Goeie nuus: Emosionele reünie vir snuffelhond en sy nuwe SA eienaar [video]

Sheldon en Django in Afganistan. Foto: Facebook

Sheldon en Django in Afganistan. Foto: Facebook

Django, ʼn snuffelhond wat plofstof in Afganistan uitgeruik het, het die afgelope drie dae elke tien minute sy tennisbal opgetel, sy eienaar, Sheldon Holland, wakker gemaak en daarop aangedring dat hulle speel.

Holland doen dit egter met vreugde aangesien dit hom 21 maande gevat het om die sewejarige Duitse herdershond van Afganistan na Suid-Afrika te bring. Holland en Django het in Afganistan ontmoet toe Holland, wat van Pietermaritzburg afkomstig is, vir die Amerikaanse weermag in Kandahar, Afganistan, gewerk het.

Holland en Django was van die eerste oomblik af beste vriende. Holland moes egter in November 2011 terugkeer Suid-Afrika toe, kort voordat Amerikaanse troepe uit Afganistan begin onttrek het. Hy was bekommerd oor sy nuwe viervoetige vriend en het met ʼn proses begin om Django aan te neem en na Suid-Afrika te bring.

Holland en Django is Vrydag uiteindelik herenig. “Dit was ʼn emosionele paar dae. Hy volg my en laat my nie uit sy sig nie; miskien dink hy hy sal weer agtergelaat word,” het Holland gesê. Maar die twee is weer beste vriende soos destyds in die Midde-Ooste.

Ná die vyf en ʼn half uur lange rit van Johannesburg af na sy nuwe huis in KwaZulu-Natal, was die eerste stop ʼn strand aan die suidkus. “Ek het hom belowe ek sal hom strand toe vat. Hy het op die strand gehardloop en sedertdien ontspan ons net by die huis.”

Django wil egter nie net stilsit nie. “Elke tien minute, selfs al slaap ek, het hy die tennisbal en dan gee hy my ʼn stampie. Ek dink dit is wat hy van my onthou, dat ek met hom gespeel het.”

Maar dit pla Holland glad nie. “Hy was altyd so, hy wou altyd speel. Ek onthou toe ek saam met hom was en hy is presies dieselfde. Ek is mal daaroor.” – The Times

https://youtu.be/XJbSpmigYYE

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

PIXIE ·

Sheldon jy is ‘n ster. Ek wens daar was meer mense soos jy. Baie bly vir jou part dat jy en jou viervoetige maatjie bymekaar is. Dankie vir jou geduld om elke tien minute die bal te gooi dit is wonderlik. Ek het 16 wegooi hondekinders en uit ondervinding kan ek jou meedeel dat HULLE beter is as mense. Drukkie vir Django.

Linda ·

Pixie ek stem saam met jou en ek is net so bly hy het hom ‘n tweede kans gegee glo hulle gaan nog jare saam wees!!!

susan ·

Ek se altyd. Hoe meer ek met mense te doen het hoe liewer word ek vir diere…

anet ·

Sheldon. Django is so ‘n pragtige hondkinders, ek is so bly oor die wonderlike nuus dat julle twee nou bymekaar is. Saam gaan julle nog baie goue ure saam deurbring en geesgenote wees.
Django sal wel weer rustig word. Ek dink hy is net baie opgewonde om weer by jou te wees.

Hou ons op hoogte hoe dit met julle gaan vorentoe

Louw ·

Ek stem saam, diere gee liefde onvoorwaardelik, is elke dag bly om jou te sien en vra net bietjie aandag.

Frans ·

Wonderlike gebaar,is hy afgetree of gaan hy nog werk. Om die lesers reg te help; AMK9 is nie ‘n Mags nommer nie, maar is wel ‘n Amerikaanse maatskappy onder Amerikaanse weermag kontrak om Springstof opsporings te doen met honde in plekke soos Irak en Afganistan. Op toegangs kontrole punte moet hulle voertuie deursoek vir springstof en wapens, baie gevaarlike werk vir al waar ‘n mens met selfmoord bommers te doen kry juis in plekke soos Afganistan. Vele Suid Afrikaners werk vir AMK9 en ander maatskappye wat wereld
wyd die tipe diens lewer.

Frans ·

Wonderlike gebaar,is hy afgetree of gaan hy nog werk. Om die lesers reg te help; AMK9 is nie ‘n Mags nommer nie, maar is wel ‘n Amerikaanse maatskappy onder Amerikaanse weermag kontrak om Springstof opsporings te doen met honde in 6plekke soos Irak en Afganistan. Op toegangs kontrole punte moet hulle voertuie deursoek vir springstof en wapens, baie gevaarlike werk vir al waar ‘n mens met selfmoord bommers te doen kry juis in plekke soos Afganistan. Vele Suid Afrikaners werk vir AMK9 en ander maatskappye wat wereld
wyd die tipe diens lewer.

h ·

Sjoe, dis moeilik om die trane te keer. Jy is n great mens Sheldon……wens daar was meer van julle op aarde. Dankie.

pop ·

En dan se hulle diere vergeet. Hier is n voorbeeld, hulle vergeet jou nooit.

Theresa ·

Awesome, awesome, awesome!!! Sheldon jy is ‘n man so uit die boeke. Dis mos hoe dinge moet rol! Great!!! Geniet die lewe saam!!

Leeutjie ·

Ek het lanklaas so breed geglimlag met ‘n artikel. Wat ‘n roerende oomblik!!!

Cheryl Cronje ·

What an awesome story. Sheldon you are a man in a million.You have kept a promise, and that to your dog ! People don’t have that kind of commitment to their fellow humans. Django may you and Sheldon share many many happy years together.

neelsie ·

Beste “goeie nuus” in lang tyd.
Het ook so n maatjie, altyd vriendelik , lojaal, lewenslustig, voel altyd veilig saam met hom.
Gee die beste vir jou diere- hulle sal hul lewens gee vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.