Godsdiens in skole: “CSV, opening met gebed sal iets van die verlede wees”

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

ʼn Voormalige skoolhoof van Hoërskool Linden het Vrydag ʼn ope brief aan sowat 2 000 onderwysers gestuur waarin hy sy kommer uitspreek oor die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se jongste hofstukke in die hofsaak oor godsdienspraktyke in skole.

Louis van Dyk is die voormalige hoof van Hoërskool Linden, een van die ses skole wat in September 2014 deur die Organisasie vir Godsdienstige-Onderrig en Demokrasie per hofaansoek voor die hof gedaag is oor die beweerde ongrondwetlikheid van die skole se godsdiensbeleid en die toepassing daarvan.

Van Dyk, wat van 1993 tot 2008 hoof van dié skool was en in die tussentyd by verskeie skole waargeneem het, skryf dat die jongste hofstukke van die SAOU argumenteer godsdienspraktyke in skole is ongrondwetlik en selfs onwenslik. In die jongste hofstukke voer die vakbond SAOU aan dat dit nie in kinders se “beste belang” is dat hulle slegs deur ʼn enkele geloof op skool bedien word nie.

Dié “ommeswaai” kom nadat die vakbond se uitvoerende hoof, Chris Kloppers, in 2014 tydens ʼn openbare geleentheid gesê het die organisasie wat die skole dagvaar “kan in die hel in vlieg” met hul saak, want skole is ʼn spieëlbeeld van hulle gemeenskap.

Uit die jongste hofstukke wat die SAOU as vriend van die hof ingedien het, blyk dit dat Klopper nou nie meer so sterk oor die saak voel nie. Daarin sê die SAOU die Grondwet verbied dit dat ʼn skool ‘n godsdienstige identiteit mag hê. Dit is onmoontlik vir die skool om te weet wat die geloofsoortuigings van elkeen van sy leerders is en daarom kan ʼn enkele godsdienstige identiteit tot diskriminasie lei, lui die hofstukke. Deelname aan godsdienspraktyke moet vry en vrywillig wees en leerders mag daartoe instem tydens die beoefening in pouses en ná skool, maar nie tydens gewone skoolure nie.

In die hofstukke word verder aangevoer dat beheerliggame die Skolewet nie op dieselfde manier toepas nie en dat dit moontlik menseregte kan skend. “Beheerliggame het die reg om te bepaal watter geloof in hulle skool beoefen word, maar beleide moet steeds in lyn met die Grondwet wees. Onderwysers word dikwels vasgevang tussen teenstrydige bepalings van die beheerliggaam en die nasionale beleid.”

Uit die hofstukke blyk dit ook die SAOU betoog dat dit nie saak maak of die meerderheid leerders aan ʼn skool Christene is nie, omdat dit juis die minderheid se regte is wat in só ’n geval beskerm moet word. Dit is in teenstelling met die argument van die ses skole in die saak tot dusver.

Van Dyk voer aan dat as dit die standpunt van die vakbond is, dit ʼn dolk in die hart van die karakter van die SAOU is.

Hy het gesê hy neem kennis van Chris Klopper, die uitvoerende hoof van die SAOU, se standpunt dat hy net die status quo wil handhaaf. “Ek sien egter nie die verband tussen die hofstukke en sy jongste mediaverklarings oor die status quo nie. Ongelukkig gaan die stukke voor die hof dien en nie die mediaverklarings nie.”

Hy sê verder dat indien die hof Klopper en die Organisasie vir Godsdienstige-Onderrig en Demokrasie se standpunt handhaaf, dit sal beteken dat praktyke soos CSV-aktiwiteite, die sing van godsdiensliedere asook gebedsopening by saalbyeenkomste, sportwedstryde en die skoolvergaderings onwettig is.

“Ek wil net uitvind of dit Kloppers se standpunt is, en of dit die standpunt van die meeste SAOU-lede ook is. Ons beoefen dan al so lank godsdiens in ons skole en al wat ek wil weet, is presies waar staan ons nou werklik met mekaar? Die brief is ʼn platform wat kan help om te bepaal wat is mense se werklike gevoel oor hierdie saak en hoe dit vergelyk met die SAOU en Kloppers se standpunte in die jongste hofstukke,” het Van Dyk gesê.

Kloppers het aan Maroela Media gesê hy beskou die aannames in die brief as onregverdig, aangesien hy net besig is om die mandaat wat die SAOU aan hom gestel het uit te voer. Hy het Maroela Media na ʼn mediaverklaring in reaksie op Van Dyk se brief en nuusbriewe oor die aangeleentheid verwys vir verdere kommentaar.

Intussen het die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), wat die ses skole in die hofsaak oor godsdienspraktyke verteenwoordig, hulle verbasing oor die SAOU se jongste standpunte in hulle nuwe hofstukke uitgespreek. “Die SAOU is ʼn onafhanklike entiteit en het die reg om te sê wat hulle wil, maar die standpunt wat hulle nou inneem, is lynreg in teenstryd met die standpunt van die ses skole en hulle onderwysers, waarvan die meeste lede van die SAOU is.

“ʼn Mens verwag dat SAOU met hulle lede by die ses skole sou gepraat het voordat hulle hul standpunt verander het,” het Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas gesê.

Colditz stem saam dat die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Onderwys wat reeds op 12 September 2003 aanvaar is ʼn breë riglyn vir godsdiensbeoefening verskaf, maar dit laat die minister van onderwys toe om te bepaal hoe skole godsdienspraktyke moet doen, bo-oor die bepalings vir die beheerliggame.

Volgens die mediaverklaring wat deur dr. Louis Swanepoel, president van die SAOU, uitgereik is in reaksie op Van Dyk, is die vakbond uiters teleurgesteld oor die brief. “Ons toetrede tot die hofsaak oor godsdiensbeoefening in skole was nie om enige organisasie te ondersteun of teen te staan nie. Die SAOU het na die inwin van regsadvies op die hoogste vlak en na deeglike oorweging van alle relevante faktore, wat insluit dat die oorgrote SAOU-lede diens lewer by heterogene gemeenskappe, besluit om die status quo wat tans geld te ondersteun,” het Swanepoel gesê.

Volgens Swanepoel is die status quo die Beleid en hy meen die Beleid voorsien aan gemeenskappe die nodige vryheid om hulle eie reëls vir godsdiensbeoefening te ontwerp op ʼn wyse wat volledig versoenbaar is met die wense van die betrokke gemeenskap.

“Die SAOU wil dit onomwonde stel dat enige gerugte dat die SAOU teen Christelike godsdiensbeoefening by skole is, van alle waarheid ontdaan is. Dit is duidelik dat sekere persone dit moeilik vind om die onderskeid te tref tussen die breë beginsels onderliggend tot godsdiensbeoefening in openbare skole soos vervat in die Beleid en die werklike en bewese ruimte wat daar bestaan vir beheerliggame om hulle eie reëls te bepaal,” het Swanepoel gesê.

Hy het die ope brief as ʼn “smeerveldtog” beskryf wat ‘n “teleurstellende persoonlike aanval” op Kloppers is en aangevoer dat die vakbond Solidariteit die e-posse help versprei het.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die vakbond het met skok en teleurstelling van die SAOU se ommeswaai in hulle standpunte in die saak kennis geneem en ondersteun graag Van Dyk met administratiewe hulp. “Van Dyk se brief weerspieël Solidariteit se standpunt. Ons beplan om selfs meer in die komende weke te doen om die beginsel te bevorder, maar ek wil dit duidelik stel dat ons nie die SAOU wil beveg nie. Ons dink dit is enkele individue wat die huidige standpunt handhaaf, maar nie die algemene standpunt van die SAOU-lede nie, want uit ons ervaring is die onderwyser van dié vakbond roepinggedrewe en wil hulle kinders binne ʼn raamwerk van goeie waarde opvoed.”

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, wat ook ʼn vriend van die hof in die saak is, beaam die mening. “Ons was ook geskok deur die SAOU se ommeswaai in die saak. Dit blyk nou die vakbond voel die minister het die finale woord oor die beleid vir godsdienspraktyke in skole, en skole en ouers moet dit net uitvoer. Ek voel ook die SAOU se jongste hofstukke is baie aanvallend teenoor beheerliggame. AfriForum wil hê ouers moet meer sê hê in die soort godsdienspraktyk wat by ʼn skool beoefen word. Die skole se godsdiensbeleid is nie en hoef ook nie diskriminerend te weens nie – daar is ʼn goue middeweg daarvoor terwyl die skole se Christelike etos behoue bly.”

Bailey meen die SAOU moet ʼn eerlike gesprek met hulle 37 000 lede in die 3 400 skole hê wat hulle verteenwoordig en die nuwe hofstukke aan hulle voorhou. “Kloppers het ʼn beëdigde verklaring by die jongste hofstukke ingesluit waarin hy erken dat hy sy aanvanklike standpunt verander het, maar dit word volgens my nie duidelik genoeg genoem in die kommunikasie aan lede nie.

“Hierdie verandering van standpunt kan die ses skole se saak baie seer maak, dit ondervat die skoolbeleid en besluite wat geneem word. AfriForum voel die grootste gedeelte van die meeste Afrikaanse openbare skole se rekening word deur ouers betaal en daarom het hulle die reg om ʼn sê te lewer in skole se sake.”

Intussen het Danie Goosen, voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK), gepleit dat die SAOU duidelikheid moet verskaf oor hulle siening. “Die georganiseerde Afrikaanse wêreld sal die SAOU tot orde moet roep en weer met die vakbond in gesprek moet tree oor die standpunt wat hulle nou inneem. Daar moet ʼn behoorlike antwoord wees op die Organisasie vir Godsdienstige-Onderrig en Demokrasie wat die hofsaak begin het en dit moet ʼn duidelike alternatief vir hulle standpunt verskaf. Die optrede van die SAOU bring nou verwarring en onduidelikheid.”

Agtergrond

Die Organisasie vir Godsdienstige-Onderrig en Demokrasie het in September 2014 ses skole per hofaansoek voor die hof gedaag oor die beweerde ongrondwetlikheid van die skole se godsdiensbeleid en die toepassing daarvan. Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die hofstukke bedien het, meen dit is ongrondwetlik om een godsdiens uit te sonder en dat die Christelike gebruike by die betrokke skole gestaak moet word.

Die skole wat tans deur Fedsas in die hofsaak verteenwoordig word, is die Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Garsfontein in Pretoria, Hoërskool Linden in Johannesburg, Laerskool Randhart in Alberton, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn.

Anti-christelike fundamentaliste het al in Oktober 2009 gedreig dat skole met ʼn Christelike etos binnekort voor die hof gedaag sal word. AfriForum het toe reeds sterk standpunt daarteen ingeneem en gesê die organisasie sal skole teen sulke regsaksie steun. AfriForum is ʼn vriend van die hof en ondersteun die skole met regskostes.

Die hofsaak sal op 15 tot 17 Mei in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

137 Kommentare

Johann ·

Die Antichris is nou in volle gang in die wereld, en niks wat ons daaraan kan doen nie, want dit is so opgeteken in die Bybel

w ·

God straf reeds die inwoners van SA op verskeie maniere maar steeds dink ons dat ons sonder Hom kan leef. Sies vi julle

Koos ·

Monica, aanbid wie jy wil, maar in die privaatheid van jou huis

Julia ·

Jy is verkeerd. Dit is Thor wat ons straf omdat ons nie in hom glo nie. Kan natuurlik ook Lakshmi of Krishna wees. Of Allah, of Buddah…. moontlikhede is legio.

Hendrik van George ·

Godsdiens onderig in skole moet verban word. Skole is nie kerke/moskees ens nie – godsdiens onderrig is iets wat tuis hoort. 40 jaar gelede is godsdiens periodes gebruik om huiswerk op te vang, of om net nonsens te sit en praat.
Stuur jou kinders na godsdiens georiënteerde skole as jy so sterk voel daaroor.

Sê ek ook ·

Selfs 20 to 14 jaar terug is dit gebruik vir huiswerk… (met die toestemming van die onderwysers) en toe in my matriek jaar of vroëer word dit afgeskaf want OBE en Lewensorientering word ingestel.

Dawie ·

Net so. Godsdiens hoort tuis of by die kerk. Indien dit by die skool beoefen word kan dit vrywilliglik gedurende pouses of na skool gedoen word. Dan sal jy werklik sien wie eintlik belangstel.

Jaco Grobler ·

Die mees suksesvolle skole in die land is op Christeluke waardes en ethos gebou, en word ook so bestuur, vat dit weg en dis maar net ‘n kwessie van tyd voor dit ‘n gemors is.

Lelane ·

Ek kannie meer heelhartig saamstem nie!! Kerke is daar om te sorg vir die geestelike oortuigings van persone. Die skole behoord streng vir akademiese en sport onderrig te werk. On aan te dring dat skole ‘n godsdiens-funksie moet vervul is verregaande!

Chris Ras ·

As daar nie Godsdiens in die skool is nie dan sal my kinders ook nie meer daar wees nie. Met God word daar nie gespeel nie.

Marietjie ·

Chris ek stem 100% saam met jou. SONDER GOD IS ONS NIKS!!!!!

JB91 ·

So die “antichris” is nou in volle gang in die wêreld, omdat opening met gebed in skole, iets van die verlede gaan wees?

jaco ·

ek onthou godsdiensonderrig in die skool. uiters vroom aan die begin van elke dag. Net daarna en soms vir die hele dag het daardie selfde vroom onderwyser gevloek, geskel, geslaan en selfs die naam van God ydelik gebruik oor huiswerk wat nie gedoen is nie of oor party kinders dom is. Ek onthou ook hoe apartheid in die skool se godsdiensklas aan my voorgehou is as die wil van God. Die wit NG Kerk het ook ‘n monopolie oor godsdiensonderrig in staatskole gehad. Eks selfs in die skool se godsdiensklas geleer dat besprinkeling van babas die enigste regte vorm van doop is. Ek het daardie jare al hierdie skynheiligheid gesien en gedink godsdiensonderrig moet uit skole gehaal word. Deesdae se vlou maar gevaarlike praktyk om kinders iets van alle gelowe in SA te leer is ook nie reg nie. Haal godsdiens HEELTEMAL UIT. Dis tyd dat ouers en kerke hulle opvoedingstaak teenoor kinders behoorlik nakom. Die Amerikaners het al meer as 50 jaar geen godsdiens in die skole nie. Dit skep probleme ja, maar die land het ook nog nie daaroor inmekaar getuimel nie. Kerke in Amerika doen BAIE meer moeite as SA kerke om kinders die regte goed te leer. Alle kerke wil ook godsdiens uit Amerikaanse skole hou, want hulle is bang dat as dit terugkom, sekere groter kerke gou ‘n monopolie sal kry oor wat in die godsdiensklas aangebied word; baie soos die monopolie wat die NG Kerk oor SA skole se godsdiensonderrig gehad het

Burger ·

Jaco , dis presies so . Ek is 50 , die nadraai van daardie valsheid en propaganda neem lank om ontslae van te raak . Kinders raak weg van God as gevolg van dit. Dit is gewoonlik een denominasie wat promenent hier verteenwoordig is. Hulle moet , hulle verloor klient teen n spoed wat vir niks skrik nie.

Willem ·

Hou die godsdiens tuis – waar dit hoort. Nie by die skool nie

Ernst ·

Genade hier is mense met verstand hier. Kan nie meer met jou saamstem nie. Geloof hoort by die huis & kerk. Skole moet neutraal wees. Nie almal deel dieselfde geloof sentimente nie. Uit met geloof by publieke skole!

Lelane ·

Gerda. Die enigste duiwel is mense. En as ek na die bloederige bestaan en geskiedenis van die Christen kerk, dink ek die duiwel se naam is nie Satan nie. Die vryheid om kinders met godsdiens te ‘leer’ behoord slegs in private huise en in die kerke daarvoor opgestel. Hou godsdiens ver uit skole uit, want daar is meer as net een geloof.

Juffrou ·

Godsdiensonderrig is hoofsaaklik die ouer se plig en verantwoordelikheid, maar ons weet almal dat meeste ouers nie daartoe in staat is om hul kinders op te voed nie. Ons samelewing lyk soos wat dit lyk, omdat kinders uit gebroke gesinne kom. As alle ouers gesorg het dat hulle huise in orde was, sou ons skole nie gelyk het soos wat dit lyk nie.

Daar word egter nou getorring aan die verkeerde dinge. Destyds is LO ook uit skole verwyder….toe kom die samelewing agter ons sit met oorgewig lui kinders wat nie hulle hormone kan beheer nie…toe word LO vinnig weer teruggebring. Ek voorspel dieselfde met godsdiens….godsdiensperiodes word verwyder…oor n paar jaar gaan owerhede agterkom hulle sit met nog n groter probleem in skole…want kinders het nog minder respek en waardes en o skielik is daar nog n styging in tienerswangerskappe ook.Maar nou ja, ons kan nou dagga kweek, kinders kan hulle hare dra soos hulle wil, hoef nie meer aan n waardesisteem verantwoording te doen nie. Klink vir my soos n uitmuntende resep om die chaos wat ons reeds het, te vererger. O en onthou tog hierdie spulletjie gaan eendag aanteel en vermeerder. N selfgeregtige generasie…wat uit n gebroke samelewing kom met die beleid “everything goes.”

Ek stem saam met oom Angus, make sure your own house is in order.”

Michelle ·

Juffrou, jy maak nou ‘n false en gevaarlike bewering dat die wat sonder ‘n god lewe sonder models waardes leef. Dis uiterse nonsense. En voor jy die bybel as verwysing vir ‘n morele kompas voorstel beter jy dit liewer lees.

Gerhard ·

Kyk hoe gaan dit in die Amerikaanse skole vandat daar nie meer plek is vir die dinge van die Here.Elke nou en dan hoor jy van skietery in skole en hope mense dood.

Willem ·

Daar is geen korrelasie nie. Ander lande is sekuler maar het nie amerika se massa skiet voorvalle nie

Burger ·

Wat maak n skool enigsins meer bevoeg om n kind geestelik te bedien ?

Die probleem is vaders wat nie hulle geestelike verantwoordelikheid nakom nie. Ons wil goedkeur dat enige persoon die kinders geestelik bedien. Jy ken hom nie eers nie. Dis mos absurd.

jaco ·

al die kerke in amerika wil nie godsdiensonderrig in die skole daar terughê nie, want hulle is bang sekere kerke kry dan ‘n monopolie oor wat vir die kinders gaan geleer word. Ek onthou watse monololie die NG Kerk oor godsdiensonderrig in die ou SA gehad het. Apartheid is uit die Bybel geregverdig, ons het NET die NG Kerk se psalms en gesange gesing en daars openlik vertel net kinderdoop is reg en dat kerke soos die AGS, baptiste, Rooms-Katolieke ALMAL dwaal met wat hulle glo. Daar was selfs diskriminasie teen kinders uit die Gereformeerde en Nederduitsch Hervormde Kerke, terwyl dit veronderstel was om die NG Kerk se “susterkerke” te wees.

Pieter ·

Jaco, Miskien is dit omdat ek 13 jaar ouer as jy is maar dit klink vir my of jy in ‘n ander land as ek grootgeword het. Ek kan geen van die klagtes wat jy teen godsdiens op skool het ,onthou nie. My ervaring was baie positief, miskien omdat ons onderwysers nog manne en vroue van goeie karakter en integriteit was.

Willem ·

Hou godsdiens by die huis waar dit hoort. Nie almal stem saam oor watter gode aanbid word nie, dis hoogs persoonlik, dus hou dit tuis waar dit hoort

AL ·

Godsdiens is die gom wat gesinne en gemeenskappe bymekaar hou. Godsdiens leer ons om verskillende kulture en rasse te verdra en maak van die wêreld ñ beter plek.

Willem ·

Ek verstaan nie hoe kan jy dit sê nie – godsdiens leer jou allermin om ander kulture en rasse te verdra – jy word vertel net jy is reg en almal anders brand in die hel

AL ·

Nee Willem ons leer regtig om meer verdraagsaam teenoor mekaar te wees. Ons is in n werksgroep waarin ons godsdiens beoefen en verskillende rasse met kulture is.
Glo my dit werk. Ons almal lag en gesels en deel mekaar se pyn en seer.

Anoniem ·

Ons het ook so groepie by die werk: verskillende kleure, tale, ouderdomme en kerke. Die gemene deler is dat ons almal glo Christus het vir ons sondes betaal, en daarom sal ons eendag die ewige lewe erf. Die groepie is besig om te groei.

Ernst ·

As jy dan so sê dan moet daar opgevoed word op alle gelowe & nie net die Christelike geloof nie. Wat differensieer die Christelike geloof wat dit so spesiaal maak anders as ander gelowe?

AL ·

Ernst – Christelike geloof gee jou vrede en emosionele sekuriteit. Maak nie saak watter probleme jy face nie, jy weet dat die Here jou leiding sal gee en dat alles ten goede sal meewerk op die einde.
Jy weet dat jy jou naaste moet liefhê, dat jy nie moet oordeel nie. Jy weet dat jy die gebooie moet onderhou, en om die Here se gebooie te onderhou, sal die wêreld ñ minder gebroke wêreld wees.
Christenskap met ñ persoonlike verhouding met die Here is ñ teenvoeter teen depressie en angs.

Woordeloos ·

n beter plek soos om kamstig vrywillig daaraan te moet deelneem.

boeta ·

ek sien die FAK het ook iets te sê oor hierdie saak. Is die FAK dan nie die openbare vleuel van die ou Broederbond nie? En die Broederbond was die geheime “think tank” agter die Nasionale Party se “hervorming” en onderhandeling met die ANC. So as die “hervormings” en onderhandelings dan nou gelei het tot ‘n demokratiese SA wat hulle so graag wou gehad het, dan moet hulle nie nou kla oor godsdiensonderrig in skole amper iets van die verlede is nie.

snoepie ·

Dis die begin van die einde. Eers vat hulle ons veiligheid weg; en nou vat hulle ons Godsdiens weg. Wat gaan van ons word :(

Koos ·

Dit word nie weggevat nie – hou dit bloot by jou huis en moet nie kinders indoktrineer daarmee by die skool nie

AL ·

Hoe gaan kinders geleer word om ñ morele kompas te hê? Dat jy nie mag steel of doodmaak nie?
Dis omdat SA so boos is omdat daar te min Christene is en te veel satanskinders of dat kinders aan hul eie genade oorgelaat word, dat die land uitmekaar val.

Bees ·

Al n mens het beslis nie godsdiens of die bybel nodig vir n morele kompas nie-inteendeel

Charmaine Coetzee ·

Wat n hartseer saak GODSDIENs is die wortel van bestaan GOD kan in n oogwink alles in hierdie land verander en tot niet bring !!!!!maar net my mening

Charmaine Coetzee ·

Al hierdie dinge wat gebeur staan in openbaring ons is in die laaste dae ons moet onself net dieper dn dieper in in GOD se wee wandel GOD WEES HULLE GENADIG HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE !!!!!!!!

Veritas ·

Charmaine, jy slaan die bal heeltemal mis. Diegene wat so veg vir die verwydering van Christus uit ons skole, weet beslis wat hulle doen. Hulle werk vir Satan en is besig met ‘n goedbeplande offensief teen die kinders van die Here. Wees voorbereid want die aanslae gaan al hoe feller word.

ken benoni ·

Waarom gaan dit so sleg in ons land, Ons het ons rug op God gedraai. TV-sepies is meer belangrik dan die Huisgodsdiens. Almal is net agter geld en dit sluit die predikers in. Volwassenes en kinders ken bitter min van die Bybel deesdae maar die Moslem ken dalk jou Bybel beter dan baie Chrustene

ken benoni ·

Waarom gaan dit so sleg in ons land, Ons het ons rug op God gedraai. TV-sepies is meer belangrik dan die Huisgodsdiens. Almal is net agter geld en dit sluit die predikers in. Volwassenes en kinders ken bitter min van die Bybel deesdae maar die Moslem ken dalk jou Bybel beter dan baie Chrustene.

Bly gefokus ·

Moenie bekommerd wees nie, daar is vandag baie onderwysers wat so leef dat kinders self kies om soos die opvoeder te handel en wandel en dan leer hul self meer van Jesus sonder dat die opvoeder eers iets sê van Jesus. Al val als, al oorwin Satan als op aarde, maar kom ons bly gefokus op wat reg is, want die dood sien ons nie, ons leef ewig net omdat ons vir Jesus gekies het. Nog een ding, baie kla noi oor dit, maar laat toe dat hul kids flieks kyk, games speel ens waar God se naam elke 2 sekondes misbruik word. Kom ons lees en leer die Bybel elke oggend, middag en aand saam met ons eie kinders, later is die hele dorp by jou huis vir Godsdiens, vra my.

Ada ·

Ai die ou duiwel wat hom op hierdie artikel kom tuismaak het is duidelik sigbaar. Hou die moslems in moslemskole. Hou die Christene in Christen skole end. Indien jy nie n Christen is en by n Christenskool skoolgaan hoef jy nie verplig te wees om n gebed og CSV by te woon nie. Dit is omdat SA Godsdiend verlaat het dat ons vandag is waar ons is. Goddeloos.Die antichris loop sterk tussen ons en is maar weereens duidelik dat dit van die libs afkom. Met die smeltkroes sal die koring van die kaf geskei word en ek is so bly die kaf gaan aan die korste ent trek.Ek is so bly my kinders was in n Christenskool.Wat ons hulle tuis geleer het en wat hulle by die skool geleer het het hulle geloof in die Here versterk.

Willem ·

As die skool ‘n publieke skool is mag dit nie ‘n christen / of moslem skool wees nie.

Johan ·

Onthou een ding…as julle skole hulle onttrek van die Christelike godsdiens is skole…sal God homself ook onttrek by daardie instansies. Die Woord sê oordink die Woord dag en nag en verkondig die evangelie an alle nasies. Met verwysing na om jou Christelike godsdiens sleg tuis te beoefen en dit net privaat te hou is ook verkeerd. Dalk is daar ouers bd huis wat nie die Here Jesus ken nie en nie eers n Bybel het nie…saai die saad dan by die skool en maak dit nat..Die Here sal dit ontkiem en laat groei. Op so n wyse kan die leerling vir sy ouers van die wonderlike nuus gan oorvertel en dan op so wyse die saad saai by sy ouers.
Verder sê die Woord..verhinder nie die kindertjies om na My toe te kom nie.
Ten slotte…worry hulle oor wat die regering daaroor dink of orfen hulle die wil van God uit..
Inteendeel…daar is net een God en Vader en dit is ons Koning wat dood was en weer lewend geword het…God drie enig. Dit gan nie oor die mense…dit gan oor God

Julia ·

Dit is natuurlik hoekom dit so goed gaan met kinders en skole in Skandinawiese lande. God is nie meer deel daarvan nie…

Kasper ·

Sjoe, maar die ogotter’s en ateiste is bedrywig op die blad. Kyk maar net na die kommentare van party van hulle. Wel siende dat ons in ‘n sogenaamde demokrasie lewe, stel ek voor dat die skole self stem of hulle godsdiens wil hou in die skool al dan nie. Indien die meerderheid ouers ten gunste is van godsdiens onderrig moet die ateiste maar hulle paai vat en waai. Dit is mos demokrasie op sy beste.

Johan ·

Onthou een ding…as julle skole hulle onttrek van die Christelike godsdiens is skole…sal God homself ook onttrek by daardie instansies. Die Woord sê oordink die Woord dag en nag en verkondig die evangelie an alle nasies. Met verwysing na om jou Christelike godsdiens sleg tuis te beoefen en dit net privaat te hou is ook verkeerd. Dalk is daar ouers bd huis wat nie die Here Jesus ken nie en nie eers n Bybel het nie…saai die saad dan by die skool en maak dit nat..Die Here sal dit ontkiem en laat groei. Op so n wyse kan die leerling vir sy ouers van die wonderlike nuus gan oorvertel en dan op so wyse die saad saai by sy ouers.
Verder sê die Woord..verhinder nie die kindertjies om na My toe te kom nie.
Ten slotte…worry hulle oor wat die regering daaroor dink of doen hulle die wil van God uit..
Inteendeel…daar is net een God…God 3 enig.
Ek stem 100% met Ada saam.

John ·

Etiek en godsdiens is interverwant. Wat is reg of verkeerd en waar leer mens dit? Een groot bekommernis is dat ander gelowe ook soveel tyd gaan opeis wat ‘n babelse verwarring onder leerders gaan veroorsaak en afhangende van die skool se etos dalk kinders in ander godsdienrigtings kan indwing. Die evolusieleer word reeds as die waarheid en nie bloot ‘n teorie nie by skole verkondig. Ons regering se kommunistiese vleuel het baie ateiste is sy geledere. Ouers sal ‘n slag hul luigeit moet los en hul kinders help opvoed.

Kasper ·

Sjoe maar die ogotter’s en ateiste is bedrywg op die blad.Kyk maar net na die kommentare van party van hulle.Wel siende dat ons in ‘n sogenaamde demokrasie lewe , waar majority vote rules, stel ek voor dat die ouers van die betrokke skole self stem of hulle godsdiens wil behou in die skool al dan nie. En as die meerderheid ten gunste hiervan is, staan dit die ateiste vry om sy paai te vat en te waai na ‘n ander plek waar hy gelukkig kan voel. Demokrasie op sy beste!

Willem ·

Kasper, as dit ‘n publieke skool is dan hoort jou godsdiens nie daar nie. As julle anderste voel, skep privaat skole.

Soos jy kan sien het julle reeds hierdie geveg verloor, en dis omtrent tyd dat julle besef julle lewenssiening kan nie bo enige ander afgeforseer word op ander nie – nes die spul NG dominees apartheid goedgepraat het van die kansel!

Jessica ·

As godsdiens uit skole geneem gaan word staan ons kinders die gevaar om in n skool te wees soos Columbine high school waar hulle presies dieselfde visie as SA gehad het. Leer die kinders van evolution en Christen kinders kon gebid het pouses en naskool. Die uitkoms was dat die Christen kinders doodgeskiet was waarna die twee anti christ kinders hul eie lewe geneem het. Die ouers van die Christen kinders het gesê dat hulle geweet het dat Godsdiens weggevat was en dat hulle kinders van evolution geleer was maar nooit sou dink dat dit sou gebeur. Vir die ouers wat nie wil opstaan om Godsdiens in skole te hou nie kan nie verwag van God die Vader in die Hemel wat als gemaak het om jou kind te beskerm teen ander kinders wat leef volgens Satan se wil nie. As jou kind doodgaan, waarnatoe gaan hy? As jy nie weet het jy as n ouer mislik.

Koos ·

Hoe het evolusie iets hiermee uit te doen? Jessica, ek hoop jy maak ‘n grap. Hoeveel pyn en lyding word elke dag in die wereld ervaar JUIS OOR GELOOF.

“godsdiens weggevat”? Is julle geloof so swak dat as dit nie by die skool ook in die kinders ingeforseer word dat dit verdwyn?

Leo ·

Ek is so bly ons as gesin is Christene want op skool in die 70tigs het ons dit gehad en vasgele wat ons ouers yuis geleer het. Indien jy die Bybelperiode gebruik het om huiswerk te doen was dit jou keuse. Miskien is dis onnies vandag te papbroek om dit aan ts bied of te lui. Ek sal nieverbaas wees nie.Ons het elke Maandag oggend ook n kerkdiens by ons werk en ons Fabriek is baie voortstrewend. Niemand word verplig om dit by te woon nie e dit is vir baie werkers die hoogtepunt van die week. Almal sing uit volle bors en so het die fabriekswerkers dan ook n koor gestig. God is teenwoordig waar ons werk en ons is gelukkig

Ange ·

Sjoe Leo, ek sal graag by so maatskappy wil werk. In die groot corporate companies is dit soos n streng Ateistiese koshuis. So baie weet iets kort in hulle lewe en weet nie wat dit is tot hulle God ontdek nie en dan smag hulle daarna.

Bly dat julle werksplek mense die vryheid gee om te kan loof en prys. Mag God julle seen sodat julle n voorbeeld kan wees.

Willem ·

Wat soek geloof in maatskappye? Dit hoort nie daar nie!

Ek is so bly ons is weg van die theocracy wat die ou SA was!

Helena ·

Ek is ‘n onnie. By my skool VRA die kinders dat ek moet open as daar nie in die 1e periode geopen is nie. En dan hou hulle spontaan hande vas en sê “amen”. Dis pragtig en niemand het hulle gesê om dit te doen nie. Geen aardse wet gaan my verhoed om dit by ‘n skool te doen nie. Daar is ‘n Groter Wet en dis waarna ek luister. En dit is dit!

Gerhardt ·

Mooi Helena! Die goeie oorwin altyd die slegte op die Einde.Baie kinders is in weeshuise en het nie voorreg om deur ouers geleer te word nie. Nou wat nou? Waar gaan hulle hulle geloof be oeffen slimjanne? Of moet daardie kinders verlore gaan?Is julle ok daarmee?

Jenny ·

Eerste vraag: Wat van moslem skole, gaan hulle ook verbied word om hulle afgodediens te beoefen?
2de vraag: Gaan hulle die moslem bidkamers by verskei openbare geboue ook tot niet maak?
Vraag 3: Waar is ons vryheid van godsdiens. Dit is immers die skool se reg om met die ouers te besluit of hulle Christen godsdiens gaan beoefen. As ons nie godsdiensvryheid meer het nie mag die moslems ook nie bidkamers in openbare publieke geboue hulle afgodediens beoefen nie.
Vra maar net!!

Maroela , gaan julle hierdie kommentaar opsit of gaan dit weer soos van my vorige kommentare afgehaal word, en dit is eers opgesit nadat ek gekla het. Waar is ons vryheid van spraak?

Ljl ·

Ek is lidmaat van een van die 3suster kerke,het ń debiet order geteken en dit was die laaste sien van hulle.My persoonlike gevoel hulle bestuur die kerk soos ń franchise,gou om geld te soek maar stadig om jou te help in nood.

AL ·

Gelukkig is ek nie aan ñ kerk verbind nie, maar aan ñ Heilige Almagtige God. Kerke het geen invloed op my nie.

Ernst ·

Genade iets wat reg loop in hierdie land. Skole se hoofdoel moet onderig wees, nie geloof nie. Geloof hoort tuis & in kerke. Nie almal deel dieselfde geloof nie. As jy so sterk voel om jou kind in ‘n Christelike skool te sit, sit hom in ‘n private Christelike skool. Publieke skole moet geloofs-neutraal wees of jy nou daarvan hou of nie!

Dirk ·

Ek sal my kind eerder reg leer as wat ek toelaat dat ‘n onderwyser hulle geloof oortuigings kom af dwing op my kinders. Daar is al verskeie kere wat ek hoor dat die onderwyser sommer bog kwyt raak tydens so ‘n geloofs onderrig. Jy as ouer moet verantwoordelikheid neem om jou kind te leer.

Ek stem saam, vat geloof uit die skole uit. Ons kinders word geïndoktrineer deur sulke snert stellings soos “julle sondig as julle nie julle 10de gee nie” of “Dit gaan swaar met julle omdat julle gesondig het, God straf julle” of “julle harte is vol woede, wreedheid en kwaad”. En dit word vir graad R kinders gesê?!?! Daar is nie ‘n meer rein hart as die van ‘n kind nie.

Maar dis die dogma van verkrampte volwassenes wat kinders verkeerd leer. Ek as ouer sal my kind leer. Hoe vinniger geloof uitgewis word in skool verband, hoe beter.

Daar is altans Christelike skole juis vir daai rede. Vra bietjie of julle dieselfde sou voel as ons in ‘n Moslem land gewoon het? Sou julle nog wou gehad het dat skole ons kinders moet onderrig in geloof?

Emwee ·

Jou godsdiens nie net uit skole nie, maar sommer uit jou Huis ook!!

vermeende ·

Kyk na ons land en parlement van voor 94 teen nou………….
I rest my case!!!
Godsdiens en gebed moet bly, by jou huis en die skool.
Ek lees die kommintaar en dan is party mense se houding akuraat met hulle kommintaar, duidelik niks in daai periode geleer nie, dis wat gebeur as jou aandag op n ander plek was. Die waarde van die godsdiens klas het jou verby gegaan.

Johan Maritz ·

As ek die meeste van die briewe reg verstaan gaan CVO skole uit hul nate bars.

Disselboom ·

En dis net hier waar al die raas en blaas getoets gaan word: hoeveel van diegene wat so sterk voel oor christelikheid in skole, gaan uit die staatskole vertrek en privaat christelike skole opsoek of self hard werk om dit in werking te kry waar dit nie beskikbaar is nie? Disselboom wil graag sien dat dit so gebeur, maar meens daar is harde woorde nodig om te begin onderskei tussen mense wat eintlik maar net hulle regte wil opeis, teenoor diegene wat moed en daadkrag het en regtig God wil dien,

blouvis76 ·

Dan mag moslems nie meer oor die hele dorp raas nie.. karate ouens mag nie meer buig voor hulle begin nie…. en hoenders nie meer begin kraai 4.30 nie
..

Spyker ·

Solank die moslem in sy kerk raas, die karate ou in sy eie dojo buig en die hoender op die private plaas kraai is alles reg.

Joe Olivier ·

God is heeldag saam met my en my gesin. By ons huis, saam skool en werk toe. Ons is nie skaam vir Hom nie en sal hom oral loof en prys. Ons sluit Hom nie in die huis toe en gaan dan werk en skool toe nie.

Willem ·

Goed vir jou en as dit werk vir jou is dit reg so, maar hou dit as ‘n privaat saak, nie almal voel soos jy nie

Geloof hoop en liefde ·

Joe olivier ek stem saam God is my oggend middag en aand die rede vir ons bestaan jy kan nie net nou en dan of wanner jy lis voel God wil aanbid nie. Hy is dieLeeu en die Lam of dit nou maandag of sondag is Hy is altyd daar vir ons. En toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het het Hy nie gese nee doen dit agter toe deure nie. Nou wil mense anders om werk em skaam kry. Nee wat ek is eerder i 24/7 Christen.

Bazil Johnson ·

Ek is ‘n ‘reborn atiest’ en onderstuen 100% geen geloof in skool nie. Ek moet elke Maandag oggend in saal en elke ander oggend hoor hoe onderwysers (SAOU -lede) vir kinders preek oor goed wat nie waar is nie vanuit ‘n geloof wat net ‘n geloof. Kinders van 8 en 9 jaar oud moet you tube videos kyk van hel en demone. Kom aan mense, enige persoon met ‘n brein wat kan dink moet nou in die 21ste eeu weet dat die Bybel is soos enige angeder ou boek net ‘n vehaal van ‘n paar woestyn bewoners met geen wetenskaplike kennis nie. Ek glo dat die 30 tot 60 minte wat gemors word elke week gedurende skol tyd kan beter benut word met politieke kennis of padveiligheidsklasse. Jammerb vir die slegte Afrikaans ek is ‘n Engelsman in’n tweetalige skool vanaf Gr -R tot Matriek.

N Lourens Reitz ·

Willem jy praat van hou godsdiens by die huis waar dit hoort volgens jou.
En wat stel jy voor van waar daar weekliks Bybelstudie gehou word in die gemeenskap of vroeë oggend biduur saam met mede gelowiges of in die werk plek waar gelowiges die oggend saam bid voor werk?

Willem ·

Dit hoort ook nie in die werkplek nie! Dis ‘n persoonlike ding wat jy vir jouself hou, want nie almal glo in onsigbare spoke nie

E ·

Daar is baie gode maar slegs 1 ware God. Die meeste van ons hier ken hom. Ons weet reeds van Openbaring en die laaste dae (wat ook jare of eeue kan wees – 1 daag 100 jaar vergelyking).
Stadig maar seker begin ons kinders die tekens sien, maar dit sal nie beter word nie, net slegter ons weet dit. Ek skaam my nue vir Christus nie, ek gee nie om wat andere daarvan dink nie, maar hoe hartseer sal dit nie net wees as Hy vir ons eendag moet sê dat Hy ons nie ken nie? Of die geloofs beoefening nou bly of gaan, dit behoort ons nie te ontslel nie want al hierdie dinge moet eers gebeur voordat ons Hom kan ontmoet.

Ada ·

Jy is reg Jo Olivier. Jy kan nie virLiewe Jesus in die huis toesluit nie. Mooi gese en dankie daarvoor.Hy is die Alpha en die Omega. Alomteenwoordig.

Ray ·

It is unacceptable that children, particularly primary school children and younger are forced, coerced or instructed and indoctrinated with whatever form of Christianity or religion the the teacher or school decides is right for the child. It is unacceptable that in a State school a child can come home and tell it’s Grandfather that “You hate god”. This is a misuse of the privilege granted to educators and the trust placed in them by parents and the State. These children do not need and must not be indoctrinated with any belief system that any individual in a privileged position decides to impose. Time must not be wasted teaching children myths and legends. It is time that Evolution became a part of the education system.
Give them the facts not the fiction. Let the purveyors of religion find honest work.

Ange ·

“The Origins of Species by means of Natural Selection OR Preservation of FAVOURED RACES in the struggle of life” is racist and myth.
And you people think that’s what children should be indoctrinated with as opposed to “Love each other as I have loved you”?! Just sick, sick, sick.

Need I educate you on the very belief you claim as fact? Plenty of ATHEIST physicists reject/ed Evolution.

How many times did Science get it wrong? Yet you want to force that down children’s throats as FACT.

Science doesn’t have all the answers and the answers it does have show us how something works but that doesn’t eliminate the Creator anymore than taking your smartphone apart, observing how it was put together eliminates the factory workers who made it.

You believe in gravity don’t you? Yet you don’t even know what it is. No one knows what it is- its a phenomenon of which we can only see the effects of.

Atheists love making it an argument of Science vs Religion. GOD made everything including the Science behind it. Religious people aren’t against Science. Many religious prize winning physicists didn’t stop believing when they discovered how something worked because they were/intelligent enough to know the answers they found wad just that- answers for how a specific thing was put together.

Willem ·

Physicists? Evolution is a scientific theory of BIOLOGY, not physics. Clearly you don’t understand it. Gravity is also a scientific theory. This discussion is not about science – but since you bring it up, there is no scientific proof for the supernatural or gods.

Victor ·

Ange,

Jy sit die pot heeltemaal mis. Evolusie is ‘n wetenskaplike teorie, nes gravitasie. Maar meer belangrik, dit is nie iets wat vir jou sê hoe om jou medemens te behandel nie. Verder, dis ‘n teorie wat gefalsifiseer kan word maar tot op hede toe nie gefalsifiseer is nie. Dus het dit die toets geslaag. En jy is nie eerlik as jy anderste voorhou nie, of bloot oningelig

Ange ·

Willem en Victor:

Biologie is ook n Wetenskap. Biologie is die studie van Lewende organismes en Fisiese Wetenskap is Wiskunde, Sterrekunde ens. Nie alle Wetenskaplikes is net gekwalifiseerd in slegs Fisiese Wetenskap nie. Daar is “overlapping Sciences” soos Biologie en Geologie. Biologie en Chemie ens. As ek na Wetenskaplike verwys is dit in die bree spektrum. Moderne Biologie is n bree veld en beskik oor baie subdissiplines.

So as julle twee enigsins probeer se dat Wetenskaplikes nie n geletterde opinie oor enige iets Biologies kan lewer nie dan is julle so verkeerd ek gaan nie eers verder my tydmors op enige verdere terugvoering nie.

Annatjie Kruger ·

Ouers moenie julle verantwoordelikhede op ander mense afskuif nie. Die Bybel stel dit duidelik dat dit die verantwoordelikheid van die ouers is hulle kinders in die weë van GOD op te voed. Nie die van onderwysers, predikante en ouerlinge nie. As jy wil seker wees wat jou kind leer, leer hom jouself.

Goku ·

Dit is vir my wonderlik hoe sterk sommige mense oor godsdiens voel en hoe n berig soos die n paar mense onstel.
As ek my nie misgus nie het n paar mense nou di dag baie gehuil op die kommentaar toe Riaan(94.2) gaan waai en vra hy moet asb bly.
Die ou verkleineer christene en ten minste een keer n week maak hy hul sleg of maak iemand se naam gat wat gelowig is. Jy kan nie een oomlik die Here wil dien en opstaan teen n berig soos die nie, en dan ondersteun jy Riaan en huil oor iemand wat die Here haat nie.
Ek glo ook SA het God nodig, maar kom ons besluit asb aan watse kant van di draad ons wil sit en dan bly ons daar.

Helena ·

Dis als goed en wel om die meriete van die saak te argumenteer, maar is die vraag nie eintlik wat Chris Klopper beweeg of oorreed het om nou skielik die standpunt van SAOU te verander nie? Wie of wat sit agter die ommeswaai? Is daar ‘n wortel of ‘n stok geswaai?

Okker ·

Eff 6:12 Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die owerhede teen die bose geeste in die lug.
Rom. 10:9 As jy bly met jou mond dat Jesus Christus die Seen van God is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgetel word sal jy gered word.
So se die Woord van God
Jesus in Sy versoekking het die bose ook met die skrif geantwoord.

William Allworth ·

Publieke skole is vir almal wat daarvan gebruik wil maak. Is daar regtig so baie mense wat nie kan insien dat dit verkeerd is om kinders te intimideer en te boelie met die geloof van wat ookal die meerderheid nastreef. Afrikaners skee heeldag oor minderheids regte maar gee hul n klein kunsmatige meerderheid en dit is terug met alpartheid NG beleid.

Baas Daan ·

Dit is tragies om die naïewiteit van wat ek aanneem volwassenes is op hierdie webblad.
Geloof is nie fundamenteel tot enige goeie en geordende gemeenskap nie. Inteendeel, dit is lande waar sekulêre waardes eerste ingestel is, is die lande wat ver bo die ander uitgeklim het. Dit is ook nodig om mense te herhinder dat die donkerste tyd in Europese geskiedenis was toe die kerk die hoogste autoriteit in ‘n land was. Mans, vrouens en kinders het in die duisende gesterf agv siekte, oorlog en selfs aan die hand van die kerk self.
Dus kan mens nie die aanname maak dat geloof is nodig tot ‘n goeie gesonde gemeenskap of morele waardes nie. Toleransie en die mark van vrye idees is twee belangrike sleutels tot ‘n gesonde gemeenskap. Dis ‘n mark van vrye idees wat tot die vooruitgang van die mens gelei het en ons toegelaat het om te gaan van die onderdrukkende, kerkregeerde donkereeue tot waar ons ‘n man op die maan kon plaas.
‘n Laaste punt en ‘n gedagte vir die morele, nou-paadjie volgendes op hierdie webblad; indien jy ‘n god nodig het om ‘n goeie mens te wees, dan is jy nie ‘n goeie mens nie.

Dawie ·

Dis juis die punt dat hulle nie goeie mense is nie. Hulle glo in die oorerflike oersonde wat ontstaan het in die paradys. So as jy in liewe Jesus glo kan jy kort kort net ‘n gebetjie opstuur nadat jy gesondig het sodat jy vergewe kan word.

Mish ·

HereHere – Abba – my Pappa! Ek kies U!! maak nie saak wat die wereld, die onderwys, die hof – die wie ookal se nie! Ek kies U!! Darem begin my kinders se skooldag nie by die skool deur n gebed nie – hulle HELE dag begin by voordeurr voor ek hulle by die huis uitstuur!! Ek en my Huis sal U dien! In JesusNaam!

henk ·

Ja die duiwel is listig en dit is duidelik sigbaar. Maar die duiwel kan nooit oorwin nie. Hy was uit die hemel uitgeskop vir ‘n rede.

Daan ·

In die skool gaan dit oor leer en lewe/voorbeeld. Die onderwyser moet haar vak ken en voorbeeldig lewe. Hoe kan n onderwyser sonder enige opleiding in godsdienskunde, geskei en n veragter van die huwelik van een man en een vrou wees, n opvoeder en onderwyser wees ? Beheerliggame as jul n spesifieke godsdiensbeleid het, sorg dat julle onderwysers opgelei is
om die godsdiensoefeninge opvoedkundig en kundig korrek te kan hanteer en sien toe dat hulle dan n goeie en korrekte voorbeeld in lewenswandel stel.

Danie ·

As onderwyser is my werk om kinders op te voed, want ek weet hoe moeilik dit vir ouers is. Party ouers werk baie hard om kos op die tafel te sit. Ons as onderwysers loop en preek nie heeldag nie, maar probeer ons bes om op te voed, ons gemeenskap te dien. Dis nie maklik om n onderwyser te wees nie, ons het God nodig by ons werk, ons as onderwysers. Geen onderwyser wat ek ken het al sy of haar eie geloof op n kind afgedwing nie. Dwang is verkeerd en sal inelkgeval n kind van God af verdryf. Laat skole met n Christelike karakter dit behou, laat kinders kan leer soos hulle moet, en die leerders wat nie wil deelneem nie, hoef nie, ek sal vir hulle bid in my privaatheid. Ek glo julle wat so baie sê ken skoolhou en is almal ouers, anders sou julle nie bekommerd gewees het nie. Sterkte aan al ons onderwysers en ouers, want dis n harde wêreld daarbuite, wat hulle okal besluit, ek sal die kinders aan my toevertrou na die beste van my vermoë probeer opvoed en my krag kom van God.

Willem ·

Ek was op skool in die vroee 80’s en die christelike geloof was in kinders se kele afforseeer op elke geleentheid

Spyker ·

Ek sien jy praat sommer namens alle onderwysers -“Ons” het God nodig by ons werk- Wat van die onderwysers wat nie soos julle glo nie? Daar word sommer vir hulle besluit. Soos om die kinders wat nie wil deelneem nie uit te sluit. Dink jy regtig die wat nie wil deelneem nie ervaar nie verwerping by hulle maats nie? Hulle bly maar eerder stil en volg die massas. Daar is vele gevalle wat ek van weet. Verder is daar wel dwang. My kinders is laas jaar gedwing om hemelvaart verrigtinge by die skool by te woon, selfs nadat hulle aangedui het dat hulle nie gelowig is nie.

L J ·

As Godsdiens in skole verbied gaan word is al wat oorbly is om JESUS te leef. Niemand kan jou stop om soos HY te lewe nie.

Koos ·

Ek is nie ‘n christen nie – maar ek stem saam met jou. Hoe maak dit christene se geloof swakker? Sekerlik kan jy nog steeds jou geloof beoefen al is dit nie in die skool beoefen word nie?

Julia ·

Julle gaan julle eie ergste vrese bewaarheid. Deur aan te dring op godsdiens in skole gaan elke ander geloof ń gelyke kans en spreekbeurt kry. Een pouse Gretha Wiid, volgende pouse die Satanistiese kerk en eerste periode die plaaslike Imam. Wel gedaan.

André ·

Ek is verstom oor BAIE SLIM MENSE se kommentaar. 1966 en 1967 het ek by n EKSKLUSIEWE hoërskool​ in die Paarl onderwys gegee. Bybelonderrig is vrywilliglik bygewoon. Die Jode se priester het n klaskamer tot sy beskikking gehad om Joodse voorligting IVM hul geloof te gee. Die Jehova geloof se leerlinge mag nie Bybelonderrig bywoon nie en was vrygestel.Na 40 jr ondervinding in die klaskamer kan n onderwyser se bydrae van lle se karakter nie onderskat word nie.Min ouers het die nodige kennis.

Koos ·

Stel jy voor alle gelowe moet dus ‘n plek by skoolonderrig hê? Hoe prakties uitvoerbaar is dit? Sluit julle daarby in enigiets, van satanisme tot hare khrisna?

Muriel ·

Stem 100% saam net jou Juffrrou!!! … dis hoekom dit gaan soos dit gaan in skole!! …

Morian ·

Ja, presies! Dis hoekom dit so gaan on skole! Want daar is wel TANS godsdiens in skole… wag, wat?

Koos ·

Baie swart mense is gelowig, wat is jou punt? Hierdie het niks met wit vs swart te doen nie!

WW ·

Ek moet sê dat ek nou baie veward voel na al hierdie kommentaar. Ene Willem klink asof hy dit maar sleg gevind het om te leer van God; ek was ook in die 80’s/90’s op skool en hou vandag geen vooroordele oor die NG kerk en godsdienswaardes wat ek in skool geleer is nie. Inteendeel. Wat ek wel oorgehou het, is ‘n onwilligheid om geloof enigsins te bevraagteken. Waaroor ek baie bekommer is oor die aanname dat alle onderwysers bevoeg is om kinders in godsdiens op te voed – dit is bloot onmoontlik. Dit is tog wel vir my baie mooi en goed wanneer verrigtinge geopen word met skriflesing en gebed – dit is my verwysingsraamwerk en iets waarmee ek gemaklik voel. Ek begin al hoe meer voel dat die Willems hier bo dalk reg is wanneer hulle sê godsdiens hoort nie in die skole nie. MAAR die wegdoen van godsdiens in skole moet baie beslis vervang word met ‘n daadwerklike waardestelsel – geskoei op die Tien Gebooie ;-)

Willem ·

WW,
Is dit so onverstaanbaar dat ander nie glo nie?
Maar jou eie kommentaar sê tog baie “‘n onwilligheid om geloof enigsinds te bevraagteken”. As my kind kies om ‘n gelowige te word, is ek bly – maar ek hoop dat hy/sy die keuse vrywillig sal maak sonder vrees – soos ‘n vrees om in ‘n hel te brand wat nie bestaan nie.

Waardes word by die huis geleer – nie op skool nie – dis ons ouerlike plig om self vir ons kinders waardes te leer

Ja, die 10 gebooie, wat niks sê oor verkragting of slawerny nie. Slegte keuse.

Retha Homann ·

As my God en my God se Woord nie in ‘n instansie tuis voel nie, is ek en my gesin ook nie daar tuis nie. God moet orals met jou saamgaan. Hy is nie net’n geleentheids God nie.
Oor en uit. Stel nie belang in enige iemand se kommentaar of oordeel nie!

Koos ·

God kan sekerlik met jou saamgaan orals, al word dit nie in skole bevorder bo enige ander geloof nie?

Joe ·

Dit is omdat daar nie meer godsdiens onderrig, gebed ens. in skole is nie, dat ons sit met kinders wat nie respek vir mekaar of ouer mense het nie. GOD is al wat ons kan red uit ons daaglikse beproewing en ons kinders moet dit van vroeg af leer.

Julia ·

Basiese opvoeding is geen god se werk nie,dit is ouers s’n. Gebrek aan respek is nie te wyte aan die gebrek aan geloof in gode nie, dit rus 100% op die ouers se skouers.

Morian ·

Maar daar is dan tans godsdiens in skole? En die kinders is dan tans, ten spyte van die godsdiens in skole, so disrepekvol? Kan jy nie sien dat jou argument geen sin maak nie?

Psylincer ·

Kinders self kies watter geloof hulle wil volg omdat alle “gelowe” voor hulle bedien word soos ‘n maaltyd of selfs geen?? Ek sweer ‘n eed voor die God van Abraham met hulle doop, Die Enigste God wat daar is, om my kinders wat Hy aan my gee om hulle in die naam van God die Almagtige, die Heilige Gees en Jesus Christus om hulle na beste van my vermoë groot te maak tot ere van die Heer. Geen skool of landswed of WERELDwed of allerhande nonsens gaan my anders oortuig nie. Ek gaan doen wat God van my verwag.

Willem ·

Dis die probleem reg daarso – jy het geen reg om namens jou kind te besluit watter geloof hulle kies nie

juffrou ·

Nou verstaan ons alles – van die chaos in meerderheid skole tot die bloed, verkragting en moord links en regs in SA. Gooi God uit, en eet môre die galbitter vrugte wat jy self geplant het. Dwase monde wat so groot is, stem vir ‘n goddelose geslag jongmense en kinders omdat hulle self weier om God te erken of te eer. Die kind van vandag is die leier van môre. Gooi God uit skole en kweek vir jou skares goddelose leiers en misdadigers vir môre as jy oud is. Ja, jy die absolute reg om teen God te kies en ook om die gevolge daarvan te dra. Kinders van God, voed julle kinders op in die woord van God en wees geseënd in ewigheid. Die sout en en die lig is tot groot aanstoot vir die duisternis.

Dries ·

solank iemand wat nie wil deel wees van Godsdiens opening by die skole , nie geforseer word om deel te wees nie kan ek nie sien wat is verkeerd daarmee nie, dit is deel van ons Christelikke kultuur om GOD se seen oor ons skool onderrig te vra. Daar wag ‘n onaangename verrassing as mens dink alles sal net normal voortgaan as gebed by skole verban word. Iemand het netnou gepraat van amerika se skole, by baie Amerikaanse skole het ding ebegin ontaard

Willem ·

Dries,

Dis nie so maklik nie. As meeste kinders deelneem, of hulle nou voel hulle moet of nie, word die paar kinders wat nie deelneem nie geviktimiseer. Behalwe dit, hoekom is dit by die skool? Dis nie die plek daarvoor nie. Niemand probeer julle reg om christene te wees weg te vat nie – verstaan net dit hoort nie in publieke skole nie.

Nicolaas ·

Skole moet vrywillige Christelike aktiwiteite toelaat voor en na skool en tydens pouses, wat kinders vrywillig kan bywoon. Miskien sal dit ateiste soos Willem beter laat voel … Siende dat mens skoolgeld betaal, kan jou kind seker nie weggejaag word as hy/sy so iets bywoon nie Willem?

Willem ·

Hoekom Nicolaas? Volgende gaan jy seker vir my sê die biologie klas moet eerder “intelligent design” voorhou eerder as evolusie? Geloof het nie ‘n plek by die skool nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.