Goeie én slegte nuus oor brandstofpryse

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring gesê die prys van petrol sal na verwagting in November effens daal hoewel dié van diesel en paraffien na verwagting nog verder sal styg.

Die AA het kommentaar gelewer op die vroeë berekeninge deur die Sentrale Energiefonds.

Volgens die AA het die wisselkoers begin Oktober swak presteer, maar sedertdien gestabiliseer.

Die AA verwag die petrolprys sal met sowat 16c per liter daal terwyl die prys vir diesel en paraffien albei met sowat 30c per liter sal styg.

Die organisasie sê hy het kennis geneem van die internasionale petroleumpryse wat beskeie afnames in die afgelope maand getoon het. Volgens die AA is dit rede tot optimisme.

As die rand sy huidige trajek van relatiewe stabiliteit volhou, kan dit volgens die AA goeie nuus wees vir verbruikers in terme van die brandstofpryse oor die Kersseisoen.

Die AA het wel gewaarsku dat verbruikers nie nou al die geskatte daling moet begin vier nie.

“2018 was een van die stormagtigste jare in die geskiedenis vir Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers en die ekonomie is steeds broos en ‘skrik’ maklik,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ryan ·

Dis maar hoe dit alyd is. Twee tree agtertoe ,maar ses vorentoe volgende keer.

Stuiwer ·

Die styging in dieselpryse affekteer die landbou. Die styging in paraffien, affekteer die armste van armes. Waarom kom die regering nie met oplossings nie?

wonder ·

Wat my bekommer ons betaal zoveel minder vir n barrel, maar die prise gaan net op?
Bou ons alweer n Inkandla vir die President. Iemand moet begin ondersoek instel??

Careltjie ·

Wonder, onthou daar het ‘n triljoen rand weggeraak in die Zuma era. Hul moet fondse insamel vir die ANC se verliese. Ironies, as diesel opgaan raak dit elke liewe persoon in SA. Dit gaan oor kosverskaffing, vervoer, ens. Dan styf parafien ook nog en die armstes in die land moet duurder vir kos ens. betaal. Daar is geen wen in hierdie situasie nie. Tragies.

Henk ·

Die petrolprys storie is n klug en maklike rooftog deur die anc om hulle verkiesing te finansier en geld vir n korrupte regering te verskaf. Ons het al by R12,00 n dollar gedraai en olie was $125 toe was ons petrol R11. Boonop kos dit goedkoper om diesel te vervaardig as petrol, tog styg diesel se pryse buitensporig. Weereens geld vir die korrupte regering. Trokke wat voedsel vervoer gebruik diesel. Dis hoer kospryse wat meer btw inkomste verseker wat die staatskas voller maak. Iemand moet zuma se gemors wat hy gelos het en die gigabas in die regering finansier.

Willie Pretorius ·

Kan hulle nie maar bradstof R 20 per lieter maak en hom daar los vir n jaar nie ?

Elna ·

Ek stem nie met jou saam nie. Ons betaal al reeds TE VEEL vir ALLES in hierdie land!! Petrol en diesel prysse moet tenminste met R9.00 DAAL en so gehou word vir ten minste 10 jaar sou ek se sodat almal n beter lewe kan he. Die cANCer regering voel minder as niks vir hulle landsburgers nie.

Elize ·

Watse inkomste het jy dat jy sommer R20-00 ‘n liter wil betaal. Ons gewone mense kan dit nie bekostig nie hoor. Dink bietjie boet

tamboti ·

Ek het dit al gesê die berekeninge is ń klug wat ons publiek verarm. Petrol, diesel, parafien en gas word van dieselfde ru-olie gemaak. Net ru-olie word ingevoer en daar het wissekoers ń invloed. Die res van die koste vsn vervaardiging is alles binnelands in R en kan jaarliks aangepad word. DIT IS SO VERSKRIKLIK EENVOUDIG! Ons is nou so lank al belieg dat almal dit nou al as waarheid aanvaar. Wys my die petrol en diesel wat ingevoer word!

Drikus Kotze ·

Watter rol speel SASOL dan? Was SASOL nie juis op die been gebring om juis vanuit ons eie bronne bekostegbare brandstof te vervaardig?

Zelda ·

En hoekom betaal Swaziland ’13 rand something’ maar hul kry dit van SA en ons betaal oor R17 hier

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.