‘God sal my moet help,’ sê pa ná moord op seun

Jury, sy vrou Amanda en hul dogtertjies Dedre en Dezre. Foto: Verskaf

Jury, sy vrou Amanda en hul dogtertjies Dedre en Dezre. Foto: Verskaf

“God sal my moet help om die seer, bitterheid en haat te verwerk, want negatiewe gevoelens hoort nie by ʼn kind van God nie.” Só het Jury Hayes gesê nadat sy seun, Jury Hayes jr., Maandag koelbloedig by sy onderdelewinkel in Pretoria-Wes doodgeskiet is.

“Die wreedheid sonder gevoel is heeltemal onverstaanbaar. Hulle het reeds Jury se winkel beroof en was op pad uit toe Jury ingestap het. Hy het nie met hulle gepraat óf hulle gekonfronteer nie. Nog steeds skiet hulle hom en al drie, almal gewapen, hardloop uit en lag,” het ʼn hartseer Hayes gesê. “Ek kan nie glo dat enigiemand wat deur God geskep is so kan optree nie. Ek glo dus die boosheid is aangeleer en word aangevuur deur hul aanvoerders hoog op.”

Maroela Media het Woensdag berig dat Jury Hayes jr. (40), eienaar van Toyco Motor Spares in Soutterstraat en pa van twee jong dogtertjies, Maandag tydens ʼn sakerooftog doodgeskiet is. Die rowers het hom in die rug geskiet en hy is op die toneel dood. Hulle het met ʼn onbekende bedrag geld in ʼn wit Toyota Corolla gevlug. Jury en sy vrou, Amanda, se dogtertjies, Dedre en Dezre, is onderskeidelik agt en 11 jaar oud en in Laerskool Magalieskruin.

Hayes sr. het gesê hoewel sy seun net 40 jaar oud was, het sy passie en harde werk hom meer dinge in die lewe laat bereik as wat baie mense in 80 jaar sou kon doen. “Ek sal nooit my kind se gesig vergeet daar waar hy op die sypaadjie gelê het met ʼn koeël in sy rug en sy oë oopgesper nie. Ek en sy broer het hom vasgehou tot hy dood verklaar is.”

Die rooftog by Toyco Motor Spares het plaasgevind kort nadat Louis du Toit koelbloedig voor ʼn slaghuis, ook in Pretoria-Wes, doodgeskiet is. Du Toit is van R130 000 beroof. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KAG ·

So verskriklik tragies. Oom Jury, ek ken julle nie, maar dink aan julle en die groot verlies. Baie, baie sterkte. Die land kan nie so aangaan nie….. Mense, ek ingesluit, is op kookpunt.

KAG ·

Ek stem Schalk….. Ons almal staan op kookpunt. So kan dinge nie aangaan nie.

Anton Visser ·

Baie sterkte vir julle Oom wens ons kan die pyn makliker en draagliker maak maar dis net GOD wat kan!
Die moord is op die ANC se hande want hulle wil ons uitgemoor he!

Gerhard Bezuidenhout ·

Baie sterkte Jury . Ons sal nooit weet waardeur jy gaan nie. Zuma wat sit en glimlag terwyl die land wil brand en sy ANC kaders is die oorsaak van die geweld in die land want hulle blaas dit aan. Zuma het juis pas gevra dat tradisionele leiers wat deur ons aan die lewe gehou word grond moet opeis . Hulle soek konfrontasie.

Annatjie ·

Dit moes verskriklik gewees het. O ons God moet
ons kom haal en al die moordenaars, boewe, diewe
en en hier op die wrede aarde los dat hulle onder mekaar kan moor en steel. Hoop hulle verrot!!!!

Bruno Stef ·

Dit is my kinders en kleinkinders se ouderdomme miskien daarom dat van hulle al n paar jaar terug al na Australie ge immigreer het, Jurie my innige simpatie wat kan n mens anders se vir optrede van sulke laakbare vuilgoed wat sy dierlike instinkte as n grap beskou.Die tyd raak minder en minder net jammer onskuldige mense gaan ook in die proses skade lei.

CHRISTA ·

Die aanval spreek boekdele – hy is in die RUG geskiet!!!

CINDY ·

Ek kry sommer trane in my oë.. Familie is nou gebreuk deur ‘n selfsigte mens wat nie vir hom self kan sorg nie. My hart gaan uit na die familie en sy vriende. Hoe kom mens oor so dood, hoe gaan mens aan.. Suid Afrikan ons is besig om agter uit te gaan en dit voel vir my dit word net erger.. Niemand kan niks doen…. Al wat ons kan doen is om vir God te vra om ons te help…. Sterkte aan die familie

Cindy ·

Ek kry sommer trane in my oë.. Familie is nou gebreuk deur ‘n selfsigte mens wat nie vir hom self kan sorg nie. My hart gaan uit na die familie en sy vriende. Hoe kom mens oor so dood, hoe gaan mens aan..

lavina ·

Hulls is selfsugtige boosdoeners. Jury sterkte vir die familie. Soos jy se mag God jou help om dit te verwerk. Met die regering gaan dit net erger word.Ons blankes moet nou saamstaan

Schalk ·

Lyk my die ANC begin druk op Maroela toepas. Ek het kommentaar gelewer oor die berig, geen persoonkike aanvalle, geen haatspraak, en tog vind hulle dit nodig om dit te verwyder. Is dit moontlik dat iemand by Maroela kan verduidelik wat die rede was. Ek sal dit hoog op prys stel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Schalk

Baie dankie vir jou deelname! Jou kommentaar het egter nie voldoen aan die bepalings en voorwaardes van kommentaar op Maroela Media nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

elna ·

My man is 5 jaar gelede ook in ons besigheid geskiet,is nou 45 en verlam gelaat omdat die wetters sy spinaalkoord beskadig het..met God se genade het ons aangegaan en maak steeds n sukses van ons lewe en bedryf my man nog steeds ons slaghuis.Elke dag nog steeds n stryd om nie te haat nie

Hartseer ·

In die Woord staan, “jy moet jou naaste lief hê soos jouself”, maar ai, hoe kan ‘n mens daardie opdrag nakom as iets so vreesliks met een van jou geliefdes gebeur. Sterkte aan die familie wat ‘n pa, man, seun & vriend op so ‘n wyse aan die dood moes afstaan.

Drieks ·

Oom Jury, ek was daar, wou vir twee weke net almal wat verdag lyk dood skiet. Ek het gelukkig nie ‘n wapen nie. Ander was ek nou in hierdie vieslike tronke. Die Anc het hierdie moorde veroorsaak…

helouise hagen ·

Sterkte Oom Jury en klein Jury se familie ons dink aan julle.
Hagen s
Vredendal

Rudi ·

Dit is verskriklik! Hulle het gelag toe hul hom skiet……Ek sal my kop verloor as hul my kind so in die rug skiet en lag daaroor.

Nico & Shirl ·

Jury, Elsabe. Ons innige meegevoel. Ons gebed is dat God jul styf sal vashou en dat sy liefde en vertroosting jul deur hierde tyd sal dra.

lorayne ·

My hart gaan uit na julle as ouers, sy pragtige gesinnetjie en almal waarvoor hy leif en kosbaar was . . . mag God julle troos en sterkmaak in hierdie hartseer tyd.
Ek bid dat daar iewers lang die pad aanvaarding sal kom Jurie, HOE weet ek nie. Ek hou julle in my hart en in my gebede . . . Mag jou kind se mooi herrinneringe voortleef in julle harte!

Kobus Smit ·

Lees weer die gelykenis. Jou naaste is die wat vir jou omgee!! Daardie moordenaars is glad nie jou naaste nie. Ons moet bid vir GOD se beskerming en dat Hy daardie moordenaars sal verwyder van ons samelewing.
Sterkte aan die familie. Mag God vertroosting gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.