Goeie nuus: Houtbaai-inwoner red man van verdrinking

Jannie Krynauw en Anthony Allen se hond, Glock op die toneel Foto: Anthony Allen (verskaf)

Jannie Krynauw en Anthony Allen se hond, Glock op die toneel Foto: Anthony Allen (verskaf)

ʼn 25-jarige man is Saterdag in Houtbaai, Kaapstad van ʼn gewisse verdrinking gered danksy ʼn inwoner, Jannie Krynauw, se vinnige optrede.

Krynauw het met sy honde gaan stap toe hy iets in die water opgemerk het. Hy het ondersoek ingestel en besef dit is die liggaam van ʼn jong man. Hy is dadelik in die see in en het die man na die strand toe gesleep. Hy het begin om die man te probeer bybring, en het om hulp geskree.

Intussen het Anthony Allen, wat saam met sy hond op die strand gaan fietsry het, op die toneel afgekom waar ʼn paar mense al om Krynauw saamgedrom het. “Jannie ken my van die Nasionale Seereddingsinstituut,” het Allen aan Maroela Media gesê. Allen is ʼn vrywilliger by NSRI Bakoven.

“Hy het versoek dat ek hom help en ek het die pasiënt se tekens van lewe dopgehou terwyl ek verdere besonderhede aan plaaslike paramedici deurgegee het deur die Houtbaai Watchcon-beheersentrum,” het Allen verduidelik. “Mark Muller, vrywilliger-paramedikus van die brand- en reddingsdiens, het opgedaag en ek en Jannie het die pasiënt aan hom oorgegee.” Die man was in hierdie stadium reeds stabiel en het op sy eie asemgehaal.

“Dit was ʼn wonderwerk dat ons die man kon bybring,” het Krynauw gesê. “Die lewe maak soms vreemde en wonderlike draaie. Ek is dankbaar dat ek op die regte tyd op die regte plek kon wees. Vandag was ʼn goeie dag.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die man is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling en berading,” het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Neptunus ·

Asof daar nie genoeg honde op strande ronddrentel nie, moet mens nou hoor daar is selfs honde wat al fietsry op die strand?

Nietemin, goeie werk deur Jannie. Krynauw net jou brak van die strand af.

magriet ·

skerp neptunus, maar overall lyk dit my ‘n effe pyn in die agterent wat nie veel het om te doen as hierdie site te bekyk waar jy kan gal braak nie?

Delia ·

Stem saam anon, Neptunis is maar altyd prikkelrig oor ales, en solos ek kan sien het die hond ‘n leiband aan.

Delia ·

Sjoe, jammer oor die foute, die iPad wil nie lekker in Afrikaans werk nie!

Neptunus ·

Probleem met troeteldiere? As kind het ons minstens een of meer van die volgende gehad: Honde, katte, hamsters, muise, ‘n skilpad, verkleurmannetjie, slange, muise, goudvisse, noem maar op.

Ons het egter nooit ons diere aan ander mense opgedwing nie, en hulle het nie op ons beddens geslaap of ons borde uitgelek nie.

Mense word aan genoeg patogene blootgestel daagliks, en dan gaan party ongelukkig nog oorboord met hul diere ook. Honde hoort nie op strande nie, want bitter min eienaars ruim op agter Fifi wat daar en dan ‘n nommer twee uitvoer.

Google maar verder: Eginokokkose, hidatidose of hondeblaaswurmsiekte. Velmol, dwaalwurm of sandwurm. Toksoplasmose, omlope, giardiose, tuberkulose.

Daar is ‘n rede waarom dit al vir millennia ‘n belediging is om iemand ‘n hond te noem. Hulle gewoontes is doodeenvoudig walglik, dis nie nodig om dit hier te noem nie.

zahn ·

Jy kort ‘n lewe. Plaas jy is dankbaar oor die lewe wat gered is, gebruik jy die forum om te kla. Pateties. En hierdie is die eerste keer wat ek reageer op iemand se kommentaar, as so ‘n persoon te bang is om onder sy eie naam te skryf. Wys jou mos nou presies wie jy is, wil wragtag kla onder ‘n skuilnaam. Sjym.

Pierre Celliers ·

My honde kinners slaap saam met ons onder die komberse..

Asjas ·

3 Mense kinders
3 Katte kinders
4 Honde kinders waarvan die jongste die artikel saam gelees en baie geniet het. Sy het Neptunus se kommentaar gelek … ek dink sy hou van hom ;-)
Dit was seker tong in die kies?

Will ·

Wow, hier is iemand se lewe gered. n Bietjie goeie nuus wat wys ons is almal mens hier in Suid Afrika en julle gaan kla oor n bleddie brak. Ek skaam my dood vir mense wat so ongodlik pateties kan wees. Daar is werklik nie pille vir julle nie. Good job Jannie en Anthony.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.