Goeie nuus: Graffie het ʼn huis gekry

Graffie.

Graffie.

Graffie, die rondloperbrak wie se werpsel kleintjies uit ʼn vervalle graf in Standerton gered is, het ʼn huis gekry nadat Maroela Media oor die reddingspoging berig het.

Maroela Media het Donderdag berig Elsie Foley, ʼn diereliefhebber van die dorp, het Dinsdag self moue opgerol om Graffie se kroos te red nadat sy haar werpsel in ʼn ingevalde graf in die dorp se Boere-oorlog-begraafplaas gekry het.

Twee barmhartige samaritane, Aria Smith en Marie Geyser, wat in die Kosmos-aftreeoord (geleë langs die ou begraafplaas) woon, het die swart worshond-en-dobermann-kruising in die begraafplaas begin waarneem en die verwilderde hond deur die heining gevoer. Hulle het agtergekom sy het kleintjies gehad.

Smith en Geyser het vandeesweek begin bekommerd raak toe hulle die babahondjies, wat nou sowat ses weke oud is, in die aande hoor tjank en besef het hulle gaan binnekort begin rondloop. Hulle was bevrees dat die honde wild grootgemaak gaan word as hulle nie meer aan hul ma drink nie, ʼn oorlas vir die inwoners in die omgewing gaan raak en dan leed aangedoen word.

Hulle het Foley genader om hulp en ná ʼn twee uur lange reddingspoging is al vier spekvet kleintjies uit die graf gered. Die hondjies het reeds huise gekry en Foley het ʼn liefdevolle huis vir Graffie gesoek.

“ʼn Vrou het Graffie se storie op Maroela Media gelees en daarna met my in verbinding getree. Sy het vertel dat haar ma en pa in Johannesburg woon en ʼn nuwe hond soek omdat hul staffordshire-terriër onlangs glo weens ouderdom dood is,” het Foley Vrydag gesê.

Sy het gesê sy het met die nuwe eienaars oor die telefoon gesels en is vol vertroue dat hulle vir Graffie ʼn liefdevolle huis sal gee. “Die nuwe eienaars gaan Saterdag vir Graffie in Standerton kom haal. Sy het in die paar dae diep in my hart geklim en hier waar ek sit, loop die trane. Ek weet egter sy gaan gelukkig wees daar in Johannesburg en die liefde en aandag kry wat sy verdien.”

Smith en Geyser, in wie se hart Graffie ook vinnig gekruip het, het aan Foley gesê hulle sal haar mis, maar is ook bly dat sy ʼn liefdevolle huis gekry het.

Maroela Media sal die gelukkige verhaal binnekort opvolg om te hoor hoe dit met Graffie by haar nuwe huis gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rikku ·

Nou loop my trane ook. Ek het gister die berig oor Graffie gelees en gebid dat sy gou nuwe “Ouers” moet kry wat haar onvoorwaardelike liefde sal betoon.
Dankie vir mense soos julle wat ook omgee vir Diere.
Mag God julle ryklik seen.

EMK ·

Kyk daardie wakker gesiggie – sy gaan haar nuwe base sommer goed oppas! Dankie aan liefdevollle omgee-mense!

Elaine ·

Ag sy is te oulik bly sy het ‘n gelukkige einde maak my ook skoon hartseer en bly in een sin.

anet ·

Ag ek is so bly dat Graffie ‘n wonderlike huis gekry het. Sy is so pragtige oulike hondjie. Dankie
aan die mense wat hulle harte oopgemaak het om ‘n nuwe tuiste vir haar te kry.
Graffie jy gaan na ‘n nuwe huis wat vir jou al die liefde gaan gee. Kyk baie mooi na jou nuwe aanneem ouers.
Dankie Maroele dat julle hierdie mooi storie met ons gedeel het.

Marietjie ·

Dankie Maroela vir die goeie nuus. Baie dankbaar sy gaan nou ‘n liefdevolle huis van haar eie hê. Laat steriliseer haar tog net asseblief om verdere glipsies te voorkom.

Magda Blom ·

So ‘n mooi storie om te vertel! Kyk Gaffie se pragtige helder ogies, kyk asb mooi na haar. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.