Goeie nuus: Groot eer vir Johnny Clegg

Johnny Clegg Foto: Johnny Clegg Facebook via Real Concerts

Johnny Clegg Foto: Johnny Clegg Facebook via Real Concerts

Koningin Elizabeth II het die Orde van die Britse Ryk aan die Suid-Afrikaanse musikant Johnny Clegg toegeken.

Clegg (62) ontvang dié erkenning vir sy aktivisme teen apartheid en sy liefdadigheidswerk.

“Dit is ʼn geweldige oomblik vir my om hierdie eer en erkenning te ontvang,” het Clegg in ʼn verklaring gesê. “Dit was ʼn lang reis van meer as 30 jaar vandat ek vir die eerste keer met ʼn mengsel van Suid-Afrikaanse musiek begin het, en om ʼn kulturele aktivis in die struggle teen apartheid begin het.”

Clegg het bygevoeg sy musiek is verbied of beperk op nasionale radio en die veiligheidspolisie het talle vertonings stopgesit.

Hy het gesê die toekenning gee nuwe energie aan die drome en toewyding tot liefdadigheidswerk soos die veldtog teen diensplig en die bevryding van kinders in aanhouding.

Clegg, ook bekend as “die wit Zoeloe”, is naby Rochdale in Engeland gebore en het in Zimbabwe grootgeword voordat sy gesin na Suid-Afrika verhuis het toe hy 11 jaar oud was. Clegg is veral bekend vir sy musiekgroepe Juluka en Savuka, ʼn kruisbestuiwing van Suid-Afrikaanse musiek.

Die Orde van die Britse Ryk word toegeken aan ʼn individu vir ʼn noemenswaardige bydrae aan die gemeenskap as ʼn nasionale ridderorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Winston ·

Baie geluk met jou toekenning Johnny!!. Ek luister ook graag na van jou musiek. Ek wonder net of jy in Zim ook dieselfde hoogte sou bereik as in SA met sy apartheid? Goeie skuif gewees

Pietertjie ·

Ek wonder hoekom het sy gesin vanaf Rhodesië na Suid Afrika verhuis?

Bart ·

Waarom het is my kommentaar van Saterdag nie geplaas nie? Is Maroela dan ook deel van die NWO?

Karen ·

Lyk my Maroela plaas net MOOI BROODJIES in soverre dit die Koningin aangaan?!!!??!!!

Wat het geword van my plasings????

Hennie ·

Sover ek weet is dit onwettig vir enige Suid-Afrikaanse burger om enige tipe toekenning of titel van die Britse regering te ontvang. Is Johnny Clegg dan ‘n Britse burger?

Hennie ·

Nou net op RSG gehoor, hy is ‘n Britse burger. Dus die kwien erken net haar burgers se dade, of is dit miskien misdade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.