Elf persone, waaronder ʼn miljoenêr sakeman, is in hegtenis geneem nadat die polisie gekaapte staal, petrol en vragmotors by ʼn fabriek in Leondale, Gauteng gevind het.
“Die polisie het ʼn wenk ontvang oor ʼn gekaapte vragmotor wat staal vervoer het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Die polisie het die staal gevind toe hulle by die fabriek opgedaag het.”
Die polisie het ook ʼn aantal vragmotors op die perseel aangetref en kon dit verbind aan vier saaknommers vir gesteelde vragmotors. Een van die vragmotors is in Welkom gekaap en die ander in Durban.
Makhubela het gesê daar is ook ʼn fasiliteit op die perseel om petrol te dreineer.
Tien van die persone het glo as bestuurders gewerk. Die sakeman besit ʼn sleepwa- en vervoermaatskappy wat goedere dwarsoor die land en in Afrika vervoer.
Die polisie is Sondagoggend steeds besig om die eienaarskap van die voertuie op die perseel behoorlik te verifieer en ʼn inventaris op te stel van die goedere.
Die verdagtes sal na verwagting binne 48 uur in die Palm Ridge-landdroshof in Alberton verskyn.
Skelm miljoener sakeman, sluit die gemors toe en gooi sleutel weg.
Ja wie is die varkkop? Hoekom is daar geen name by nie? mens wil weet sodat mense wat onwetend met hom sake doen onmiddellik stop!
Uitstekende werk mense! Gaan so voort en roei die elemente wat besig is om ons land se ekonomie lam te le uit. Hoop net die ondersoek gaan behoorlik gedoen word sodat hulle nie weer vry uit die hof stap nie
Se Asb wie die sake man is wie betrokke is in die trok roof
Hulle gaan seker almal hoe poste in die regering losslaan