Goeie nuus: Gemeenskap help verdagtes vastrek ná plaasaanval

'n Foto van die toneel waar die verdagtes in hegtenis geneem is. Foto: Vrede Rekord/Memel Rekord

‘n Foto van die toneel waar die verdagtes in hegtenis geneem is. Foto: Vrede Rekord/Memel Rekord

Vier mans is in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar in hul plaashuis buite Memel in die Vrystaat vasgebind en beroof is.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê Jacob en Bessie Maritz het omstreeks 11:30 Sondag op hul plaas aangekom nadat hulle by die kerk was. Vier gewapende mans het die egpaar ingewag.

Die verdagtes het hulle vasgebind voordat hulle met vuurwapens, juweliersware en ʼn skootrekenaar in die egpaar se Toyota Hilux-bakkie gevlug het. Die Maritz-egpaar kon daarin slaag om hulself te bevry en hulp te ontbied. Hulle is ongedeerd.

Volgens Kareli het die boere in die omgewing en die polisie die verdagtes agternagesit. Die verdagtes het naby die R34 stilgehou en een van hulle het glo te voet gevlug. Die ander drie verdagtes het intussen saam met nog ʼn ander verdagte in ʼn Toyota Yaris gevlug wat glo vir hulle gewag het. Polisiebeamptes het op die verdagtes geskiet en een verdagte is in die been getref. Die ander drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Kareli het gesê al vier verdagtes, tussen 24 en 61 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn. Hy het gesê van die gesteelde goedere is teruggevind. Die polisie soek intussen na ‘n vyfde verdagte.

vir nog foto’s besoek gerus Vrede Rekord se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Mooi man, een verdagte 61 jaar oud, hy gaan darem ‘n dak bo sy kop he op sy oudag !

scalla ·

Baie goeie werk aan die boere en die polisie, dink hulle kan maak wat hulle wil, kan daar nie met dieselfde geweld teen hulle opgetree word soos wat hulle gedoen het nie. klomp barbare

Piet Pompies ·

Ons voortbestaan is ons eie behoud! Terloop, dit is ‘n Toyota Auris, nie ‘n Yaris.

Uys ·

Daar was 6 wat eers Jacob oorrompel het en paar min later Bessie toe sy by die plaas opdaag. Hulle was in 2 motors kerk toe. Gesteelde vuureapens en amo, laptop cell foon ens is by die vier verdagtes gekry wat ini dorp voorgekeer is. Die ander 2 is fort met juwele wat nog soek is.

Theresa ·

Eintlik kort almal ‘n grondkombers Neptunus. Sulke goed het ons nie hier by ons nodig nie. Heeltemal oorbodig.

Christine ·

Dit “like” ek om te hoor!!! Di gemors! Sommer n kas Bells vir al daai manne!!!

Peet Schabort ·

Kyk die manne op die foto se vasberade lyftaal. Veels geluk. Verkeersknoop in Memel !!

knersus d ·

DIt is nie “Goeie Nuus” nie… as die opskrif gelees het “Gemeenskap skiet aanvallers dood ná plaasaanval” sou dit goeie nuus gewees het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.