‘Godsdienssaak raak 24 000 skole’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag aangevoer dat die uitspraak in die saak in die hooggeregshof in Johannesburg nie net die ses skole raak nie, maar 24 000 ander skole in Suid-Afrika.

Die saak is dus van belang vir honderde duisende ouers en kinders in Suid-Afrika, het die vakbond gesê. “Die applikante in die saak se aansoek dat godsdienspraktyke in skole verbied moet word, druis lynreg in teen 95% van Suid-Afrikaners wat hulle met ʼn geloof identifiseer,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Solidariteit word Suid-Afrikaners juis deur geloof en waardes in Suid-Afrika oor tradisionele skeidslyne heen saamgebind. Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge identifiseer 86% van Suid-Afrikaners hulle as Christene en bykans 95% identifiseer met die geloof. Slegs 5,2% sien hulself as ongelowig of weet nie met watter geloof hulle identifiseer nie.

Volgens die World Value Survey en die Pew Global Morality Study word Suid-Afrikaners deur sosiale waardes aan mekaar gebind. Die World Value Survey het ook bevind dat 83,9% van Suid-Afrikaners geloof as belangrik ag; dat 96,7% in God glo; en dat so min as 1,9% hulself as ateïste identifiseer. Volgens Solidariteit is die applikante se aansoek dus in wese ʼn ondemokratiese poging om hul eie, uiters eng belang op skoolgemeenskappe af te dwing.

“Wat die applikante doen, is om te probeer om die morele gom wat Suid-Afrikaners aan mekaar bind, te vernietig. Die vraag is of dít wat die applikante vra, strook met dít wat gewone Suid-Afrikaners wil hê. Indien daar na die statistieke gekyk word, is dit duidelik nie die geval nie,” volgens Hermann.

Solidariteit het vandag as vriend van die hof ten gunste van die ses skole wat die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie oor hul godsdienspraktyke voor die hof gebring het, geargumenteer. Volgens Solidariteit is dit grondwetlik toelaatbaar en wenslik dat skoolgemeenskappe deur middel van hul demokraties verkose liggame oor ʼn skool se etos en praktyke besluit.

“Daar is nie so iets soos neutrale onderrig nie. Die ateïste wat die saak na die hof gebring het, wil in praktyk dít wat hulle glo op skoolgemeenskappe afdwing. Selfs ʼn sekulêre benadering is ook ʼn lewensbeskouing wat op skoolgemeenskappe afgedwing word. Onder die dekmantel van insluiting sluit hul argumente die wil van gemeenskappe uit.

“Die huidige stelsel waarvolgens ouers deur beheerliggame besluit oor godsdienspraktyke by skole, maar wel voorsiening maak vir diegene wat nie daaraan wil deelneem nie deurdat hulle hul van sodanige aktiwiteite kan onttrek, is die korrekte benadering want só word die reg van die skoolgemeenskap en die individu geakkommodeer. Skole moet ook streng riglyne hê om individue wat van die skool se etos en praktyke verskil met respek te akkommodeer en om te verseker dat deelname aan godsdienspraktyke ten alle tye vrywillig is. Beheerliggame moet dus toesien dat hul beleid rondom godsdienspraktyke billik is.

“Indien die applikante se aansoek slaag, sal basiese praktyke soos saalopening, gebed by sportbyeenkomste, Kerssangdienste deur kore, maar ook ʼn spesifieke geloofsetos by skole verbied word. In duisende skole is dit juis dié waardes wat die kinders aan mekaar bind. Die gebrek aan die waardes, praktyke en ʼn etos sal oor die lang termyn radikale gevolge vir die kultuur van skole en later ook vir Suid-Afrika inhou,” sê Hermann.

Volgens Hermann tree Solidariteit namens die onderwysers in die saak op. “Duisende onderwysers is roepingsgedrewe en glo daaraan dat kinders nie net neutrale individue moet wees nie, maar dat hulle binne ʼn spesifieke waardestelsel opgevoed moet word. Dit is juis waarom hulle by skole onderrig gee waar hulle hul roeping kan uitleef,” het Hermann bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ai ·

Eenvoudige oplossing: Moslems kan hulle Moslem skole hou en nog bou, Ateiste kan goddelose skole bou, Jode kan Joodse skole bou (dink amper hulle het ook alreeds) Christene hou hulle skole aangesien dit deur ons Christen voorvaders gebou is.

Dit klink my die klomp wil vir ander mense besluit dat hulle kinders nie geloof mag he nie, so wie druk nou wie se ideologie in wie se keel af? Want ek sien nie dat hulle probleem het met die Moslem kleuterskole en skole nie….

Mag julle die hofsaak verloor want julle loop net met die duiwel in julle agterwerelde rond.

Valerie ·

So lief as ek vir Jesus is en danbaar is dat ek deur Hom gered is in God se plan van versoening (born again), glo ek nie die skool is die plek om Godsdiens te gee nie. Watter een van die duisende godsdienste en “gode” in elk geval? Hervormd? Gereformeerd? Katoliek? Baptiste?Charismaties? Die “NAR” God? Watter een? Dis die ouers se plig om hul kinders oor God te vertel en die reuse rol wat Jesus in God se reddingsplan speel; daar is niemand beter gekwalifiseerd as ‘n ma of ‘n pa om dit te doen nie. Wat? Die onderwyser wat “godsdiens” aanbied op skool en selfs dal nie eers ‘n clue het nie? Nee, dankie.

In elk geval, as jou kind reeds ‘n Christen is, en jy as ouer ook een is, dan is God mos nie buite die skool nie, of hoe? Die Heilige Gees is mos IN jou en God het Sy woning IN jou gemaak. Die kinders kan dan daar sendelinge wees, en die ouers dieselfde op die honderde geleenthede (wedstryde, ens). wat hulself aanbied…op ‘n skinkbord.

Ai2 ·

Jy kan duidelik nie tussen die lyne lees nie. Die aplikante se saak strek veel verder as wat jy dink. En n’ laaste ding, as jy n’ Christen is, dan moet jou hele leefwyse getuig van Hom, hetsy jy by die skool, huis, winkels of waar ookal is. Jou geloof sal altyd onder die vergrootglas geplaas word in die wereld en dus moet jy opstaan vir wat jy in glo. Die Bybel se, dit is nie nodig dat enigiemand jou leer nie, maar de Heilige Gees wat in jou is, Hy sal jou leer. Soooo as enige Christen gevul is met die Heilige Gees dan kan hy n’ kanaal wees waardeur Hy ander kan aanraak/leer…soos onderwysers of mede skoolkinders.

Johann ·

Wie en wat is die agter die aanslag? Wie en hoeveel van wat verteenwoordig hulle siening? Of is dit deesdae die eensydige toepassing van AFRIKA DEMOKRASIE? ALS en ALMAL moet geken word en als en almal moet mekaar omhels en aanvaar? Behalwe natuurlik as dit kom by die bydae en insae van blankes? En in die geval.n blatant arrogante aanslag op geloofspraktyke? Nevermind die nuwe SA…dis die HUIDIGE een wat die bekommernis is.

Ai ·

Ja Johann maar ongelukkig sit jy die pot mis by die saak. Die mens agter die hele storie is n wit Afrikaner… Sy van is Pieterse en toe sy drieling begin skoolgaan toe kry hy ewe skielik n pyn in sy agterwereld oor Christenskap want hyt seker Richard Dawkins gelees en voel toe baie slim en geregtig om Christen skole te forseer om hulle geloofs orienteering te laat staan en sy “slimmer, meer tolerante” lewens uitkyk te aanvaar en toe te pas.

Ai ·

Erm Valerie NG, NH, AGS ens dien almal dieselfde God dis net die kerk doktrine wat verskil van kerk tot kerk en dis meestal klein verskille behalwe die NG wat meer liberaal geword het en die Katolieke wat hulle doktriene as belangriker beskou as die Bybel self.

Valerie ·

Wens dit was so eenvoudig, maar dit is ongelukkig nie so nie. Die Bybel praat nie sommer vir die grap oor ‘n vreemde Jesus of ‘n ander “gospel” nie. Op die oog af lyk dit so, Ai, asof almal dieselfde “god” aanbid, maar gaan agter die skerms en die hare op jou nek sal regop staan.
My punt is daar is niemand beter om jou kinders van God te vertel as die ouers self nie; nie eers die pastoor of dominee of die outjie wat die tromme of die kitaar in die youth band slaan nie.
Die ander onderwerp sal ons maar liewer vermy; ek het dit ingebring om te wys dat alles nie swart op wit is nie.
Maar oor Pieterse stem ek saam. Dawkins is ‘n duiwel.

Ai2 ·

Valerie, het dit al by jou opgekom wat is die motief agter die saak? Dink jy God verkies dat Sy Naam nie in skole gebruik word? Ek sit my tas neer…Ja ouers moet hulle kinders eerstens onderrig, en by skole is n’ bonus, en uitleef van dit wat Hy by die huis of kerk geleer het. Ons leef nie in kompartemente nie, dis alles of niks. Dit sal begin by skole, dan universiteite, dan verder in die publieke sfeer…sien jy nie?

Ai3 ·

Valerie – weet jy hoeveel kinders al hulle harte vir die Here gegee het by skole se CSV’s? Maak nie saak of die kind by die huis Christen waardes leer nie, ons kan nie toelaat dat jongmense die reg ontneem word om hulle te bekeer en hul harte vir die Here te gee nie… vir sommige jongmense is JUIS die skool die enigste plek waar dit moontlik kan gebeur!

Burger ·

Hoekom wil ouers he dat n onbekende persoon hulle kind geestelik onderig? Maak net nie sin nie, inteendeel dit klink gevaarlik.

Burger ·

Wat van n kompromie , stop geestelike onderig in skole asook evolusie teorie.

Pitbull ·

Valerie jy klink vir my soos een van daardie draadsitters wat nie standpunt kan inneem nie en eerder sal kompromiseer met die wêreld terwille daarvan om aanvaarbaar te wees. Wat anders kan mens verwag van ‘n land met ‘n heidense president wat in die parlement rond dans met sy sangomas? Gaan lees die Woord. Wie anders as satan sit hieragter? Hy weet sy tyd is min en werk nou deur sy instrumente om alles wat met Jesus Christus te doen het te vernietig en soveel mense moontlik in die hel te kry, Ja swaer, hier kom swaar tye sê ek jou.’n Verdorwe mensdom wie dink hul kan God Almagtig terg met hul sonde! Die einde is naby!

John ·

Etiek en godsdiens is ‘n eenheid en godsdiens en ideologie loop saam. As iemand ‘n kommunis is glo hy in mense se regte (elkeen se wil) en dat base dink hulle is gode en teegestaan moet word en diegene wat meer het, ingebreek moet word; ‘n totale teenstrydigheid dus van ander se regte. Die evolusieleer is aanvaarbaar vir die ateis wat nie glo daar is ‘n Skepper of ‘n hiernamaals nie. Indien jy ‘n Moslem is, is Christus bloot ‘n profeet soos Mohammed en Christene en Jode veragtelik. Jode misken Christus as Seun van God. Hindoes en talle ander gelowe aanbid vreemde gode en beelde. En daar is voorvader- en duiwelaanbidding. Ons skole verander en ondewysers kom nou van oraloor en elkeen glo in iets of iemand en dit skyn deur in hul woorde en dade. Die tien gebooie kom van die Vader en respek en vrees vir Hom, maak dat ons reg WIL doen… dws: Dien die Here en het jou naaste lief… Of glo ons geloof en ‘n goeie gewete spring uit die lug in ons koppe en alles werk sommer so vanself? Wow!

JJ ·

Ek stem 100% saam met Ai. Laat die mense, waar ons Christelike geloof hulle pla, hul eie skool laat bou waar daar geen geloof is nie en hulle kinders dan daar skool gaan. As die moslems/jode ens dan sulke skole het en niemand kla daaroor nie, hoekom ons Christelike skole aanvat. Laag en gemeen, Gaan bou julle eie skool man waar daar geen geloof is nie. Dan sal daai skole word soos wat in Amerika gebeur het en nogsteeds gebeur – elke nou en dan hak ‘n kind se kop uit en skiet baie onskuldige kinders en onderwysers dood ter wille van wat hulle in glo!!! Dan wil die Amerikaanse mense daarna tot God bid vir die verlies. Hoe siek is dit!

Gerrit ·

JJ, dis juis die punt !!

As jy `n christelike skool wil hê, stig dan `n privaat christelike skool, maar moenie `n openbare skool gebruik vir jou indoktrinasie nie.

Ek is nie `n christen nie, so hoekom moet ek luister na gebede by atletiek openings, saalbyeenkomste ens. ??

Sophia ·

Daar is wel ouers wat nie betrokke is by die kinders is as hul tuis is nie. Daai kinders het Godsdiens nodig in die skool. Wie gaan hulle anders van Godsdiens leer?

Johannes Meintjes ·

Die Christelike waardestelsel word hoog aangeskryf in SA, – maar is dit tasbaar oortuigend as ons na die huidige toestand van die land kyk? Is daar ‘n kontinue verband tussen Christelike onderrig, die kerk en die staat, en die toestand van ons gemeenskappe?

Blondi ·

Ek kyk nou almalse kommentaar en besef eintlik is dit heeleenvouding. Haal godsdiens uit die skole , want godsdiens onderrig begin by die huis as jou ouerlik plig en as jy die doop belofte af gele het nog te meer. Godsdiens in skole is af gewater en gee nie jou kind die nodige opvoeding wat hy of sy nodig het nie. Jy as ouer moet dit by bring. Die skool is daar om jou kind ABC te leer en 123 , nie hoe om jou geloofslewe te koester en op te bou nie. En die wat se daar is CVO skole… dis ook nie voldoende nie,

Leonard van der Dussen ·

Die hofsaak gaan niks oplos nie, ongeag die uitslag. Die onderliggende denke bly ‘n vasklou aan ‘n onderwysstelsel wat uitgedien is: die onderhandelinge en vertoë wat aangeknoop moet word, is om skole waarlik as ‘n gemeenskapsaak (plaaslike gemeenskappe) te verstaan en die wetgewing en staatsbestel daaroor te verander dat belastinggeld op ‘n heel nuwe manier (nuut vir Suid-Afrika in elk geval) vir onderwys beskikbaar te maak naamlik met ‘n subsidie of koepenstelsel wat vir skole gegee word, maar wat dan grootliks vir hulleself verantwoordelikheid neem. Hierdie hofsaak is in wese maar net nog ‘n uiting van die politieke magsgeveg om beheer oor bates wat uit ‘n ou bedeling ontstaan het. Die debat moet totaal hersien word na iets wat vir vandag se Suid-Afrika relevant is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.