Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra

Foto: Don Mcphee/Guardian

Foto: Don Mcphee/Guardian

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.

‘n Laerskool in Pretoria het in ‘n omsendbrief aan sy leerlinge se ouers bevestig die Organisasie vir Godsdienste – Onderrig en Demokrasie het ses skole per hofaansoek voor die hof gedaag oor die beweerde ongrondwetlikheid van die skole se godsdiensbeleide en die toepassing daarvan. Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die hofstukke bedien het, meen dit is ongrondwetlik om een godsdiens uit te sonder en dat die Christelike gebruike by die betrokke skole gestaak moet word.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die skole wat gedaag word is die Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, Laerskool Randhart in Alberton, die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die burgerregte-organisasie het reeds in 2009 aangebied om die volle regskostes van skole met ʼn Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen. Bailey het gesê die organisasie se siening het nog nie verander nie en het vandag die aanbod laat herleef.

Colditz het aan Maroela gesê Fedsas vergader Vrydagoggend met die onderskeie skole om te besluit hoe die skole die saak sal hanteer.

Lees ook:
Christenwaardes in skole: Verset teen hofaksie gesteun
Nuuskommentaar: Skole – beteken godsdiensvryheid géén godsdiens?


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Marieta ·

En net daar le die wortel van al die kwaad in die ou sondige wereld! Kinders ken nie meer die gebod van ons Vader nie, en morele waardes word nie gekweek nie. Disrespek en wangedrag is die wrange vrugte hiervan.

Marieta ·

En net daar le die wortel van al die kwaad in die ou sondige wereld! Kinders ken nie meer die gebod van ons Vader nie, en morele waardes word nie gekweek nie. Disrespek en wangedrag is die wrange vrugte hiervan. Dankie Afriforum vir jul bereidwilligheid om te help. Ons land en sy mense het voorwaar meer sulke organisasies soos julle nodig.

Thys Human ·

Haai ou Piesang, ek sien jy staan weer sterk op vir jou VIER-enige “god” : Die Vader, die Seun, die Heilige Gees en die Satan. Lyk my jy vrees lg die meeste!

Phillip ·

Dat jy nie kan tel nie Thys? Is dit dalk die punt my maaitjie? Dis die DRIE Enige God Boeta.

Thys Human ·

Nee Philip, ou boeta, JULLE loop en verkondig die drie-enige god, maar julle verswyg soos die graf dat julle sterk aan die vierdie een – Satan – glo en selfs glo dat hy soms almagtiger as die eerste drie is. Julle aanbiod ‘n VIER-enige god of julle dit nou wil weet of nie.

celeste peyper ·

Ons kan saam staan vir ons Christen skap soos christene behoort

celeste peyper ·

Ons kan saam staan vir ons Christen skap soos christene behoort

Shannon ·

Hierdie is `n uiters moeilike saak om op te los.
Indien die hof beslis dat die skole godsdiens onderrig moet afskaf dan is hulle genoop om die selfde toe te pas op elke Joodse – en Katolieke skool in die land.
Dit is nou indien daar bevind word dat hierdie instansies – nes die CVO skole – ook op eksterne subsidies staat maak om voort te bestaan.

Dit is juis daar waar die verskil lê.

Die CVO skole was gebore uit ou Model C skole etc. wat basies staat gesubsidieerde skole was. Dis nog steeds die geval. Hierby moet ook in gedagte gehou word dat lede van die gemeenskap finansiële bydraes moes lewer. Dit sluit mense met uiteenlopende sienswyses aangaande godsdiens in. Daaronder sal tel die juiste mense wie nou wil verhoed dat godsdiens (en dan slegs een tipe) op skool voorkeer kry.

Indien hierdie skole – toet en taal – deur die omliggende Christelike kerke en hul onderskeie gemeentes gedra word dan het die beheer liggame reeds die reg om die kerk binne in die skool te hê.

Dit is egter nie die geval nie.

Juis vandag was daar reeds berigte kan kinders wie geviktimiseer was deur Christen kinders oordat hul nie vir godsdiens onderrig beskikbaar was nie. En die poging deur hierdie betrokke beheerliggame om die regte van sekere kinders en ouers te vertrap ter wille van godsdiens gaan die hele CVO konsep uit die water blaas en die vervreemde ouers en hul kroos sal nog meer vervreemd word van hul eie Afrikaner gemeenskappe.

Kan iemand van die pro-godsdiens kamp dalk uitwys – waar word dit skriftuurlik gestipuleer deur God die Vader of die Christus dat godsdiens (nie geloof nie) as vak of andersins op skool aangebied moet word ?

Jean ·

Siende die staat so ‘n groot aandeel het in wat by skole geleer word, kan ‘n ouer nie verwag dat dit nou heeltemal sal gaan soos hulle sou verkies nie. As jy jouself ‘n 100% Christen skool wil opslaan, sal dit seker privaat moet wees met al die ekstra kostes wat daarmee saam gaan. Andersins kan godsniens ‘n buitemuurse aktiviteit word vir al wat ek omgee.

Viktimisering is altyd teenwoordig. Of dit nou is omdat jou ore bak is, of jy iets simpels gese het op jou eerste dag en gevolglik met ‘n bynaam rond hardloop. Toe ek op skool was in die OU dae, is godsdiens nooit werklik aangebied deur iemand wat rerig ‘n woord glo wat hulle se nie.

Alhoewel God verwag dat ons ons kinders van Hom moet leer ens. Sou ek Christene vermaan om dit self te doen. Dis jou verantwoordelikheid, so hoekom dit aan ‘n vreemdeling oorhanding?

Ons kan seker nie veel beter verwag nie, veral nie noudat ons as Suid Afrikaners hierdie regering ingestem het nie.

Nou is dit ‘n “reg” om jou baba te vermoor teen gemideld 200 ‘n dag. ‘n 12 jarige kan sonder ouer toestemming of vrae van enigiemand haar baba verniet vermoor. Ouers het geen se nie. So wat het ons verwag?

Openbaring verkondig dan dat ons koppe afgekap gaan word as ons nie die merk dra nie.

Stry maar soveel ons kan, die regering het klaar bepaal dat ‘n ouer geen se het oor hulle kinders nie. En ‘n man het geen se as sy vrou besluit om hulle kind te vermoor nie.

Die NG kerk het Romeine 1 in die asblik gegooi. Paar ander dele ook. Wat het ons verwag?

Abortion in South Africa is legal. As a woman you can have an abortion without any questions up to 12 weeks of your pregnancy.

What this means is that, from one week to twelve weeks you can get an abortion in South Africa and you do not need to get any permission from any one. You do not need to get permission from your parents, your partner or whoever it is that you think needs to know before termination of the pregnancy (getting an abortion). The reasons for doing this are yours.

This was taken from unwanted-pregnancies.co.za/abortion-in-south-africa.html

Jy dink ‘n klomp baba moordenaars voel ‘n veer vir renosters?

Ons eg afrikaanse skole met hul meerderheid christen bywoning is volgende. Jy probeer als reg doen, maar hulle speel vuil.

Ek sou aanbeveel dat julle bid dat Jesus gou kom :)

Miskien kan julle die skool van die regering koop?

Estelle ·

Die reine waarheid wat Sunette Bridges op facebook geplaas het! deur Godsdiens weg te vat by skole, deel Korrektiewe dienste nou Bybels uit in die tronk!! Wat gaan oorbly, dwelm verslaafdes, alkoliste, moordenaars, verkragters, rowers ens! Wat is die persoon se probleem, as hy nie glo nie, moet dit nie afdruk op jongmense wat ‘n vaste fondament nodig het in skole nie (dit gaan nie net oor SLIM nie maar ook oor WAARDES! Die persoon is ooglopend ‘n “atheist”, en hy weet seker nie wat met hom gaan gebeur in die Hiernamaals nie!

Hennie ·

As die Moslem kan opstaan vir sy geloof en dan deur die regering daaroor bygestaan word, hoekom kan ons as christengelowiges nie ook opstaan vir ons Jesus Christus en ook ons regmatige plek in die samelewing kry nie. Hoekom moet ons altyd ons Godsdiens onderdruk om ander tevrede te stel? Ons moet God tevrede stel en nie die mense nie.

Estelle ·

Hennie stem 100% saam, hulle word tot by werkgewers afgegee om vrydae te gaan bid!

FRans ·

ek dink die probleem is dat ons skole nie meer meerderheid wit is nie , so meeste student kom nie meer van n Christelike agtergrond nie , wat dit onreverdig teenoor ander gelowe maak.. Daar is omtrent 5 groot gelowe in ons land en dit sluit nou nie eers die tradisionele africa gelowe in nie. Om n skool as n christen skool te doop is net so goed om te se net swartes is welkom.

FRans ·

O ja , jy het nie n byble nodig om jou kind waardes te leer nie.

Estelle ·

Jy het nie ‘n benul waarvan jy praat nie! ‘n Bybel wat in ‘n huis/skool ens. gebruik en uitgeleef word, word in ‘n mens se karakter gesien!

jakoos ·

Estelle, die kinders by die skool hieronder se^ die dominee se kinders is die stoutste – en die mees ongelowige. Hoe nou?

Jean ·

Moenie waardes verwar met gehoorsaamheid aan God nie. Waardes is wat hierdie sondige wereld uitgedink het om hulle kamstige “goedheid” te regverdig. Ons is uit genade gered en die gevolglike regverdigheid troef “waardes”.

So dis waar dat die Bybel jou nie waardes kan leer nie, maar die Bybel bevat iets beter: Salig making.

estelle ·

Ons praat nie van dominees se kinders hier nie, ons praat van die fondament wat ‘n nasie kan versterk – GODSDIENS – ons kinders spandeer +-70% van hulle lewe by die skool, naskoolse aktiwiteite ens. Weet dit is die ouers se plig om waardes ens vir sy kind te leer, maar so ook die skole!

Jakoos ·

Salismaking? Wat die drommel is DIT? Wys my een enkele “salige” op deeske aarde – nie eens die pous is een nie!

Jean ·

Moenie maak asof jy nie weet waarvan ek praat nie. Jyt alles al gehoor. En die franse protestante het nie hiernatoe gevlug omdat die pous nice was nie.

Die pous is ‘n sondaar soos ek en jy. Redding kom nie uit goeie dade nie. Net genade. Danksy Jesus Chritus se bloed vir my en jou sonde gestort. Saligheid word nie verdien nie.

Maar dit klink soos iets wat jy al lank terug afgemaak het as nonsies, reg? Of is dit moontlik dat daar nog ‘n afrikaans sprekende is wat nie dit al gehoor het nie?

CLARA ·

GO AFRIFORUM…..ONS STAAN SAAM MET JOU VIR ONDERSTEUNING OM GODSDIENS IN SKOLE TE HOU…. VAN 40 JAAR GELEDE AF HET KINDERS WIE SE OUERS NIE WOU HE HULLE MOES GODSDIENS BYWOON ….DAARDIE TYD NET IN ‘N ANDER KLAS VERGADER
ONS HET GODSDIENS IN SKOLE NODIG OM KINDERS NOG WAARDES TE LEER EN RESPEK EN EMPATIE….. ANDERS SAL DAAR NIE IN DIE TOEKOMS MENSE WEES WAT MEKAAR NOG BYSTAAN IN SWAAR TYE NIE

Jaqueline van der walt ·

Ek staan saam met Afrforum. Staan saam om Gods diens terug in Skole te bring. want dis wie ons is die Afrikaner van die begin af.

Thys Human ·

Ek sien die kommentators hierbo, is feitlik almal vurige lede van die Christen-Taliban!

Nou wonder ek net watter kerk se dogma eintlik in hierdie skole verkondig mag word – en dan praat ek nie eens van die verskille tussen protestant en Katoliek nie, maar tussen Afrikaanse kerke. En word evolusiewetenskappe soos biologie in hierdie Christen-skole behoorlik en feitelik aangebied, of word die liegstorie van kreasionisme in kinders se kele afgedruk tydens die biologie klas? Ek vermoed so – en dan dink mense soos hierdie dat dit hulle reg is om dit te doen want hulle “God regeer”!

Wat ‘n absolute skande dat ons nog met mense soos hierdie in ons Afrikanergemeenskap te doen het!

NS: Ek is sterk gekant teen enige godsdiens in enige staatskool, maar ek wens net hierdie OGOD organisasie wil iemand anders as ou Hans Pietersen kry om die stryd te voer. Die man is ‘n arrogante, onverdraagsame bullebak van ‘n mens wat gereeld op Afrikaners vloek en skel – selfs op mense soos Steve Hofmeyr. En daardie afkorting vir sy organisasie se naam is nie net simpel nie, maar onnosel want dit sit dadelik ‘n klomp mense af wat dalk nog met hom sou saamstem. Tipies van die man. Hy doen die saak van godsdiensvryheid en vryheid van godsdiens glad nie ‘n guns nie.

PC Badenhorst ·

Thys,
Jou kommentare is m.i. meesal weloorwoe, en ek stem gewoonlik met jou standpunte saam. Maar sodra godsdiens in enige vorm aan die orde kom, is dit asof jy jou ewewig verloor en venynig word. Ek glo dat die meeste mense wat kommentare hier en elders lees, jou siening oor godsdiens teen die tyd ken, en dat dit dus nie nodig is om so tydig en ontydig daaroor gal af te gaan nie. “You protesteth too much” !
Jou insigte is steeds waardevol. En om jou dalk te irriteer, net dit: Ek bid vir jou.

UT Mijnhardt ·

PC.BID nie vir almal nie,,definitief nie vir God se vyande nie! Toe ons “christene” word toe raak ons onbruikbaar vir elke goeie werk? Joh_17:9 ” Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. ” Lyk my dis,NET vir hulle ‘ .Psa 139:21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Psa 139:22 ” Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my! ” Hoe’s daai vir die”hier’s ons almal lekker pelle” theowerlogie? Dit gaan die volgende vooraf .Psa 139:23 ” Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; “Psa 139:24 ” en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” Proverbs_18:5 : To respect the person of the wicked is not good, Nor to turn aside the righteous in judgment.:” Skuus maar met Shakespeare kan ek nie nou hier help nie .” Aanhalings . So hoe reken ons voel die God van die Bybel oor godsdiensvryheid? Joshua ,het darem onthou om die ander mense wat eerste in die land gewoon het se geloof en gevoelens te respekteer .,Hy het selfs n “festival of lights” gehou vir Jericho .Basta met geloofsvryheid ! Christenvryheid!

Phillip ·

Thys,

Gaan bietjie na die Ooste toe, dan gaan kyk jy wat maak bomme. As jou Evolusie waar is sou ons nie nou hier gesit het nie. Weet jy wat is half STUPID. Is as ek nou soos jy na BMW toe gaan en vir hulle probeer vertel dat daar nie ‘n Ontwerper en Skepper van daardie kar was nie. As ek hulle probeer oortuig dat oor Miljoene Jare, die kar homself so gevorm het en met een GROOT onploffing was hy daar. Kom aan. Julle wetenskaplikes moet bietjie bykom hoor.

UT Mijnhardt ·

Vroeer , toe slawe verkoop was ,lw. dis nou net meer wettig as toe , het die nuwe slaaf eienaar(glo dit of nie) n handleiding gekry om die beste waarde uit sy bate te verkry .Dis vars ne ? maar SA is al n geslag of wat aan die Pruisiese model van “outcome based education” onderworpe . Raai wat nog “outcome based religion ”

“The Nazi leadership appreciated the difficulty of indoctrinating the older generation…. They were all the more determined to mold the new generation along Nazi lines. As the leader of the Nazi Teacher’s League, Hans Schemm, put it: ‘Those who have the youth on their side control the future.'” (p.416) Lees oor Hitler se Pruisiese onderwysstelsel , hoof Bernhard Rust en Schemm . Suid Afrika en ook Stalin se onderwysstelsel was hierop gegrond Net ,ons kom dit nou eers agter . Vir goeie getroue slawe ,stuur jou kind skool toe , vir n goed betaalde slaaf ….perwersiteit toe. Genugtig ,haal julle kinders uit die skole uit !

Opb_18:2″ En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,”(nie kanaries nie) Opb_18:4 ” En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”

Kom uit ! Hoop nie hierdie Maroela val ook net weer op die grond nie .

SY de Wet ·

Estelle .As jy van Raj hulle praat dan praat jy toewyding . In SA gaan dit nie so’ omdat ons naby ons God leef nie . Ander “Christene” het gekla , “hoekom kan net hy’ nie op sondae werk nie ? Bestuurder:”Hy ‘ was bereid om eerder sy aanstelling te laat vaar as hy moes . So mevrou , wiatter “Christen”word op die basis’ aangestel ?

Sou jammer wees as die’ maroela ook net op die grond val

estelle ·

en dit betwyfel ek nie een sekonde nie! Jy raak aan presies wat ek probeer se, gun almal hulle stukkie son (Godsdiens) in die lewe! As dit moet glo ek dat geen skolier wat hom/haar uitlewe in hul christenskap, sal omgee om pouse te vergader nie! Moenie dit wegneem van skole nie!

Johannes ·

Wat hier gebeur moes ons al lankal sien kom het en sommige mense het verkies om dit mis te kyk.In die WOORD staan daar onstryd in nie net teen vlees en bloed maar ook die bose geeste in die lug.Ek bid tot GOD en smeek HOM hierdie mense weet nie of sal ek se besef nie regtig hulle is besig om met vuur te speel.Wat CVO skole betref sover ek weet is nie ou model C skole maar een van die skole wat genoem word is tans ‘n model C skool.Ek het ‘n klein kind van net oor ‘n jaar en al moet ek my dogter help met skool geld maandeliks om my klein seun ‘n Christelike opvoeding te help gee dan doen ek dit.Welgedaan AFRIFORUM nie al die skole sal so ‘n geveg op eie koste kan veg nie.Ons BID TOT GOD EN SMEEK OM HULP ONS HULP KOM NET VAN GOD WAT HEMEL EN AARDE GEMAAK HET.

HEVW ·

Daar bestaan 3 opvoedingspilare nl. die ouerhuis, die kerk en die skool. Waarvan die ouerhuis die belangrikste is. Godsdiensonderrig is die mees primere taak van die verbondsouer..As die ouerhuis in der waarheid christen is en sy verantwoordelikheid nakom. Sy oor op die grond hou oor die leerplan in die skool, gereeld in gesprek met hul kinders is dan kan hul maar godsdiensonderrig wegneem. Solank daar eksamen geskryf word, sal kinders bid.

debbie ·

Julle klasifiseer christenskap as n hobbie of net n tipiese geloof. Wat n hartseer dag gaan dit wees vir julle wat christenskap verkleiner wanneer julle Koning Jesus sien en besef hy was nie net n geloof nie, hy IS die weg en die waarheid. Meeste skole in die land is gestig met christelike standpunt en as jy of jou kind nie hou daarvan nie, gaan stig jou eie skool.

Burger ·

Ons moet mooi dink waar Christen onderwys vandaan kom en wat beteken Christenskap werklik. Christenskap het niks met kultuur of tradisie of Afrikaner wees te doen nie . Christen wees is n doelbewuste besluit om n geloof aan te neem . Gevolglik verander dit jou lewe deurdat jy anders dink en doen.

As jy iemand geestelik wil bedien , moet die verwagting tog wees dat die persoon n geloof sal aanneem . Daarvoor moet jy toegerus wees en bereid wees om n pad te stap met die persoon.

Skole is nie toegerus hiervoor nie. Hulle sin vir geestelike verantwoordelikheid kom vanaf jare terug se tradisies , toe die kerk n politieke instrument was. Iemand het my vertel van n onderwyser wat gedink het dis goed om in die skoolsaal te “getuig” en te vertel hoe van die pad af is Moslems , wetende dat Moslem kinders na hom/haar luister wie ook in die skool is. Dis een voorbeeld van die geestelike waansinnighede wat in skole aangaan.

Ouers kan nie roekeloos omgaan met kinders se geloof nie en as jy nie sekerheid het oor hoe hy bedien word nie , is hy beslis beter af daarsonder. Ons moet blind wees om nie te sien die skade wat gebrekkige geestelike onderig aan ons kinders doen.

Gerhard ·

Werklik n snaakse storie. ‘Godsdiensvryheid’ beteken dat jy die reg het om jou geloof of ongeloof (Ateisme) te beoefen. Ek dink nie die viktimisering van ateiste en visa versa hoort in skole nie. ‘Godsdiensvryheid’ beteken ook verantwoordelikheid vanaf gelowiges om ander se sieninge te respekteer en visa versa.

Laat die wat nie glo nie dan verskoon word van ‘godsdiens’ vakke sonder dat hulle benadeel. Behoede die dag dat Afrikaners nou weer oor godsdiens beklei. Moet ons nou voormalige Afrikaner skole ook begin skei volgens geloof soos skole vir Afrikaner protestant en dan die minderheid Afrikaner katolieke, ateiste an boediste? Hierdie Afrikaner volkie moet nog baie leer oor konsepte soos vryheid en ‘godsdiensvryheid’.

Fundamentalistiese gelowiges/ongelowiges moet wakker skrik.

Nie juis n probleem met Afriforum se ‘godsdiensvryheid’ inisiatief nie, maar wat van die ‘burgerregte’ van ateistiese kinders teen kleinlike ‘gelowiges’? Wat van n bewusmakingsveltog onder Afrikaner Christene i.t.v. respek vir ander Afrikaners wat nie dieselfde dink nie?

Thys Human ·

Dankie Gerhard – en Shannon hieronder – vir nugtere, rasionele, weldeurdagte menings. Dis mense soos julle wat my laat glo dat daar tog ‘n goeie toekoms vir die Afrikaner kan wees!

Gerhard ·

Thys, partykeer wonder ek of Afrikaners werklik ‘kinders van die verligting’ is

Die Afrikaner gaan as te ware vir dekades/eeue in die ‘woestyn’ ronddwaal. Dit gaan nie net oor godsdiens nie, maar ek kan hierdie logika ook ander aspekte van die Afrikaner deurtrek. Ek kan net nie sien dat die Afrikaner weer vir homself n staat gegrond op n werklike demokrasie met regte vir alle Afrikaners (en andere) sal kan vestig nie) kan beding nie. Ons gaan driedubbele ‘belasting’ (eerstens die staat en dan….) betaal tot in lente van dae. Afrikaner instansies – links, regs of in die middle – loop rond in sirkels….

G Eloff ·

Nee Gerhard . Attie Hitte is mense met die meeste en sterker geloof as geloof beoefende… se maar Christene . Weet jy hoe sterk jou geloof wees om te glo die hele skepping het net ewe skielik ontstaan . Ke-poef ! Dis GELOOF ! Maar hulle is beter af as een van God se kinders wat Hom nie met …Deu_6:5 ” Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” dien nie .( Die God van die Bybel)

Gerhard ·

G. Eloff, as ek jou reg verstaan dan argumenteer jy dat ongelowiges (ateiste) eintlik ‘gelowig’ moet wees om te glo dat die ‘hele skepping het net ewe skielik onstaan’. Jy neem aan dat alle ateiste die ‘Big-Bang’ teorie aanhang. Ek persoonlik weet te min van die ‘Big Bang’ af. Ek het ander redes vir dit waarin ek glo.

My argument het buitendien niks met die bybel, evolusie, en die Big-Bang uit te waai nie. Ek vra vir respek teenoor mekaar en ek dink dit is nog steeds nonsense dat ateistiese kinders geviktimiseer word in dit waarin hulle glo.

Ek is ook nie een van daai tiepe wat in n geveg tussen Christene en Ateiste wil betrokke raak nie. Daar is maar skeinheiligheid onder beide van die twee groepe. Sekere Ateiste maak n geloof van hulle nuwe insigte. Maar aan die ander kant ek werklik nie in die bybelversies glo nie. Ateisme is nie n geloof nie.

Ek is veral gekant teen fundamentalistiese Christene/Ateiste

Shannon ·

Tsssja kyk, die logika hier ten toon laat my weereens wonder … ‘daar moet `n logiese rede wees waarom aa tie histe nie vliegtuie in geboue vas vlieg nie’

Ai, leer 5 jaar oue kleuters om die almagtige lief te hê. Anders brand hy hulle vir ewig in die hel !

Enige persoon wat hierdie soort van leer teen staan is sekerlik van die bose.

Pssssst !
Hoe weet jy dat god mens gemaak is ?
Hy haat al die mense wie jy haat.

Gerhard ·

Ja-nee, Shannon

Dis nonsens dat onderwysers kinders se denke besoedel met stories van die ‘hel’. Die skool behoort n plek vir almal te wees.

Leer die kinders eerder om te leer dink, lees en skryf sodat hulle later hul eie besluite kan neem.

Shannon ·

Hou moed Gerhard. Ek sien dit word so bietjie vir bietjie beter – reg oor die wêreld. Ek is self eintlik nog verbaas om te sien hoe vasgevang die denke elders in die wêreld nog steeds is – al word godsdiens per se nie meer onbeheerd toegelaat nie, het die heersende denominasies (hetsy Anglikaans, Metodiste of Katole) nog steeds vrypas om ‘religious education’ af te lewer by skole. (En hoor nou : dis by laer skole hoor. M.a.w. ons praat hier van toddlers wat nog nie eens weet van lewe na die dood nie. 4 jaar oud ??!!)

Net so tussen jou en my, kyk nou mooi hoe die OGOD span hul saak verloor. Want sien, selfs `n swart regter besef goed hoe groot die waarde van “strategiese” uitsprake kan wees. Huidiglik kan die ANC nie juis bekostig om nog meer gemeenskappe de moer in te maak nie. Sê maar net..

Riaan ·

As die ou dit in ‘n Islamietiese land probeer het sou hulle hom waarskynlik gehang, of geskiet of met klippe gegooi het. Dis een ding wat Christene kan leer by Moslems hulle staan hard op vir wat hulle in glo.

piesang ·

Thys ons glo in die Drie Enige God en anders as jy weet ons wie satan is.

Jean ·

Laat die kinders na Jesus gaan en moet hulle nie verhinder nie. Die koninkryk van God is vir mense wat dit soos ‘n kind kan ontvang. Dis beter om met ‘n meulsteen om die nek in ‘n dam te verdrink as om ‘n kind so te laat struikel. Besluit nou wie jy wil dien maar ek en my gesin dien die Here :)

Ria ·

Ek lees dat Afriforum die skole se regskostes sal dra. Kan hulle nie maar liewer die staatsubsidies betaal, sodat hierdie skole privaatskole kan word nie? Dit sal goedkoper wees. Ateiste of ander onbedreigde godsdienstige belastingbetalers kan die geleentheid gegun word om hul kinders in vrede na staatskole te stuur, waar daar skoolwerk gedoen sal word, en die waardes en norme van ons konstitusie en menseregte handves toegepas word.

Vernon ·

Al hierdie dinge moet nie gebeur nie maar die is die tekens van dinge wat gaan gebeur, net soos die Woord van God ons waarsku. Ons kan bid maar hierdie dinge gaan gebeur, dis net n teken dat satan se tyd min raak en nou sal daar meer weerstand gebied word. Die liefde wat koud word in die wereld , selfs waar die Woord van God se dat sy mense vernietig word as gebrek aan kennis. Mense neem ook opstand uit die wat preek en nie doen wat hulle preek nie maar God se genade is gelukkig groot vir sy skape.

Volla ·

Laat hulle maar Godsdiens uit die skole haal, dit is buitendien net ‘n Tradisie, solank as wat ons God die Vader dien en ons Kinders leer om verhouding te bou met ons Hemelse Vader sal hulle nooit God uit die skole kan haal nie, God se gees leef binne ons, en oral waar ons gaan daar sal Hy wees.

G Eloff ·

Nee ek het gese “ke poef” . Wat enige anti , bi , atei en ismes aanbetref het jy nie nodig om enigiets daarvan te weet nie .Daar is maar een wat eg is , die res – counterfit . Mat_12:30″ Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. ” Dit kom uit die funda van “fundamentaliste’ 1Kor 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus . 3:12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.”

En raak dit nie al vir ons warm nie . Verskeie lewe graag as Attie Histe , maar geeneen wil sterf as een nie . By voorbeeld :

Stigter van die kerk van satan –”Anton LaVey in the end revealed that most of what he claimed in his life was not true. Anton LaVey’s last words and deathbed confession quotes are something like: “I was wrong with what I did in this life“. He founded the church of the devil and was a big part of preaching to live in the dark side of life, but in the end, few moments before he died he told in front of the camera that he was fooled by the devil all his life and now he is going to hell.”

Theophilus ·

Hehehe, hier kom lekker sports! Ontnugterde, skeptiese 40-plussers, hou nie rekening met die jong generasie se gedetermineerde soeke na waarheid en outentiekheid nie.

Gisteraand by een van ons groot publieke skole, het die SKOOLKINDERS (sonder enige dwang) bymekaar gekom, en gebid dat die voorreg om hul geloof by hulle skool uit te leef, nie van hulle weggevat sal word nie. ‘n Tydjie gelede het ‘n skool se leerlingraad die hoof gevra of hulle vir elke onderwyser (wat wil) tydens pouse in die personeelkamer kan kom bid. Die hoof (wat met reg) glo in holistiese opvoeding (verwys huidige skoolhoofde simposium) het die inisiatief verwelkom. ‘n Ander skool laat die kinders toe om soggens (voor skool) by die skoolhekke te staan en bid vir al die kinders wat inloop. By talle skole, offer die kinders hulle pouses op, om in kleingroepe onderling Bybelstudie te doen.

Christenskap was nooit bedoel om ‘n godsdiens/geloof/tradisie te wees nie, maar ‘n VERHOUDING met die God van die Bybel. Wanneer mense waarlik met Hom ontmoet (nie kopkennis opdoen), verander hulle lewens handomkeer – en daardie verhouding (soos liefde) dring jou onwillekeurig om standpunt in te neem.

Wie weet… as die beswaarde ooms en tantes hul make gemaak het —– sit ons op die ou einde met tronke vol kinders, wat verseg om die uitlewing van hul geloof by skole, prys te gee!

G Eloff ·

Yo , Dude ,Justin Bieber , Waarop buzzeer jy n “Christenskap” Wat is n ” Christenskap” anyway?

Luk 1:17 ” En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.”

Chill . and checkout for Counterfitt .Dude

Johannes 4:6″ Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling. “IIThes 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.”

Waar bere jy jou skoolkennis’ ? In jou kop ?

Hosea_4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Kennis .Wet . Volk . Waarheid .WOW ! Watse I-_pad het Pa onlangs vir jou gekoop ?

Catcha later

G Eloff ·

IIPetrus 1:5 ” En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 1:6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, 1:7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. 1:8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;”

Lorene ·

Jy weet gisteraand het ek nuus gekyk en ja ek moet eerlik wees ek was rooi onder die kraag. Ek het nog altyd gedink wetenskaplikes is dof nou weet ek party van hulle is dof. Hoekom is dinge so deurmekaar in SA, omdat ons nie meer ons God ken nie. Kyk maar net in die Hospitale daar is nie meer Kapelle nie en Bybels op die bedkassies soos dit hoort nie. Dit wil ook vir my voor kom of Dokters dink hulle is God, asof alles nie op geld reeds draai nie. Sustertjies misbruik die naam van die Here so dis net nie snaaks nie en niemand staan op vir dit nie.Hoekom word ons dan nie gesond as dokters so goed is nie. Is dit nie tyd dat ons op hou die ander pad kyk en begin opstaan vir ons God nie. Nou hoor ek sê hulle ons moet meer waardes kry, my ou gaan kyk hoeveel waardes reg kry in die parlement, in die staatsdiens, hospitale ens. Waardes maak nie dat bome nuwe blare kry of vaal gras weer groen word nie. Daar is net een God, en een lewensboek en dis die Bybel, dis nie mooi storretjies nie, dis die waarheid (Joh 1:1 -3). Waardes loop hand aan hand met Godsdiens (Christenskap), wie het gesê jy moet jou naaste liefhê en ja dit beteken almal. Ek dink nie daar is `n beter plek om van waardes te lees as die Bybel nie.Met een woord het God alles geskape, selfs vir jou, dinge het nie net ontstaan like poef paf daar is jy. Kom by man. Wie het die see laat op gaan, wie het kos uit die hemel gestuur??? Jy weet daar is niemand so blind soos iemand wat nie wil sien nie. Dis tyd om terug te draai na God toe, of jy dit wil weet of nie daar is `n hemel en `n hel, en ek hoop as jy vanaand dood gaan dat jy weet waarna toe jy oppad is. Mag hierdie`n beproewing en uitdaging vir ons Christene wees op net nog meer op te staan vir ons Godsdiens, miskien moet ons staak daarvoor, want as mens mos nie jou sin kry vandag nie dan staak jy!!

Ivor ·

‘Christengebruike moet weg’ – Met betrekking tot julle gesprek vanoggend aangaande christelike opvoeding in skole, ek stem nogal saam met daai ateïs van Oudshoorn … hoekom word een godsdiens bo ‘n ander geag ? Die feit van die saak is … alle godsdieste insluitend christendom is deur mense geskep en hulle probeer hulle doktrienes op ander afdwing. Daar is net een waarheid en dis die bybel … nie christendom nie !!! Hoekom is daar 40 000 geregistreerde christen denominasies ? Want hulle weet self nie wat hulle glo nie, hulle het al soveel dwalings dat niemand regtig weet wat die waarheid is nie.

As hulle bybel beginsels in die skole toepas, nie christelike beginsels nie, sal dit wonderlik wees. Die bybel gee riglyne vir alle aspekte van ons lewens, maar dis baie balangrik dat mens die regte weergawe gebruik, nie enige vertaling nie. Mens moet liewer ‘n weergawe gebruik wat so na as moontlik aan die oorspronklike Hebreeuse weergawe is.

Ek dink dit is baie belangrik dat elke skool se grondwet op die bybel se beginsels en riglyne baseer is. Sonder dit, is dit chaos. Daar is ‘n rede hoekom daar riglyne en wette is, daarsonder is dit chaos.

As die Ateïste, Muslims, Hindus en Budaiste nie daarvan hou nie, skop hulle uit !!!

Rena ·

My God is die God wat die Hemel en die aarde geskape het. Hy het Sy dienaars lief en vir die wat opstaan vir Sy saak sal Hy seen en hulle wee voorspoedig maak. Dankie aan die skole en Afriforum wat bereid is om vir ander te wys julle is nie bang om optestaan vir dit wat julle bely nie. Ek bid saam dat God srlf hier sal ingryp en vir die onhelowiges wys met wue hulle tedoen het. Ons God is Almagtig en Hy is inbeheer van ALLES!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.