Goedkoper brandstof in nuwe jaar

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste het die nuwe jaar met goeie nuus afgeskop nadat die departement van energie ʼn daling in brandstofpryse aangekondig het.

Diesel en petrol sal vanaf 6 Januarie goedkoper wees. Die prys van groothandeldiesel sal tussen 76c en 78c per liter daal, terwyl paraffien 63c per liter goedkoper sal wees. Die prys van 95-oktaan petrol sal met 3c per liter daal, maar 93-oktaan petrol se prys sal onveranderd bly. LP-gas styg met 45c per kilogram.

Volgens die departement kan die aanpassing van die brandstofprys toegeskryf word aan die rand se verswakking teenoor die Amerikaanse dollar, ten spyte daarvan dat die pryse van alle petroleum produkte gedaal het in die bepaalde tydperk.

“Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas aan die hand van internasionale en plaaslike faktore,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarel Strydom ·

Ek wonder….wie is verantwoordelik vir die swal rand teen Amerikaanse Dollar. Nie die verbruiker nie maar ons moet opdok.

Achim ·

Sasol bepaal nie die prys van brandstof, die regering van die dag bepaal die prys.

Frans ·

Kan iemand my inlig hoe presies Sasol sy brandstofpryse bepaal.

Johann Marx ·

Frans. Sover ek verstaan bepaal Sasol sy pryse aan die hand van internasionale market…en as die verbruiker daaroor wonder, dan is hulle houding….”Koop ons brandstof teen internasionale markprys, of ons verkoop dit aan iemand anders teen internasionale markprys!!” Sasol hou GEEN voordeel in vir die verbuiker nie, (nadat dit met ons belasting gebou is om brandstof uit steenkool te vervaardig (en die afval produk “diesel” is)…..maar hulle aandeelhouers maak wins. Baie wins. Ek boikot Sasol soveel as wat ek kan, en sal hulle net gebruik in ‘n ernstige noodgeval waar ek geen ander keuses het nie.

Paul ·

As jy dink Sasol se aandeelhouers maak so baie geld, hoekom koop jy nie Sasol se aandele nie? Dan sal jy ook mos baie geld maak. Enigiemand kan dit koop – dis juis nou lekker goedkoop.
Feitlik al die petrol en diesel wat in die binnelandse provinsies verkoop word, is van Sasol afkomstig. Ook dié wat by Shell en BP en Engen se vulstasies verkoop word.

Wat die geskiedenis van Sasol betref, het die maatskappy AL die belastinggeld wat daar ingegaan het, terugbetaal. Om nie eers te praat van die ekstra wat die staat vanaf dividende uit Sasol gekry het en die geld vir die verkoop van die maatskappy nie. Sasol het geen “skuld” aan verbruikers of belastingbetalers nie.

Ek sê weer, as jy dink Sasol maak so baie geld – word ‘n eienaar van Sasol. Dis aan enigiemand te koop op die aandelebeurs.

Ben ·

Ek beskou ‘n Diesel as ‘n gifspuwende plaasimplement, maar op my Petrol motor sal ek net R3.00 bespaar. Big deal! Die ANC-regering veroorsaak al die poef, maar ons as publiek moet die gevolge dra. Swak vertoning!

Berhalet Beukes ·

Deesdae se diesel voertuie is so gesofistikeerd… Ek moet bieg ek het ‘n diesel aangedrewe motor gekoop en het minder probleme en glimlag elke keer as die brandstof pryse verander.

Dee ·

Ek twyfel oor daardie ‘elke keer’ want ek het somtyds wanneer el gekyk het na die nuwe pryse, dgedink dat dit is waarvoor kragparafien entoeiste hulself ingelaat het.

Berhalet Beukes ·

Net om jou te akkommodeer Dee.. Ek glimlag elke keer as ek na die verskil in diesel petrol pryse kyk en die verskil in my uitgawes sien vandat ek ‘n diesel aangedrewe voertuig het? Oor die algemeen bly diesel laer as petrol en spaar ek nou heelwat.

Johann C Brits ·

Net een vragie – kan jou petrol kar vir jou 17.5 km/l gee teen 120km/u? Jy pomp ver meer gif in die lug as wat ek doen oor dieselfde afstand en spoed!

Johann Marx ·

En as Nhlanhla Nene nou nog in sy pos was……..was die daling amper 35sent per liter petrol, en meer as R1 per liter diesel…………..en wie’s die idioot wat ons geldeenheid so laat daal het? Die een wat nie vir sy eie brandstof betaal nie!!!

JC ·

Mmm – my gifspuwende plaasimplement (met dakliggie en aircon) gebruik minder brandstof as meeste motors. Mens moet in gedagte hou dat nuwe tegnologie ‘n reuse verskil maak teenoor die outydse Massey Ferguson en die tipe trekkers.
Dis jammer dat die rand so waardeloos is – as dit nie daarvoor was nie, sou Ben en die ander petrolgebruikers groot kon glimlag.

Blackie ·

Vergeet die petrol! Aliwal Noord het vir ‘n week al geen water nie en vra enige waterskenkings. Dit is ons almal se voorland, water en voedseltekort.

Berhalet Beukes ·

Jy is reg.. ons regering het nog nie die konsep van beplanning vir môre kon begryp nie.

Danie Putter ·

Ja maar jy moet onthou dit is die dom apartheidsregering wat sulke groot damme gebou het dat hulle nie kan vol kom nie.

Pieringoog ·

Die olieprys het teen Desember tot 38 doller per vat geval en Goldman Sachs voorspel ‘n verdere daling in die nuwe jaar, tot so 20 dollar per vat.

Pieter.v ·

Paul het jy miskien aandele in Sasol dat jy hulle so verdedig, in elk geval is dit nie so dat Sasol vir ons n prys voordeel moet in hou nie in olie produserende lande trek die publiek voordeel daar uit waar die betrokke regerings goedkoop brandstof voor sien,en dan is nie al die mense hier nie so be voorreg om aandele te kan koop nie.

Paul ·

Die mense het waarskynlik reeds Sasol-aandele, Pieter. Waarin dink jy belê hul pensioenfondse en ander fondse hul geld?
Weerlê eerder die feite as om net bespiegelings te maak.

Johann C Brits ·

Sasol het ‘n vervaardigings proses met arbeid koste etc wat nie skommel soos wat die oliemark pryse skommel nie! Op hierdie stadium trek hulle noustrop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.