil van God en dit beteken daars nie meer die “straf” van droogte nie

Lana ·

Jaco, genade, waar kom jy aan sulke loutere snert? Lê jy snags wakker om dit uit te dink?

Elvira ·

ANC het hierdie land in die grond in regeer. Einde is nie in sig.

Andre ·

Wat kla julle so? Hier waar ek woon gaan alles wonderlik. Genoeg water, genoeg krag, skoon strate, wet en orde, goeie skole en hospitale, vriendelike mense, puik diens. Maar nou ja, dis derduisende myle van SA.

KaterinaKat ·

Jaaaaa Andre, ons weet. Dis nou nie asof meeste van ons in die hool bly omdat ons Wil nie..

LD ·

Nie almal is so bevoorreg soos jy nie! Maar ja, verlekker jouself maar daar doer ver! Bid eerder vir ons land en die wat hier agter moet bly en vir ons klein kindertjies wat geen toekoms het nie!!

Walter ·

Moenie so stress nie. Pretoria is die hoofankerdorp en hier sal Flip en sy span woeker en vir ons sorg.

Jozi ·

@Andre,
Geniet dit ou. Seker lekker om daar doer ver te sit en jouself te verlekker in die ellende wat hier heers ne?

Neels ·

Afrikaners in Gauteng en die binneland wat nie kan emigreer nie het twee keuses: Bly waar julle is en maak die beste van ‘n slegte saak of migreer ordelik na die suid en westelike plattelandse deel van die land en help ander minderhede om die streek op te bou. Dit sal die fondasies lê vir ‘n nuwe begin. Tot dan, hou op kla. Niks gaan verander en verbeter nie.

Dolf ·

Die Kibutz stelsel bied ‘n werkbare alternatief vir plattelandse ontwikkeling, veral vir jonges. Met verloop van tyd kan hierdie gemeenskappe met mekaar verbind word om ‘n sterk band te vorm wat die grondslag lê vir verdere ekonomiese ontwikkeling. Hendrik hierbo kan reeds help met advies oor wat kan werk en al die risikos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.