[Goeie nuus] Blitsige Wayde van Niekerk is enig in sy soort

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk, 400 m-wêreldkampioen, is die eerste mens in die geskiedenis wat die 100 m vinniger as 10 sekondes, 200 m binne 20 sekondes en 400 m binne 44 sekondes kan hardloop.

Van Niekerk het sy persoonlike rekord vir Saterdag by die Vrystaat-kampioenskap in Bloemfontein verbeter.

Dié 23-jarige atleet het nog nie sedert sy junior dae deelgeneem aan ʼn 100 m-wedloop nie, so sy vorige persoonlike rekord van 10.45, wat hy in 2011 ook in Bloemfontein opgestel het, was gereed om hersien te word. Hy het byna almal, ook homself, Saterdag verstom met sy prestasie.

Van Niekerk het die 100 m binne 9.98 sekondes kafgedraf.

“Dis mal,” het hy later op Twitter geskryf. “Ek is regtig dankbaar vir hierdie oomblik en waardeer almal se ondersteuning.”

Van Niekerk is die tweede Suid-Afrikaanse atleet wat die afgelope week die 100 m binne 10 sekondes hardloop. Maroela Media het vroeër berig Akani Simbini het Dinsdag ʼn nasionale rekord van 9.96 in Pretoria opgestel.

Van Niekerk het verlede jaar ʼn Suid-Afrikaanse 200 m-rekord van 19.94 in Luzern opgestel, die Afrika-rekord in die 300 m verbeter met 31.63 in Birmingham en het by die Wêreldkampioenskap in Beijing die 400 m binne 43.48 sekondes voltooi.

Hy het vroeër vandeesweek in ʼn mediaonderhoud egter bevestig hy fokus egter net op die 400 m vir die Olimpiese Spele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarie ·

WOW!!! Geluk Wayne! EK hoop jy bring vir ons ‘n goue medalje vanaf die Olimpiese Spele! Ons hettie atlete; hulle kort nèt goeie afrigting…

Meisie ·

Wow! Well done Wayde. Ek is baie trots op jou. Alle voorspoed en sukses met jou atletiek loopbaan.

Elgeraine ·

Baie geluk Wayde, ek is seker n fantastiese toekoms wag op jou!

Elzaan ·

Hy is die vinnigste mens in die geskiedenis WAARVAN HULLE WEET. Hulle het my nog nie gesien as ek wakker word met n Haarskeerder spinnekop bo-op my nie…

Hettie ·

Baie geluk Wayde! Trots op jou en jy maak jou land baie trots!!!!

Eliza-beth ·

Dis absoluut uitstekend. Ek hou die man lankal dop, baie nederig en ordentlik ook nog! Mooi so Wayde, hoop jy, of iemand wat jy ken lees hier en wys dit vir jou!

EMK ·

Onthou Bolt se tyd 9.58 in Berlyn behaal in 2009. Die berig is ietwat verwarrend – Wayde is die enigste ou ter wêreld wat al daardie afstande kon hardloop in rekordtye, dis nie dat hy die vinnigste in 100m is nie, hy het almal al gehardloop in rekordtye! Party atlete het ‘n rekord in die aftsand, ander in daardie maar hy is enigste wat in al die afstande rekordtye hou

EMK ·

Wayde – steeds UITSTEKEND! Ek vat nisk van jou weg, jy is ons beste atleet, ek moe snet regstelling doen aangesien die bietjie verwarrend is in die berig. TROTS op jou. Goud kom in die Spele, versker

Elfie ·

Hoop die Spele is reg vir Wayde, Akani en Djobodwana se aanslag! Mooi ouens, trots op julle!

PAM ·

Sjoe!!! Jy stel nooit terleur nie. Jy so so ‘n pragtige jong man en dan nog baie talentvol ook. Ek het al ‘n paar van sy onderhoude gelees en gekyk, jy is regtig ‘n baie goeie voorbeeld vir so baie Suid Afrikaners. Wayde jy is tops

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.