Die Proteas het ʼn yslike 408/5 aangeteken met De Villiers wat 162 lopies van net 66 balle gemoker het, waaronder 17 viere en agt sesse. De Villiers het sy honderdtal van 52 aflewerings aangeteken. De Villiers het tydens een van Jason Holder se boulbeurte ʼn allemintige 34 lopies gemoker.
Hashim Amla het 65 lopies aangeteken en Faf du Plessis 62 lopies voor hulle deur Chris Gayle kleedkamer toe gestuur is. Rilee Rossouw het 61 lopies aangeteken.
De Villiers het ook verlede maand tydens die Proteas se tweede eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande geskiedenis gemaak deur die vinnigste honderdtal nog in dié weergawe van die spel aan te teken. De Villiers het slegs 31 aflewerings nodig gehad om sy honderdtal aan te teken en het sy vyftigtal van 16 aflewerings aangeteken. Hy het 16 sesse en ses viere gemoker.
Jou ou DORING!