Goeie nuus: Brandstofpryse daal skerp

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse volgende week met meer as R1 per liter gaan daal.

Die prys van 93-oktaan petrol sal Woensdag met R1,27 per liter daal terwyl die prys van 95-oktaan-petrol met R1,23 sal daal. Die prys van diesel sal met tussen R1,04 en R1,05 daal.

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het verlede maand voorspel dat daar in Januarie ʼn rekord-daling in brandstofpryse sal wees weens internasionale oliepryse wat skerp gedaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

Brandstof Pryse daal maar Taxi en Openbare vervoer se pryse bly dieselfde. Ek is bevrees as die petrol prys nou weer sou opgaan, gaan die end verbruiker net weer gekasty word met nog hoër pryse!!!

John Smith ·

Eers ñ bietjie sagmaak, twee verlagings op ñ ry, ter voorbereiding vir die volgende vuishou in die maag. Opec is besig met ñ verskuilde agenda. Die daling in die rand waarde teenoor die ander geldeenhede is net nie gerusstellend nie. Iewers is daar ñ baie groot verrassing oppad.

GIDEON NEL ·

Beste nuus ooit vir 2015. Dit sal ons Transporters baie help met die swak ekonomie wat ons tans so afknou. Hoop maar dit sal Februarie dieselfde wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.