Goeie nuus: ‘Gryp-en-spaander-dief’ deur motoriste vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende gryp-en-spaander-dief is deur twee motoriste en die bestuurder van ʼn insleepvoertuig vasgetrek nadat hy ʼn vrou se handsak gegryp en weggehardloop het.

Kapt. Joe Sepato, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n vrou het Donderdagmiddag in haar motor by ʼn verkeerslig in Silverton, Pretoria, gesit toe ʼn man haar voorste linkerpassasiersruit uitgeslaan en haar handsak gegryp het. Die vrou het haar handsak teruggegryp, maar die man kon daarin slaag om dit af te neem waarna hy in die N4 se rigting gehardloop het.

Volgens Sepato het twee mans in die motor agter die vrou gesien wat gebeur het en agter die man begin aanhardloop. Hulle het die 24-jarige verdagte gegryp waarna hy ʼn mes uitgeruk en hulle daarmee probeer steek het. Die verdagte het weer weggehardloop. Die bestuurder van ʼn insleepvoertuig het die ander twee mans te hulp gesnel en hulle kon daarin slaag om die verdagte weer vas te trek.

Die polisie is ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dave ·

…selfs Elf uit Tien! Pragtig gedoen!!! Nou moet die dief wat Nkandla gesteel het ook vasgetrek word want hy hardloop op steeds.

Ella ·

I LOVE THIS!!! Ons moet aanhou terugbaklei!!! Julle helpers is die beste!!!

LADYBUG ·

Sien, as ons so begin saamstaan, gaan die misdadigers swaar kry!

Delia ·

Veels geluk aan julle 3 manne! Het baie respek vir julle wat ten spyte van gevaar uitgespring en gehelp het. Mooi so!

Ig ·

Goeie nuus.die insleepdiens moes hom ingesleep het polisiestasie toe.

Swanna ·

Goed so. Kom ons almal begin so op te tree soos hierdie persone en laat ons ‘n verskil maak. Dit help nie ons sê elke keer mooi so. Kom ons almal sien dit as ons plig om so op te tree dan gaan daar iets plaasvind om hierdie misdadigers op hok te sit.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek hoop dat die dapper manne hom n paar goeie vuishoue gegee het .Ek sou die hondekwyl besis nie sonder intense pyn laat vryspring het nie.

Paul ·

Dit sou baie gaaf gewees het as die skurk eers ‘n draai in die intensiewe eenheid gaan maak het en dit dan hopelik nie gemaak het nie.

Dave ·

My kometaar word gemodereer (of so ‘n tipe anglisisme).
Die Maroela-sissies het nie kans gesien vir my kommentaar nie – soort van verstaanbaar want ‘wie se brood jy eet sal jy dien’ of so iets is daar een of ander uitdrukking. Ek het bloot die grypdief se daad vergelyk met ‘n diefstal soos Nkandla. Modereer hierdie een Maroelatjie sodat ek weet of ek meer diplomasie moet toepas.

Dave ·

Neeeee….!!! Hoe kon julle hìèrdie een toelaat? En ‘n onskuldige een wegwys? Kommaan Maroela, julle is deurmekruis!!

Dave ·

Probleem is wanneer julle op filters vertrou. Julle het selfs my toegelaat om ‘n spelfout deur te glip. Julle kan mý vra om proeflesing te doen maar dit sal julle kos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.