Godsdienstige leiers kap Madonsela

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Paar Christelike godsdienstige leiers het Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, Donderdag gekritiseer dat sy die atmosfeer in die land “vergiftig”.

“Die Openbare Beskermer vergiftig die atmosfeer in die land deur haar houding wanneer sy haar pligte uitvoer, veral in die sake wat verband hou met advokaat Pansy Tlakula en die SAUK se hoof bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng,” het biskop Pule Makgethi aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die leiers sê hulle verteenwoordig onafhanklike Afrika-kerke met ʼn gesamentlike lidmaatskap van meer as 1 miljoen mense.

Hulle het die media toegespreek uit kommer oor die “demoniese magte wat die rewolusie en vryheid van ons mense wil ontspoor”.

Madonsela het in haar verslag, wat in Augustus 2013 vrygestel is, bevind dat Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), onreëlmatig opgetree het toe ʼn kantoorgebou vir die OVK in Centurion bekom is.

Madonsela het ook bewerings teen Motsoeneng ondersoek nadat sommige personeellede van die SAUK dit onder haar aandag gebring het. Sy het bevind dat sy aanstelling en salarisverhogings onreëlmatig was. Sy salaris het binne een jaar van R1.5 miljoen na R2.4 miljoen verhoog.

Makgethi sê hulle respekteer Madonsela se kantoor en haar werk, maar sal dit nie blindelings doen nie. “Ons ondersoek nie die Openbare Beskermer nie, ons reageer net op dit wat ons sien. As gemeenskapsleiers moet ons ons lede lei, opvoed en in kennis stel.”

Die leiers se beslissing is dat Madonsela poog om doelbewus die indruk te skep dat Motsoeneng “korrup en onbeheerbaar” is. Met verwysing na Tlakula het Makgethi gesê Madonsela het “insinuasies” gebruik om die gedagtes van die publiek te vergiftig sodat hulle vertroue sal verloor in haar vermoë om die OVK te lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

Ag nee wat Shannon,as mens nie eers vleuel kan reg kry nie, dan ek bevrees jy boul met ‘n erg skewe arm. Wanneer sogenaamde “Christelike Kerkleiers” hulle aanmatig om Madonsela te kritiseer omdat sy skelmstreke en bedrog uitwys dan het dit laat geword vir ons nasie.

Jan ·

Godsdienstige leiers wat hulself op die politieke verhoog uitlaat, is niks nuuts in SA nie. Dit het ons in die verlede gesien met die Susterskerke wat gedienstig die regering van voor 1994 onderskryf het. Hier het ons nou ‘n ANC-gesinde spul wat dieselfde vir die huidige regering doen. Niks om oor ontsteld te raak nie – dis “business as usual”.

Gemsbo ·

Indien ons kyk na hoe die gemiddelde lewensverwagting in Suid-Afrika gedaal het, die inkomstegaping tussen ryk en arm vergroot het, basiese dienste soos veiligheid, opvoeding en gesondheid aan die arm gemeenskappe agteruitgegaan het en werkloosheid en kriminaliteit toegeneem het sedert 1994, dan was die drie susterkerke dalk reg in hul oorspronklike standpunt om afsonderlike ontwikkeling te ondersteun.

Wat ‘n versameling “Afrika-kerke” met minder as 1-miljoen lede (uit die geraamde 33 miljoen Christene in Suid-Afrika) kwytraak, sal ek egter met ‘n knippie sout opneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.