‘God sal vir ons antwoorde gee,’ sê familie van vermiste man

Tebogo Ndlovu se ma, Martha Ndlovu, tydens ‘n betoging in Mooinooi (Augustus (2017) (Foto” Molaole Montsho/ANA)

Die familie van Tebogo Ndlovu, wat in Augustus verlede jaar verdwyn het nadat hy glo lemoene op ʼn plaas in Majakaneng naby Brits in Noordwes gesteel het, glo God sal vir hulle antwoorde gee.

“Ons sal nooit weer vir Tebogo sien nie, maar ons aanvaar alles, want daar is niks wat ons kan doen nie,” het sy tannie, Nancy Sekgobela, aan African News Agency (ANA) gesê. “Al wat die familie wil hê is sy beendere of klere, sodat ons berusting kan kry.”

Die saak teen ʼn boer se seun, wat van die moord op Ndlovu beskuldig is, is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria laat vaar. Mathew Benson is vrygespreek op alle aanklagte, insluitend die moord en poging tot moord nadat sy regspan die hof versoek het dat hy vrygelaat moet word onder artikel 174 van die Strafproseswet. Die staat het toegegee dat hy nie ʼn saak teen Benson het nie.

Ndlovu (24) het op 2 Augustus 2017 verdwyn nadat hy geskiet is, na bewering deur Benson, ook 24 jaar oud. Ndlovu en sy twee neefs is glo na plaas G11 in Mooinooi naby Majakaneng om lemoene te steel, maar toe hulle by die plaas aankom, het hulle besef hulle het nie sakkies vir die lemoene nie. Hulle het daarna na skrootmetaal op die plaas gaan soek.

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Volgens die twee neefs het Benson hulle gesien en op hulle geskiet terwyl hy hulle gejaag het. Ndlovu is na bewering in die been geskiet en sy vriende wou hom dra, maar hy was te swaar en hulle het hom onder ʼn boom gelos. Hy is nie weer gesien nie. Die twee neefs het sonder enige beserings ontsnap.

Inwoners van Majakaneng het met gewelddadige betogings begin ná Ndlovu se verdwyning. ʼn Hele aantal motors is aan die brand gesteek en die N4 en R104 tussen Pretoria en Rustenburg, asook die R566 wat Pretoria met Sun City verbind, is versper. Talle inwoners van Majakaneng het ook buite die Brits-landdroshof betoog tydens die borgtogverhoor.

Maroela Media het vroeër berig Benson was sedert sy inhegtenisneming in September in aanhouding. Sy verhoor het op 28 Mei begin. Hy het tereggestaan op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, dwarsboming van die gereg en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy het skuld ontken op al die aanklagte teen hom.

Regter JJ Hattingh het Benson Maandag onskuldig bevind op al die aanklagte teen hom.
“Die staat kon nie daarin slaag om bo enige redelike twyfel te bewys dat Benson skuldig is nie. Slegs een van die getuies wat dié dag op die plaas was, kon Benson identifiseer en dié getuie [een van Tebogo Ndlovu se vriende] het sy weergawe van die gebeure by drie geleenthede verander om by die staat se saak te pas,” het Hattingh in sy uitspraak van 33 bladsye gesê.

“Uiteindelik moet die regte persoon in die beskuldigdebank wees vir ʼn misdryf en dit kan nie in dié geval bewys word nie,” het hy gesê.

Lees ook: Matthew Benson: ‘Ek is dankbaar die waarheid is uit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leser ·

“great” mnr benson, soos dit altyd aangaan, alle sake word vir staat aangepas, jys gelukkig, gaan vier jou vryheid – volgende keer sonder ‘n geweer
dis goed dat beskuldige no3 nog nooit opgedaag het nie

Kaufman ·

Verwag baie meer sulke situasies waar op mense se gevoelens geespeel gaan word om misdadigers te beskerm en blankes te breek. Daar kom n lelike tyd.

snoefie ·

die polisie het becind dat daar geen teken van bloed op die terrein gevind was nie. ek neem aan sapd het hulle forensiese span daargehad. so hoe kon benson die man geskiet het en daar kon geen bloed gevind word nie? martha wat wil jy met die klere waarop jy bly aandring, maak?

Callie ·

Kan julle dit nie net sien vir wat dit was nie. Openlike aanval op n wit man. Hy moes boet vir wat n groep wou bereik. Word wakker. Magtag hoe graag wil van julle kruip voor ANC en tog net gesien word.

jannie ·

Net nog n bewys van dat daar van n blanke n voorbeeld gemaak MOET word.Nou sal God antwoorde gee,hoekom nie,toe die voorval gebeur het nie gevra vir God vir antwoorde,nee, toe moes daar geplunder en gebrand en gedryg word.Duidelik in die hofsaak gesien dat daar gelieg en bedrieg word om n blanke skuldig te maak en sonder borg ook nog nou is hy vry gelaat omdat hy nie skuldig bevind is nie….sies man vir hierdie dubbelde standaarde……sterkte aan die Benson famielie om die stukke weer op te tel….God het julle sover deur die tydperk gedra en Hy sal julle verder ook op Sy hande dra.

marous ·

Die staat gee toe dat hulle nie ‘n saak teen die man het nie , en die regter bevind dat die saak nooit in die hof moes wees nie , maar hy moet in hegtenis aangehou word vir 9 maande ? Hoop hy dagvaar elke een in persoon vir miljoene!

Nettie ·

Ag, boel, man! Julle weet blienkieng goed waar Tebogo is – hy is terug in sy tuisland, Zimbabwe of in Mosambiek. Julle het gehoop die wit man word skuldig bevind a.g.v. Tebogo se vriende se geliegery in die hof, maar toe is die regter bietjie slimmer as julle en word mnr. Benson onskuldig, wat hy is, bevind. Julle het gedink die witman gaan skuldig bevind word en dan kan julle ‘n groot geld-eis insit en sal julle vir die res van julle lewens op julle alies kan sit en lekker leef. Toe nie; die regter het toe ‘n “spênner in die wiele gegooi” vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.