Goeie nuus: AB de Villiers maak wéér geskiedenis

AB de Villiers. Foto: Cricket World Cup/Twitter

AB de Villiers. Foto: Cricket World Cup/Twitter

Die Protea-kaptein AB de Villiers het Vrydag Wêreldbeker-geskiedenis gemaak tydens die wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande deur die tweede vinnigste honderdtal nog aan te teken.

Die Proteas het ʼn yslike 408/5 aangeteken met De Villiers wat 162 lopies van net 66 balle gemoker het, waaronder 17 viere en agt sesse. De Villiers het sy honderdtal van 52 aflewerings aangeteken. De Villiers het tydens een van Jason Holder se boulbeurte ʼn allemintige 34 lopies gemoker.

Hashim Amla het 65 lopies aangeteken en Faf du Plessis 62 lopies voor hulle deur Chris Gayle kleedkamer toe gestuur is. Rilee Rossouw het 61 lopies aangeteken.

De Villiers het ook verlede maand tydens die Proteas se tweede eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande geskiedenis gemaak deur die vinnigste honderdtal nog in dié weergawe van die spel aan te teken. De Villiers het slegs 31 aflewerings nodig gehad om sy honderdtal aan te teken en het sy vyftigtal van 16 aflewerings aangeteken. Hy het 16 sesse en ses viere gemoker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.