Goeie nuus: Bothaville-gemeenskap fnuik plaasaanvallers

Van die boere wat deel was van die optrede. Foto's: Facebook

Van die boere wat deel was van die optrede. Foto: Facebook

Etlike minute nadat ʼn groep gewapende rowers Sondag ʼn egpaar op hul plaas naby Bothaville in die Vrystaat aangeval en beroof het, het hulle hul rieme styfgeloop toe meer as 100 boere van die omgewing en die polisie tot die egpaar se redding gekom het.

“Dié suksesverhaal kan grootliks toegeskryf word aan ʼn goeie kommunikasiestelsel en vinnige optrede en samewerking van die gemeenskap en owerhede,” het Johan du Plessis, Bothaville se landelike veiligheidskoördineerder, Maandag aan Maroela Media gesê.

Dit volg nadat ses aanvallers Sondag in hegtenis geneem is kort nadat hulle Gert (65) en Lulu (60) Malan van die plaas Kromvlei omtrent 13:00, ná kerk, by hul plaashuis oorval, met draad vasgebind en beroof het. Die aanvallers het vuurwapens, geld en juwele uit die kluis gesteel, voordat hulle met die egpaar se Ford Bantam-bakkie probeer vlug het.

Een van die verdagtes wat aangekeer is.

Een van die verdagtes wat aangekeer is.

Lulu kon daarin slaag om los te kom en het hulp ontbied, waarna die plaaswag se beheerkamer die veiligheidsplan geaktiveer het. Deel van dié plan is om noodgevalle oor die gebied se radiostelsel uit te saai, en om waarskuwings op die gemeenskap se Whatsapp-groep te deel.

“Die gemeenskap het dadelik opgetree kort nadat die aanval plaasgevind het. ʼn Boer, wat vermoedelik die Whatsapp-boodskap gesien het, was nog op pad na die toneel toe hulle die egpaar se bakkie waargeneem en voorgekeer het. Die verdagtes het uit die bakkie gespring en in die sonneblomlandery ingehardloop.”

Intussen is die omgewing afgesper terwyl die net al nouer om die verdagtes gespan het. Boere en verskeie polisie-eenhede, waaronder die taktiese reaksie-eenheid, honde-eenheid, spoorsnyers en ’n polisie-helikopter, het hul kragte saamgesnoer.

Die eerste drie verdagtes is binne ʼn uur ná die aanval aangekeer. “Twee verdagtes het hul klere uitgetrek om onder die grond weg te kruip. Net hulle gesigte het uitgesteek. Hulle is vasgetrek met die hulp van drie lugspuite waarop boere gestaan het om die landery te fynkam.” Die laaste verdagte is teen 16:00 vasgetrek.

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Al ses verdagtes is aangekeer sonder dat ’n enkele skoot afgevuur is.

Die polisie het beslag gelê op vyf vuurwapens, waaronder die wapens wat die rowers in die aanval gebruik het. Daar is ook op die gesteelde goedere beslag gelê.

Die verdagtes, Zimbabwiërs tussen 19 en 34 jaar oud, sal binnekort in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof en poging tot verkragting. Twee van die verdagtes woon in die Bothaville-area.

Die Malan-egpaar het gelukkig nie ernstige beserings tydens die aanval opgedoen nie, maar is erg getraumatiseer.

“Ons glo die optrede gaan die regte boodskap aan plaasaanvallers stuur. Hulle sal nie met hul gruweldade wegkom nie, want ons ʼn gemeenskap wat saamstaan en dadelik in ons massas optree,” het Du Plessis bygevoeg.

Lees die opvolgberig hier: Ses gevonnis jaar ná Bothaville-boere hulle vastrek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

pop ·

Eks baie bly dat die gemeenskap saamstaan. Maar nog steeds het die aanval reeds gebeur, en die 2 mense kon dood gewees het. Mense hoekom kry die gemors toegang tot julle wonings???Hulle sal net nou dubbel seker maak niemand kan alarm maak nie.

Elizabeth Bothma ·

Ja, ek stem. Volgende keer sal hul sorg dat daar geen oorlewendes is nie. Dis asof daar n opdrag uitgegaan het dat daar plaasmoorde gedoen moet word!

anet ·

Baie dankie aan die boere wat so vinnig gereageer het, en dat die Malan-egpaar die aanval oorleef het.
Ek is baie trots dat die Gemeenskap so uitreik na hulle medemens en die boere op die plase vir ons veilighou. Ek vertrou dat die Malan-egpaar berading sal ontvang na hulle erge traumatiese ondervinding.Die beskuldiges se gesigte moet aan almal gewys word, moontlik kan hulle erken word in verband met ander misdade.

Hulle hoort nie in ons land nie. Mr Zuma het die deure vir hulle oopgegooi en hulle ingenooi.

Tammy ·

Mooi so aan die boere van Bothaville, julle is almal helde!!!!!!Die ongelooflike spanwerk, sonder vrees is presies wat ons nodig het teen die misdadigers. Puik kommunikasie , baie baie dankie aan almal wat betrokke was by die aksie.

scalla ·

Knap gedaan boere, dink hul kan maak wat hulle wil in hierdie wettelose land.

anita ·

In die eerste plek, waar kry al die misdadigers wapens! En ja zuma sal die grense oopstel, vir ander lande, sodat hulle die vuil werk kom doen.dan lyk lyk suid afrika mos nie te skuldig aan roof, moord, verkragtings nie!,,,,

Esta Oehley ·

Liewe President,
Stuur asb. Die ander lande mense huis toe.

Rienie ·

Baie dankie boere, as ons moet kan ons, en verseker wys ons, ons gaan nie met ons laat mors nie. Liewe president stuur asb al hierdie buitelanders terug na hul land toe. Ons land was ‘n beter en veiliger plek sonder hulle. Hulle help nie die land bevorder nie, maar breek af en is net ‘n swaar las op ons belatingbetalers. Hulle was te sleg om ‘n verskil in hul eie land te maak, nou wil hul hier dieselfde doen.

zahn ·

Mooi so! Ongelukkig is julle net te veel, anders het ek jul elkeen ‘n Bell’s gegee. Dankie vir die strepie goeie nuus!

Gerhard Bezuidenhout ·

Welgedaan julle Bothaville boere. Ek hoop dat julle dit geniet het .Die ANC het die grense vir die drek oopgegooi en nou kom maak hulle hier wat hul wil. Intussen stap daar duisende van hul kleintjies hier rond vir wie daar elke maand papgeld geeis word.

Jan de Villiers ·

Baie geluk aan Bothaville se boeregemeenskap met jul flinke optrede. Ek voel egter net die opskrif vam die berig is verkeerd – as die aanvallers gefnuik was sou dit nie plaasgevind het nie. Die opskrif moet eerder lees- aanvallers gevang of aangekeer

Buggy ·

Dit is wonderlike nuus en ons is dankbaar dat die egpaar nie beseer is nie, alhoewel die reaksie puik was geld die spreekwoord wat sê – voorkoming is beter as genesing!

carel ·

lekerrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr sit hulle in pakkies en stuur hulle vir Magabe

Elize van Niekerk ·

Puik Boere en gemeenskap van Bothaville! Hoop ander sien wat kan gedoen word as ons saam staan! Almal moeg vir die partytjie in ons land!

Pierre Celliers ·

Pragtig gedoen Bothaville!!!
As daar een ding is wat hierdie terroriste nie weet hoe om te hanteer nie, is dit ‘teenstand”

Gwen ·

Vir wat vermom Maroela die gemors goed se gesigte? Laat ons sien hoe die drek van die aarde lyk!

Anton Smit ·

Ek is verheug oor die boere se sukses sterkte mense ek is net bekomerd dat ons wonderlike regsstelsel hulle weer gaan vry laat

Pierre Celliers ·

Bothaville se gemeenskap verdien ‘n ere toekenning van een of ander aard!

Petrus van Eeden ·

Knap gedaan, maar volgende week word die bandiete op borgtog vrygelaat! Die kans is ook goed dat van die boere aangekla kan word weens gebruik van oordadige geweld teen hierdie bloedjies!

carin pentz ·

Gee dank aan die Here ons bid vir hierdie goeie nuus!

Vanghulleenhanghulle ·

Jammer n mens kon hulle nie aan die naaste boom gehang het nie – stuur DAN DIE FOTOS die hele wereld in.

Lillian ·

Dis mos wat ek spanwerk noem! As ons almal ALTYD so kan saamwerk roei ons hierdie gemors in ons midde vinnig uit!

en ek wed hierdie lot het nie eens vir die oom op sy plaas gewerk nie, en hy ken hulle nie … klink baie soos my oupa se moord buite Wesselsbron jare gelede ….

Bokkie Palmer ·

Dit wys net as ons oom Paul se raad in die hele land kan na doen “Eendrag maak mag!” sal dit baie beter met ons gaan. Ons het alles tot ons beskikking. Almal het amper WhatsApp. Kyk maar net wat het gebeur in Egipte, die oorlog is gewen met cellfone. Ons kan dit nadoen. Wat se julle as on so ‘n groep kan stig en alle misdade kan aanmelt van ooral in ons land en ons saamstaan?

Jacomina Visagie ·

Dit is met ‘n warm hart wat ek die berig gelees het. MOOI SO! Ons kan ons self help en beskerm as ons so mooi saamstaan. Ek is trots op die mense van Bothaville in die Vrystaat, sjoe, kan ek nie maar ook daar kom bly nie. So ‘n optrede maak my trots om ook ‘n boer vrou te wees!!!

boeremeisie ·

Goeie dag

Ek bly self op ‘n plaas. Vandat die nuwe jaar begin het was daar’n hoop plaasvalle. Sondag net ‘n paar km van ons is boere van Bothaville aangeval. Gister (maandag) was daar weer ‘n plaasaanval in Viljoenskroon. Ons is nog ‘n jong boerepaar nadat al hierdie dinge gebeur het het ek my gevoelens op papier neergesit en die brief geskryf. Ek dis ‘n brief wat geld vir elke Suid-Afrikaner. Sal my laat weet of die brief gepubliseer sal word. My brief is aangeheg.

boeremeisie ·

Wat kan ek se as ‘n plaasaanval Sondag net ‘n paar km van ons gepleeg is. Gister(Maandag) was daar weer ‘n plaasaanval in Viljoenskroon niemand is beseer nie. Die boer was nie daar nie, maar sy kantoordame het deurgeloop. Darem nie seergekry nie. Jou kop draai en draai jy voel naar.Jy weet nie moet jy lag oor die belaglikheid vd situasie of huil nie. Wat deur my kop gaan is hoekom, hoekom, hoekom!!??. Ons is nog jong boere. Op Universiteit het ons gehoor ons is te wit om beurse te kry, in die werksplek kry jy nie werk of word net nie bevorder nie want jy was mos gebore in apartheid en mamme en pappe het genoeg gebaat by apartheid. Dan moet ek nog aanhoor al die nuwe belydenisse wat ek in my kerk moet aanvaar. Hoe laat dit my voel? Ek HAAT ek is kwaad en ek braak gal en eks depressed oor alles in die land. Na al hierdie slegte goed wat in ons land met alle ouderdomsgroepe gebeur maak dit jou opstandig en kwaad en ‘n hele rits emosies volg. Soos wat ek nog altyd doen wend ek my na God. Hy kom en verander al daai haat,kwaad,opstandigheid en frustrasie en gee my ‘n uitklophou. Hy verander my hart dat ek met ander oe na hierdie probleme kan kyk. Hy se vir my die mense wat julle beskou as julle vyande ek het hulle ook lief! Dis mense wat verskriklik verlore is en ver van my lewe. Ekt so by myself gedink ons is nou al ‘n paar eeue in die land. Het ons regtig vreeslike moeite gedoen om die swart mense v.d land na God te lei? God het ons vir ‘n rede na die Suid-punt van Afrika gestuur. Maar deur die verloop van tyd het ons blank en swart mense toegelaat dat haat so groot skeiding tussen ons bring dat ons die swart mense nie na God kon lei nie. Wat het Saulus gedoen voordat hy Paulus geword het. Hy het hope Christene vermoor en haat het hom gedryf. Toe kom God en verander hom en hy het baie Christene na God gelei. Ek weet in baie plaasaanvalle getuig die slagoffers van die vreeslike haat in die aanvallers se oe. Ek weet nie wie agter die beplanning en uitvoer van die plaasaanvalle sit nie. Ek weet dat dit wel baie baie bose mense is wat deur die boosheid beheer en regeer en gelei word. Ons moenie plaasaanvalle sien as net ‘n aanval op blankes nie. Nee dis ‘n aanval op Christene deur die boosheid self. Ons is redelik nog ‘n gelowige klomp mense en daar is boosheid daar buite wat die laaste bietjie van God se kinders wil verwyder. Dit gebeur nie net in ons land nie dit gebeur met Christene regoor die wereld. Die ontberinge wat ons broers en susters moet deurgaan in ander wereld dele is baie erger as hier. Elke aand voordat ons gaan slaap pleit ek die bloed van Jesus oor ons vir beskerming vd aand en dag op die plaas. Ek vra God dat Hy Sy weermag engele sal stuur om oor ons te waak en ook oor elke boer en sy gesin. Hou op gal braak en negatief wees oor die mense wat die boere aanval of enige swart op wit aanval in die land.BID BID BID BID.God was en is en sal altyd op die troon wees en HY is in beheer. Al lyk dinge en die situasie in die land hoe donker moenie ophou bid nie. Bid dat die mense wat hierdie plaasaanvalle beplan van hul bose planne sal afsien. Bid dat God die harte van swart mense in die land sal verander en dat hulle in hul duisende tot bekering sal kom. Bid dat elke boer daagliks Hemelse beskerming sal ontvang. Bid dat God ons as ‘n nasie sal genees en dat ons mekaar kan vergewe sodat ons broers en susters in geloof kan wees.Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.