Goeie nuus: Fietse aan kinders wat ver stap skool toe

Argieffoto (Foto: Republica, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Republica, Pixabay)

Die departement van vervoer in die Oos-Kaap gaan altesaam 100 fietse aan skoliere skenk wat daagliks meer as 3 km ver moet skool toe stap.

“Sindisiwe Chikunga, adjunkminister van vervoer, en Weziwe Tikana, LUR vir vervoer en veiligheid, gaan die fietse aan die skoliere van Nobangile Senior Secondary School skenk as deel van die Shova Kalula-program,” het Sam Monareng, woordvoerder van die departement, gesê.

Die burgemeester en plaaslike regeringsbeamptes sal ook Maandag die oorhandiging bywoon.

Die Shova Kalula-fietsprogram is daarop gemik om ʼn vervoerstelsel vir leerlinge in plek te stel wat daagliks meer as 3 km skool toe moet loop en nie aan beleidsvereistes vir skoolvervoer voldoen nie. Die program is al in 2005 ingestel en fokus op skoliere wat veral op die platteland lang afstande moet aflê skool toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Goeie idee maar ooo, die papbande! My pa het met ‘n stuk tuinslang die band vervang en ons was toe beide gelukkig. Maar dit was jare gelede in apartheid se tyd en ek glo nie dit mag vandag gedoen word.

Lindie Lourens ·

Hierdie hele aksie is so goed bedoel en daar word soveel bestee om die kinders te help om by die skole uit te kom, maar ongelukkig word dit dikwels misbruik. Ons skool se kinders wou nie by die padreëls hou nie, het nie hulle helmets en geel glimbande gedra nie en heen en weer oor die pad geslinger,het sommer deur die bosse gery, deur dongas en oor klippe resies gejaag en die fietse as rammelkaste gelos. Dit was vir ons opvoeders ‘n groter pyn as plesier en praat het nie gehelp nie. Nou het niemand meer fietse nie. Dis so jammer!

Nina ·

Ons kinders stap ook. Maar fietse word nie aan hulle geskenk…..swak. Dis immers ONS taksgeld. Hoe pateties!

snip ·

Gee hulle fietse….môre pronk hulle almal by pandjieswinkels.

Eliza-beth ·

Snip – daar is jy nogals verkeerd hoor. Vir swart mense is en was ‘n fiets nog altyd ‘n skat en ampers ‘n status simbool. Ek het meer as 4km elke dag gestap – daar was goedkoop busse maar ek het eerder gestap. Rowwe kinders in die busse sou mekaar stamp en stoot en hul tasse se gespes het dan telkemale mens se swart lang kouse geleer en het ma dit gestop – daar was nie ‘n manier wat sy aanhou nuwe langkouse sou koop nie. Ons was glad nie ryk en oral moes bespaar word. Ek kon naderhand nie die hope stopsels hanteer so het het liewer gestap as om sulke aanhoudende stopsels te moet hê en dus my kouse “gespaar”. En glo my die Vrystaat is YSIG in die winteroggende. Maar wat dit het my fiks en gesond gehou en dit was eintlik my keuse, so dit het my nie doodgemaak nie.

Jannaman ·

Gee hulle fietse, maar as die buite bande klaar is, word dit skroot, want daar is nie geld vir ander bande nie. So het die SAP ook fietse uitgedeel, en almal in my kontrei wat dit ontvang het, se fietse le op skroothope!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.