Goeie nuus: Boer vol lof oor werker se goeie daad

Pule Lechoko en Dave Henderson. Foto: Verskaf

Pule Lechoko en Dave Henderson. Foto: Verskaf

ʼn Werker van die OVK-winkel op Fauresmith word wyd geloof vir sy goeie daad om ʼn plaaslike boer te help wat in die knyp was.

Dave Henderson, ʼn beesboer van die omgewing, het aan Maroela Media vertel hoe hy verlede week by die OVK-winkel aangedoen het om aankope te doen. “Ek doen meeste van my aankope in Bloemfontein en kom seker net so twee keer per maand by die winkel in Fauresmith, so ek ken nie die werknemers persoonlik nie. Ek groet almal egter altyd baie vriendelik wanneer ek daar kom en gee altyd ʼn fooitjie vir die ouens wat al die swaar goed vir my op my bakkie laai,” het hy gesê.

Hy vertel dat hy die betrokke dag sowat R1 000 se items by die winkel aangekoop het, maar toe hy by die kassiere kom, besef het dat hy sy beursie op sy plaas, wat 65 km daarvandaan is, vergeet het. “Ek het net gedink ek sou leë hande moes omdraai en die hele pad terugry plaas toe, toe Etienne Lötter, die tak-assistent, vir my kom sê dat Pule my graag sou wou help.”

Pule Lechoko, ʼn algemene werker by die winkel, het nadergestap en aangebied om Henderson se aankope te betaal. “Ek het eers geweier, maar hy het aangehou en gesê: ‘Oom, ek sal betaal anders het oom nou die hele pad verniet gery. Volgende keer maak oom weer met my reg’. Hy het ʼn ou verslete beursie uitgehaal en sy debietkaart te voorskyn gebring om vir die aankope te betaal.”

Henderson is die volgende dag terug OVK toe om sy skuld aan Lechoko te vereffen, maar hy het nie versuim om dadelik die OVK se hoofkantoor in kennis te stel van Lechoko se uitsonderlike gesindheid nie. “Ek het hom nie eers geken nie en hy het my maar net geken van so af en toe daar by die winkel sien. Sy gesindheid was net so uitsonderlik dat hy dadelik aangebied het om my te help,” het Henderson gesê.

“Mense besef nie watter groot rol vriendelikheid en hoflikheid teenoor ander speel nie. Ek sê altyd, niks in die wêreld is so sterk soos ʼn opregte jammer en ʼn vriendelike houding nie. Jy kan maar arm wees, maar as jou gesindheid reg is, is jy ryker as die meeste ander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Amanda Van Vuuren ·

3 Nov Mooi! daar is nog mense van alle rasse met n siel en n ontsettende prag hart!!

Lenie ·

Dis presies wat ons land nodig het. Mooi so Mnr. Pule Lechoko jy is n ware voorbeeld. Wonderlik om bietjie positiewe nuus te lees. Dalk is dit net die soort mense wat ons nodig het om ons harte te versag. Mnr Henderson ek haal my hoed vir jou af dat jy die moeite gedoen het om dit met ons te deel. Mag daar vir u en hierdie goedhartige mensie voorspoed vorentoe wees.

Pam ·

Wat ‘n pragtige gebaar van Pule. Hy moet seer sekerlik werker en medemens van die jaar gemaak word. Ons as mens is so geneig om ander pad te kyk as die persoon voor jou ‘n paar sent kort kom om hulle goedjies te betaal.

BoereBikerBaby ·

dis lekker om darm iets positief te lees. pas jou werker mooi op mens kry nie meer goeie mense nie. Well done!

Trudie Botha ·

Dankie aan Pule dat jy so mooi gebaar geopenbaar het. Dit behoort vir almal ‘n voorbeeld te wees. Moenie net die lelik sien nie, sien die mooi ook raak. En ek dink die belangrikste is dat mense die mooi ook vertel. Dan skyn almal se son weer. Pule: Jesus is trots op hou.

Philip ·

Dis ‘n wonderlike positiewe stukkie nuus! Ons mense is al so negatief en met reg ook want dinge ruk hand uit. Maar kyk wat doen hierdie jong man – bewys ons daar is hoop!!! As hierdie artikel maar net verder kan versprei en elkeen kan laat dink om ook net iets vir ons medemens te doen!

Jennifer ·

Behandel almal met respek en jy kry soveel meer terug. , nou is die tyd wat christelike liefde saak maak.

vermeende ·

“n mens veralgemeen maklik en met goeie reg. Die persepsie is mos daar buite dat alle swartes sleg is en moor want dit is van die kant af wat ons blankes die klappe kry.
Rus die onus nou op my om te gaan soek vir ‘n goeie ervaring met ‘n swarte sodat ek my persepsie kan verander of is dit die goeie swart man se werk om my te wys hy is nie wat ek dink nie.
Pule het dit gedoen, hy steek die hand uit en mense sal dit vat. Mooi gedaan.

Carolina ·

Watter pragtige gebaar van Pule. Mag ons almal n les daaruit leer. Pule dankie dat jy n pragtige voorbeeld vir ons almal is.

Peet Schabort ·

Ek lees die volgende op ‘n taxi: “A black man is always a suspect”.
Pule, jy het hierdie stelling behoorlik nekom gedraai.
Mooi so en seën vorentoe.

Jacoba ·

Lekker om goeie nuus te lees. Dink net as almal van ons so mooi gesindheid teenoor ons naaste openbaar. Mnr Lechoko doen so voort. Dankie dat jy dit met ons deel Mnr Henderson.

Winston ·

Is dit nou nie n lekker storie nie. Wens ek kon elke dag so iets lees. Wel gedaan Phule. Ek hoop iemand wys jou al die goeie kommentaar en hoe baie dit waardeer word.

fransie rowles ·

Ons kort so n president ,iemand met n hart van goud!!

wes kaap ·

Baie dankie Pule!!!! Dit was regtig baie gaaf van jou om jou medemens op so ‘n manier te kon gehelp het!!!! Ek hoop regtig jou werkgewer sien al die kommentaar wat oor jou gelewer word en dat jou pad vorentoe met baie voorspoed sal gesaai wees.

ria ·

Pule, dankie. Jy laat my dink en vanoggend het ek iets by jou geleer. God Bless

Annie ·

Wow…wat n wonderlike gebaar, hierdie land kort beslis meer mense soos Pule!!

Sollie ·

Hopelik wys sy base vir hom Maroela se berig en al die positiewe kommnetaar wat sy daad uitgelok het! Ek hoop mnr Henderson het darem ‘n ekstratjie bygesit vir die bankkoste en sommer net om ekstra dankie te sê! Die takbestuurder kan gerus ook leer by sy werknemer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.