Goeie nuus: Egpaar ontslaan ná aanval

Lourie en Celia van der Merwe stap uit die hospitaal uit. Foto: Verskaf

Lourie en Celia van der Merwe stap uit die hospitaal uit. Foto: Verskaf

Lourie van der Merwe (60), ʼn landbouraadgewer en voormalige pastoor, en sy vrou, Celia (60), is Vrydag ontslaan nadat hulle ʼn week lank saam in ʼn Bloemfonteinse hospitaal behandel moes word nadat hulle wreed in hul huis oorval en verskeie keer met die dood gedreig is.

“My pa en ma is ontslaan. Dankie, Jesus, dat hulle hier kan uitstap,” het hul dankbare dogter Ilse Botha (35) gesê.

Sy en haar suster, Amanda Hedges (31), het almal bedank wat hul gesin die afgelope tyd bygestaan en vir hulle gebid het. “Die personeel by Rosepark-hospitaal het hierdie twee ouers van ons op hulle hande gedra. Dankie daarvoor.”

Maroela Media het Maandag berig die geliefde egpaar van die plattelandse dorpie Marquard in die Vrystaat is verlede Saterdagaand deur ʼn onbekende man in hul huis oorval toe hulle geslaap het.

Hulle is vir langer as ʼn uur aangehou en aangerand. Die aanvaller het in ʼn stadium brandstof en chemikalieë oor Lourie gegooi en wou hom aan die brand steek. Die vuurhoutjies wat hy by hom gehad het, wou egter nie vlamvat nie aangesien dit natgereën het.

Die aanvaller het uiteindelik met R250 en ʼn selfoon gevlug toe Celia in ʼn stadium uit sy kloue kon wegkom om hulp te ontbied. (Lees die volledige berig hier.)

Botha het gesê die polisie het Donderdag haar ouers se verklaring kom afneem nadat hulle sterk genoeg was ná albei vandeesweek operasies moes ondergaan. Die polisie se ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons weet dis in die Here se hande. Albei lyk baie goed en is mooi sterk. Bid nog vir hulle, veral vir die tyd wat hulle weer huis toe moet gaan. Dankie nog steeds vir die aanhoudende gebede en liefde,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boland ·

Die oom en tannie was van die gelukkiges.Baie bly julle kan huis toe gaan.Kan iemand statistiek verskaf van die % van die aanvallers in plaasaanvalle wat wel vervolg word.

Christa ·

Kan die selfoondiensverskaffer nie dmv die sein die skurk opspoor nie?

Estelle ·

Dankie Heer dat hierdie egpaar albei beter is en terug is by die huis. Aangesien die aanvaller nog nie in hegtenis geneem is nie hoop ek dat daar iemand sal wees om na hul om te sien by hul huis. Sterkte aan u albei.

Werner ·

En statistiek van die plaasaanvalle en moorde (2017) Dit is vir my of dit meer, erger en intenser is in die ooreenstemmende tydperk in vorige jare?

Estelle ·

Ek stem saam met jou Werner, Die aanvalle en moorde het beslis meer geword.

LMF ·

Soooooo bly jul het n gelukkige einde n voorstel is daar nie erens nog n rooky (nie seker van spelling nie) los nie wat ons plase kan besoek en ons mense leer om traps te stel vir die gemors wat so oortree op n mens se grond kom afriforum ek is seker jul weet van so iemand

Karin E Nel ·

Só dankbaar dat die mense se lewens gespaar is. Ons dien inderdaad n Lewendige God! Mag jul liggaamlik en geestelik spoedig herstel en tenvolle genees. Amen.

Nico ·

Ek kan nie dink al die plaas aanvalle is “random” nie. Dit word oor die hele suid afrika gedoen. Hierdie is meer georganiseerd as wat ons besef. Hulle moet iewers gesê word wat en wanneer om aan te val. Hulle moet iewers inligting kry of bevel kry.

E ·

Sterkte oom en tannie.
Is daar enigiemand wat kan uitwys of aanvalle op blankes op ander media huise genoem word?

Steve Stephansen ·

Nog beter nuus sal wees as die boere die vuilgoed kan vang….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.