Goeie nuus: Bloem-inwoners keer twee inbrekers aan

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes verskyn Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof nadat hulle verlede week deur inwoners aangekeer is, kort nadat hulle by ʼn huis in die Pellissier-woonbuurt ingebreek het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die Bloemfontein-polisie, het Donderdag gesê die verdagtes het op 4 Maart in die vroeë oggendure toegang tot die huis verkry deur ʼn deur oop te breek.

“Een van die verdagtes het by die deur gewaak terwyl sy medepligtige die huis ingegaan het en ʼn 18-jarige seun in ʼn slaapkamer oorrompel het,” het Marope gesê.

“Die verdagte het die seun beveel om nie te skreeu nie. Hy het hom na die kombuis vergesel waar hy kos uit die yskas gebuit en weggehardloop het.”

Die seun het sy ouers wakker gemaak toe die verdagtes gevlug het. Hulle het dadelik hul bure en buurtwag in kennis gestel. Die verdagtes is kort daarna in ʼn teenoorstaande straat deur inwoners aangekeer en aan die polisie oorhandig toe hulle by die toneel opgedaag het.

Die verdagtes is onderskeidelik 26 en 27 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Dis mos hoe dit gedoen word! As ons aanhou saamstaan en self die gemors aankeer, man dan gaan ons vooruit boer!

Catharina ·

Een slimkop skelm sadis daai gewees ….. ” Hy het hom na die kombuis vergesel waar hy kos uit die yskas gebuit en weggehardloop ” ….. shame, die arme sot was honger !

Stephne ·

As alle inbrake maar so was omdat hulle honger is sou ek elke aand n bord kos buite gelos het.

Rina van Vuuren ·

Buurtwag is noodsaaklik en mense moet luiheid laat staan en saamstaan en betrokke raak Hou vrede met al jou bure al ieriteer die Jong mens geraas jul. Mooi so jul buurtwag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.