Goeie nuus: Inflasie daal skerp

’n Skerp daling in brandstofpryse het bygedra tot die verlangsaming in die inflasiekoers. Argieffoto

Verbruikersinflasie vir alle stedelike gebiede in Suid-Afrika het in Desember op ʼn jaar-tot-jaargrondslag skerp verlangsaam tot 4,5% vergeleke met 5,2% in November.

Dis die grootste daling in ʼn enkele maand sedert April 2017, sê Patrick Kelly, Statistieke Suid-Afrika se hoofdirekteur van prysstatistieke.

“Die afgelope maande se verlangsaming is hoofsaaklik danksy die 8%-afname in die brandstofprys, tesame met matige voedselinflasie.

Voedselpryse het van November tot Desember met gemiddeld 0,2% gedaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wiehan ·

Inflasie daal, petrol prys het gedaal en verder word alles duurder. 1+1 is nou 11

zoom zoom ·

Brandstof se prys by die pompe het gedaal maar die voedsel op die rakke in al die winkels het nie gedaal nie. Ek glo geen statistieke wat die departement vrystel.

Chris Ws ·

zoom zoom ek stem met jou saam.Toe die brandstof prys so hoog was in November het ALS se pryse gestyg.Nou bly dit daar terwyl brandstof baie goedkoper geword het.Die besighede buit ons uit deur NIE hul goedere se pryse te verlaag nie.maar vra mens hoekom het hulle honderde verskonings.verbruikers moet saamstaan en besighede wat ons uitroei se produkte boikot.Ek en my vrou self het BAIE meer selektief en prysbewus geword wanneer ons inkopies doen.Produkte wat ons meen te hoog geprys is kom ons eenvoudig nou sonder klaar.Ons kruideniersware koste is van R2000 na R1300 gesny deur GEEN versnaperings en lekkernye meer te koop nie en ook om pryse van soortgelyke produkte te vergelyk en die goedkoper een te vat.Duur produkte word waar moontlik nie ook meer gekoop nie.Dis dit.Diesel pryse word deeglik bekyk by vulstasies in ons dorp en ons gooi net in by die vulstasie waar diesel die goedkoopste is .

ZAR ·

Is hierdie ‘n kunsmatige daling? Ja, ja dit is. Spaar mense, belê in die buiteland, hierdie is die oog van die storm.

Harold ·

Hier in Muizenberg KAAPSTAD is pick & pay se vleis pryse hoer as woolies sin, en dan on top of it, kry jy n vlieg binne jou toe gedraaide t bone stake. Chekers in Muizenberg se nie personeel is so onbeskof en hulle pryse nog duurder. Elke keer gaan petrol op en kos gaan op, maar petrol gaan af en kos bly nog die selfde. En elke jaar net voor Desember maand stoot hierdie pleke hulle pryse op om die arme toeriste van Gauteng en ander pleke nog verder te bevark. So bly eerder weg van Muizenberg want jou kos gaan duurder wees as jou akomadasie

Tinus ·

Glo mense dit werklik? Kyk wat het jy oor van jou salaris elke maand, niks! Als word gemanipuleer, die salarisverhogings moet binnekort aangekondig word, so nou is inflasie skielik laag, dan is daar mos rede om salarisverhogings ook laag te hou. Elke jaar dieselfde ou storie.

t7ie4ty ·

Die twee winkel groepe in Muizenberg Kaapstad (Pick and P…) wil nou nie n naam noem nie, en Check…. se vleis pryse is duurder as woolies sin. Hulle mins ens wors stink so van die soja en vet dat jy die goed nie kan eet teen R 90.00 per kg. op n special en dan is jy gelukkig as daar nie n vlieg in jou pakkie is nie. En moet ook asbl nie die onbeskofte personeel in pick en P… vergeet in Vrygrond nie. Swak swak en hulle maak bitter baie geld van oorsee se toeriste en arm mense van vrygrond.

t7ie4ty ·

Maroela media het my blykbaar geblok. Is julle anc boeties.

Jc ·

Ek stuur regtig net gesels saam boodskappe. Maar,maroela plaas dit nooit nie. En as ek se nooit nie, is dit nooit nie. Nou sal hierdie een seker geplaas word.

Gerda ·

Ek verstaan nie wat aangaan nie, want kospryse het binne n week skerp gestyg

Gemaskerde Sopbeen ·

En dit is wat onse government nie verstaan nie……….Hulle rol is om inflasie met alle moontlike hulpmiddels te beveg……….want as ‘n prys eers gestyg het, kom dit nooit weer af nie. So wat moet hulle doen? Gebruik ‘n egalisasie fonds om die brandstof prys in toom te hou, sodat vervoerkoste laag bly, sodat voedsel pryse laag bly……….Maar hulle doen nie, en dit is soos almal waarneem….pryse wat opgegaan het oor die “brandstofprys” bly nou net daar, al brandstof pryse gedaal…..As die brandstofpryse deur die regering in toom gehou was, het daai voedselpryse nooit gestyg nie….maar nou ja, hierdie is Afrika…

Elize ·

Kan iemand my asseblief sê waar die winkels is wat se kospryse gedaal het want alles word oornag duurder. Ek is seker daar is aangestelde mense wat nagdiens werk om die pryse te verander want wat jy gister betaal het is vandag skielik hoër. My salaris kan nie meer nie en van ‘n verhoging of bonus droom ek net. Word altyd gesê daar is nie geld nie maar die base kan 4 keer per jaar met verlof gaan en leef soos konings. Net dankbaar ek het darem nog werk. So dit is die wittes wat ook uitgebuit word deur hulle eie nasie om ryk te word

Wim ·

Elize dit is baie maklik begin jou eie besigheid, lê snags wakker en wonder of jy elke maand al jou werkers se salarisse gaan kan betaal, anders draai jy gou gou by ccma. Dan is jy jou eie baas en kan lekker 4 keer per jaar gaan vakansie hou.Probleem opgelos en jy leef soos n koning

Werner ·

Wat is so wonderlik daaraan voel dit nie aan my sak nie weer lieg storie

Eke ·

Almal se altyd dit gaan swaar en nerena is ooit geld nie maar gaan kyk orals skied nuwe winkel sentrum op en almal is besig. Snaaks het verlede jaar gekyk het n bekende online winkel n black vrydag winskoop gehaat en 2 weke laater op nog n grooter winskoop?Spar in Zambesie in pretoria het desember toilet papier op spesial gehat ou prys op die rak Rxx.xxkers bespaaring met groot bersierings Rxx.xx R 10 Durder op n R30 ietem 79% ekstra tyd dat ons n wepwerf stig wat ons almal se skandes uitblaker kyk maar hoefeel keer is prys op rak minder as wat die ietem lui of net nie n prys op rak nie

Carel ·

Al wat nou gaan gebeur is dat die belasting op brandstof gaan gelig word. Kyk maar, ons volg kort op zim se hakke. R20 rand n liter is nie meer n fantasie nie, net n kwesie of dit die jaar of volgende jaar en dan ons weer oor inflasie.

Annie ·

Ai… ek gaan dit nou maar reguit se: Hierdie mense jok vreeslik. Alhoewel brandstof se prys gedaal het (en dit is steeds nog te duur vergelyke met Namibia) kon ek of die meeste van die volk nie agterkom dat voedsel pryse laer was nie….. inteendeel die was duurder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.