‘Godslasterlike fliek ʼn belediging vir Christene’

Inxeba – The Wound (Foto: ANA)

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het gesê hy is geskok oor die ANC-regering se minagting van die waardigheid van die Christelike gemeenskap in Suid-Afrika deur ʼn fliek, Inxeba (The Wound), te finansier en te nomineer.

Die plaaslike fliek het onder skoot gekom vir sy uitbeelding van Xhosa-tradisies. Die fliek werp lig op die geheime tradisionele rituele en wys van Vrydag landswyd in teaters.

Theunis Botha, leier van die CDP, het gesê die fliek beeld Jesus Christus uit as ʼn homoseksuele man. “Mens kan net dink wat sou gebeur het as dieselfde uitlating oor die Islamitiese ‘profeet’ gemaak is!”

Hy het gesê dit is betreurenswaardig dat ʼn fliek met só godslasterlike tema deur die regering bevorder word. “Dit is ʼn belediging vir die byna 80% Christelike bevolking in Suid-Afrika. Die CPD doen ʼn beroep op alle Christene, as die meerderheid Suid-Afrikaners, om teen hierdie fliek, en enige voorval waar ons Here Jesus Christus se naam misbruik word, op te staan. Ons bevorder egter nie geweld of intimidasie as ʼn metode om die staat te dwing om ons waardigheid te respekteer nie.”

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Linguistiese Gemeenskappe (CRL) het Vrydag gesê hy het met die Nasionale Film- en Videostigting ooreengekom om ʼn vrywaring by te voeg.

Die CRL het met die Film- en Publikasieraad en verteenwoordigers van die Nasionale Film- en Videostigting vergader waar ʼn ooreenkoms aangegaan is. “Die doel van die vergadering was om die besware en klagtes aan te spreek wat deur ʼn hele aantal organisasies geopper is oor sekere dele in die fliek,” het die CRL gesê.

Die organisasie het gesê die stigting “sal seker maak dat die vervaardigers ʼn vrywaring byvoeg wat dit duidelik stel dat die uitbeelding van die inisiasiepraktyk in die fliek nie ʼn ware verteenwoordiging is nie”. “Die vrywaring sal ook die verwysing, oor Jesus en Shaka Zulu se moontlike homoseksualiteit, aanspreek, aangesien dit godslasterlik is en dit die waardigheid van amaZulu en Christelike gemeenskappe aantas.”

Die stigting sal ook ʼn verskoning uitreik dat hy ʼn fliek gefinansier het wat die waardigheid van die kulturele, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe aantas.

Die CRL het gesê byskrifte sal in die toekoms ook gemonitor word om seker te maak dat dit die werklike vertaling is van die woorde wat gebruik word en dat die Film- en Publikasieraad enige klagtes sal bespoedig.

Inxeba (The Wound) handel oor die tradisionele rituele van ukwaluka, ʼn Xhosa-ritueel waar ʼn seun ʼn man word, en wat besnyding insluit. Kwessies oor seksuele identiteit word ook aangeroer in die vorm van ʼn gay liefdesverhaal. Die lokprent vir die fliek is ook wyd veroordeel.

Alhoewel die fliek Vrydag landswyd in teaters sou begin, het sommige teaters aangedui dat hulle die openingsaand sal uitstel uit vrees vir reaksie van die gemeenskap. Minstens twee teaters in die Oos-Kaap het besluit om glad nie die fliek te wys nie, ná dreigemente van groepe wat teen die fliek gekant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Pop ·

En nou is hier nie n kommentaar in sig nie.
Wel ek sê nou hier vir die vervaardigers van die film. My God laat hom nie bespot nie. So verwag die toorn van my God .

James ·

God is altyd in beheer.

Isaiah 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Anoniem ·

Die regering ondersteun, finansier en propogeer hul heidense oriëntering. Ons moet die positiewe hierin raaksien, die openbaring making van hul afskuwelike praktyke wat in alle regverdigheid nie plek is nie samelewing het nie. As Christen voel ek nie beledig nie, ek voel dankbaar dat hulle d.m.v onkunde hul diepgewortelde boosheid openbaar vir almal om te sien!

Jaco ·

Ek het noudiedag op 5FM n gesprek oor die fliek geluister. Die regiseur is van mening dat die proses wat hul kultuur deur gaan eie aan hule geloof is en dit so hoog op prys stel dat hy nie ‘n man is sou hy nie deel neem nie. Dit dan om na die natuur tussen mens anvaar te word. Nou goed ons wil elkeen anvaar word om jou status ens te voed. Ek glo die werklikheid is dat die Christinne wat sterk in geloof is dit hul nie sal takel nie want ons God het ons nie as robots geskaape nie maar as mens so, as hy jou moes programeer om hom te volg dan sou jy mos nie jou sielsaligheid verdien nie. Nou gee God ons ‘n eie wil en soos die fliek nou ‘n klip ini pad wat hy dan se is as jy dan die flees kan weerstaan en steeds my lief het dan verdien jy jou sielsaligheid. Die waarheid sal altyd uitstyg bo die dwase se gemurmer. Jesus het mos gese hy kom in ‘n wolk van getuies, ons wie glo is die wolk wat getuig.

Ek steer my nie aan die fliek nie. Daar is klom flieks wat teen Christendom. Die regeering het geen ander doel ten opsigte van hu ondersteuning indie fliek as om DIE nasie te probeer oplig. Sofeel aspekte wat ‘n ou moet in ag neem wanneer jy jou mening lig.

Wees gerus ons gaan nie die fliek kyk nie.

Vriendelike groete

Catherina van Rooyen ·

Dit is tyd vir Christene om op te staan en sulke blatante godslasterlike werke tee te staan met mag en krag. Kom ons kyk hoeveel christene is bereid om ons Here Jesus Christus te verdedig met ALLE NODIGE AKSIES. God sê in Sy Woord hy wat hom uitspreek vir My Naam, su naam sal Ek voor God die Vader uitspreek. Ons bestraf hierdie bedrywe in die Naam van JAHWE.

lvh ·

Ons hoef nie op te staan nie. “Die mens wik en God beskik”.

R Burger ·

Dan wil Suid-Afrikaners weet hoekom dit so ellendig daar gaan. Ons Vader slaap nie.

Jacques Venter ·

Google “ulwaluko” om die resultaat van die inisiasie skole te sien

Piet ·

As mens sien watter gemeenskappe dreig met aksie en uit vrees vir wie sluit die teaters hul deure, dan slaan ek my hande saam oor die ironie. Apartheid het niks met die kleur van ander se vel te doen, soos wat die liberalsite so graag vertel nie, maar alles met tradisie (Taal, kultuur, Godsdiens). Mag almal wat hulle met die maak of kyk van hierdie film verbind ten gronde gaan!

Skerpioen ·

Ons Hemelse Vader die Almatigste, het niemand nog oorgesien wat met Hom die spot dryf nie. Oordeelsdag kom vir ons almal.

Swanie ·

Die fliek is nie ‘n belediging vir Christene nie , maar is ‘n direkte belediging vir God , Christus en die Heilige Gees . Alle Christene behoort die fliek te boikot en nie die teaters waar dit vertoon word te ondersteun nie .

HD ·

die regering van die dag steur hulle nie eens aan die moord en doodslag, diefstal ens. in ons land nie, wat sal hulle hulle steur aan iets eenvoudigs soos ‘n fliek…God se oordeel kan nie gou genoeg kom nie!!!

Ada ·

White face is rassisties.Godslaster gaan nie ongestraf bly nie.
Dit is waarom dit so met SA gaan want heidene en die antichrist is in beheer.
Satan het baie siele in SA .
Ek is so bly ek is n Christen en sal dit uitbasuin.

Dina ·

En dan vra ons ontevrede vrae oor droogtes en ongelukke en dood en bloed op ons paaie en oral in die land… Soos Elia gesê het: Besluit wie jou God is.. As dit Baäl is, eer hom en sien of hy jou kan seën en beskerm. As dit God is, eer Hom deur Sy Woord te gehoorsaam en ervaar die lewe en vrede wat God vir Sy ware kinders alleen gee.

Adriana ·

White facing is nou ook rassisties omdat pers facing rassisties geword het.
Boikot die fliek .
Ek kry al die siele wat met hierdie fliek iets te doen het baie jammer want hulle is verdoem indien hulle nie drastiese ommekeer maak nie
God laat Hom nie bespot nie.

Henk ·

n Vrywaring!? God sal julle waaragtig NIE vrywaar omdat julle Hom so laster nie!! Maar die Christen gemeenskap in SA is te slapgat om dit op n einde te bring. Die lucifer program op multi choice is n duidelike bewys daarvan. Dit is summier deur multi choice van oosterse lande se kanale verwyder en steeds is dit in hierdie siek land van ons op die tv!! En WAT doen die sogenaamde Christene en Christelike kerke daaromtrent? Ek is seker ons sal die voorste Christene en predikers in die flieks kry waar hulle die lasterwerke staande sal toejuig!

Elsa ·

Hierdie fliek gaan die ANC onttroon, God laat Hom nie bespot deur enigiemand nie, hul val is vinniger as gou…

Kat ·

Henk die antichrist is gedoem.Ons probeer in verskei lande siele tot inkeer bring.n Paar word Gered en dit is goeie nuus.Satanskinders wat nie wil omkeer nie gaan verlore .

Leonie ·

Onthou net, God laat nie met Hom spot nie. Ons as Christene moet saamstaan teen hierdie goed wat al hoe meer voorkom.

Blits ·

Vir almal wat so geskok is, ja ek stem saam ons moet alle plekke waar die en soortgelyke flieks gewys word booikot, en ek kry hulle jammer, Yahweh, Yeshua en Hakodesh slaap nie en hulle laat nie met hulle spot nie.

Maar om terug te kom na die begin, Het julle gedink dat die anc christene is?, Zuma het al a paar kere gese hy is magtiger as Jesus omdat hy nie nodig het om aan n kruis te sterf sodat mense hom moet volg nie, die anc sien zuma dan as n heilige man wat verhewe is bo Yahweh, Yeshua en Hakodesh.
Ons word regeer deur die antichris mense wat glo in voorvader geeste en rituele, Die woord sê dat jy nie n Christin kan wees as jy aan voorvader geeste en afgode glo en aanbid nie Lees Exodus 20 die wet van God, Hulle aanbid voorvader geeste en hou rituele en dis teen God se woord

Braam van Zyl ·

GOD se in Eksodus 20 Jy mag die naam van die HERE jou GOD nie misbruik nie, die een wat GOD se naam misbruik of ydelik gebruik sal nie ONGESTRAF bly nie. In die res van die Tien Gebooie word jy gewaarsku om nie sekere sondes te pleeg nie en ek glo GOD vergewe ons as ons dit bely en om vergifnis smeek en so lewe om dit te vermy. . Maar dit is nie so maklik nie omdat ons maar net sondaars is. Maar spot met God en jy sal nie ONGESTRAF BLY NIE.

Jacques Venter ·

Hallo Henk
Ek het baie lank terug my Mutichoice rekening gekanseleer.

Hoop meer mense doen dit.

God Is In Beheer ·

Ek wil net noem dat GOD ALTYD in beheer is maak nie saak wat nie en dat SA nie deur die satan beheer word soos hierbo genoem is nie.Ons moet net bly bid in die Naam van Jesus Christus dat God die bose magte uit ons midde moet verdryf want ons stryd is NIE teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte in die lug.

James ·

God is altyd in beheer, selfs met die maak en verspreiding van die rolprent. Of net as jy besluit Hy is in beheer?

I form the LIGHT, and create DARKNESS: I make PEACE, and create EVIL: I the Lord do all these things Isaiah 45:7

wie is die regiseur ·

Net ‘n klein klippie in die bos om oor na te dink: Wie is die regiseur vd godslasterlike film en wie het die storie geskryf? Sal baie interessant wees om te weet wie presies hieragter sit.En dan wil ek ook net sê dat ons gebed as ons wapen moet gebruik teen hierdie boosheid.

jurie blanche ·

Wie het die film gesien en waaroor gaan dit?, nie hoor sê nie.

Chris ·

Ongelooflik hoeveel naiewe mense daar is wat glo hulle het die swart kat in die pikswart kamer raakgesien ….

Eddie de Jager ·

Ons veronderstel deur die berig dat die CPD se bewerings waar is, dan moet jy jou eie Godgegewe oordeel gebruik en liewer nie die film gaan kyk nie. Dan: Sou ‘n aardse gebruik soos ‘n film Godslasterlik wees is dit goed om as gelowige jou misnoeë te kenne te gee en dis waar jou aksie eindig. As mense Jesus beledig beledig hulle Hom direk en nie vir jou nie. Ons hang nie aan ons eie kruise nie. Jesus het aan ons almal se kruise gehang. Ek glo my Verlosser kan met al Sy mag en krag sy eie beledigings hanteer. Intussen moet ons as Sy heilige gemeenskap Sy liefde, genade en waarheid aan die wêreld openbaar soos Hy dit in die Bybel vir ons uitbeeld. Dis al wat ons hoef te doen, glo met jou hart en bely met jou mond. Gaan lees Matteus deur en sommer die ander drie evangelies ook.

Dries ·

Moenie die ALMAGTIGE GOD van hemel en aarde uittart nie , ek verwys graag na Eksodus
waar die Israeliete so bang was toe GOD op die berg teenwoordig was en Moses gesmeek het om namens hulle met GOD te praat. Gelukkig is dit nie net ons wat ongelukkig is, maar selfs die tradisionele leiers in die Oos-Kaap en die EFF het gedreig hulle sal die film nie duld nie, oor daar met Xhosa tradisies gespot word.

Se maar net ·

Jaco sover ek verstaan is dit engele wat die wolk van getuienis is, nie ons nie.

Danie Grobler ·

Vieslik, godslasterlik en baie beledigend teenoor God en sy kinders. Die antwoorde wat eendag gegee moet word, wil nie een van ons gee nie. Tekens vd tye! God laat Hom nie bespot nie.

Vissie ·

Baie maklik. Smoor hom dood deur eenvoudig nie daarna te gaan kyk nie. Net soos met TV-programme wat my nie aanstaan nie. Die afskakel-knoppie verg nie veel energie om te druk nie.

Anton ·

80% van die bevolking is Christene. Ek weet dat hierdie getal watookal die regte bedrag is regoor kultuur, kleur en status strek. As ons in Suid Afrika eendag gehoor gee aan God se Woord Jesus en eerste God se Wil doen dan sal als daarna volg! Dink maar hoe ons land dan sal werk!

jennefer ·

Ek kyk nie veel films nie, maar in die laaste 2 was daar gereeld die naam “Jesus” en OMG ge-uiter, dit in hoog aangeskrewe films. Jammer, dit sit my so af, ek sal maar glad nie meer kyk nie.

LB S ·

80% Suid-Afrikaners Christene? Gaan lees bietjie die kommentare op Netwerk24 dan sal julle agterkom hoeveel AFRIKANERS nie meer Christene is nie! Dit is skokkend, om die minste te sê.

Ben ·

Net soos LB S se, en dit is hoekom daar droogtes is, vuure in Knysna en Junk Status en wat Trump Se. Ons as Afrikaners moet bietjie vooraad neem van ons geloof. Daar is ‘n reukie. Ek se < 10% is Christene.

bgj van der westhuizen ·

as niemand dit gaan kyk nie maak hulle nie geld nie en dan sal dit ontrek maar soos ek mense ken sal hulle nou veral gaan kyk ek weet dat Xhosa mense glad nie hou van die prent nie en sal nie verbaas wees as dit oor gaan in geweld nie

Landi ·

Ek wonder of enige van die kommentators die fliek gesien het…

christa ·

Vra enigiemand op straat of hy ‘n Christen is en hulle antwoord “ja” Dis alleen iemand was Sy wil doen, Sy volgeling is wat ‘n Christen genoem kan word. Hoekom is die kerke so leeg as al die mense op straat Christene is. As jou ouers Christene is, maak dit nie jou outomaties ook ‘n Christen nie. Dis nie iets wat oor geerf word nie.

Anoniem ·

Daar sal n geween en gekners van tande wees. Abba Vader sal dit nie ongesiens laat verby gaan. Hy sal sy Toorn oor hul laat kom wat Hom beledig. Die ewige dood wag vir hulle wat Sy Naam oneer aandoen. Wees gewaarsku Suid Afrika julle is alreeds in ellende en as julle Die Almagtige Skepper God verontagsaam sal julle ellende net groter word. Gaaan op jul kniee en bid soos nog nooit tevore. Roep Yahweh se naam uit sodat jy redding mag kry want as jy nie wil dan sal die klippe van die aarde dit uitroep om eer aan Yahweh te gee. Helig julle en verootmoedig julle voor Yahweh

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.