Die beplande staking deur Gautrain-treinbestuurders is gekanselleer, het die Bombela Concession Company Sondag gesê.
“Ons is dankbaar om te bevestig dat ʼn ooreenkoms in die loononderhandelinge bereik is,” het Errol Braithwaite, bedryfshoof, in ʼn verklaring gesê. “Die stakingskennisgewing is onttrek en alle Gautrain-dienste sal soos normaal voortgaan.”
Treindrywers en personeel wat aan die United Transport and Allied Trade Union (Utata) behoort, sou Maandag begin staak het.
Wonder vir hoe lank. Net n kwessie van tyd, dan gaan daar vuurwerke wees………….