Goeie nuus: Jayvan op pad huis toe

Jayvan Janse van Rensburg en sy ma, Carin (11 Junie 2016) Foto: Support Jayvan Janse van Rensburg, Facebook

Jayvan Janse van Rensburg en sy ma, Carin (11 Junie 2016) Foto: Support Jayvan Janse van Rensburg, Facebook

Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is, is ontslaan uit die hospitaal ná ’n baie geslaagde operasie.

Maroela Media het vroeër berig die gesin kon Kaapstad toe vlieg vir Jayvan se operasie in die Vincent Pallotti-hospitaal ná weldoeners op JakarandaFM se program, Good Morning Angels, groot skenkings gemaak het om die operasie moontlik te maak. Carin, Jayvan se ma, het daarna aan Maroela Media vertel die operasie het “goed” afgeloop. “Die dokter kon die kanker ten volle verwyder.”

“Wat ʼn groot verrassing! Pokkelpensie is ontslaan, hy kom huis toe!” het Carin Vrydagaand op ʼn Facebook-blad, wat spesiaal vir ondersteuners van Jayvan opgerig is, geskryf. “Ek huil al die hele middag vandat ek gehoor het dokter Hoskings het gesê hy mag huis toe gaan!”

Carin het aangedui hulle vlieg Saterdag huis toe. “So so so so dankbaar… My God is ʼn God van wonders! Dankie Here, so dankbaar, so opreg dankbaar!”

Volgens die dokters sal Jayvan moontlik eers oor ʼn jaar en ʼn half of selfs twee jaar weer loop. Hulle het vir hom ʼn gipsstut gemaak omdat hulle bang is hy breek sy been. Hy gaan vir minstens nege maande in ʼn rolstoel moet wees.

Maroela Media het destyds berig Jayvan se pa, Anton (52), is op 12 Augustus naby sy huis in Drie Riviere, waar hy en sy gesin skaars twee weke tevore ingetrek het, deur gewapende rowers oorval en doodgeskiet.

Lees alle vorige berigte oor Jayvan Janse van Rensburg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Luister ·

Baie goeie nuus! Beterskap, en baie sterkte en aan die pasiëntjie en sy mamma.
God is altyd by julle.

hannes ·

Mag julle God se krag en genade beleef veral na wat alles jul getref het en geloof soos n mosterd saadjie het en nooit in Hom sal twyfel nie. Mag gesondheid met speod kom. Sterkte

Helene Heyns ·

Dis sulke berigte wat my hart laat oorloop van dankbaarheid en vreugde. Dankie aan ons Hemelse Vader.

johann cb ·

Ek is dankbaar en opgewonde vir Jayvan en sy gesin se onthalwe. Mag hy spoedig ten volle herstel. Ek het dit net teen die gebruik van “sensitiewe” fotos wat baie mense hartseer maak.

Gesiggie ·

So baie baie bly vir Jayvan en Mamma Carin, mag als van nou af net beter gaan, Mag God elke dag met jul wees, op die pad na herstel.. sterkte aan jul..

Ruby ·

Dit is wonderlike nuus!

Sterkte aan Jayvan en mamma. God is Groot.

neelsie ·

Baie dankbaar.
Sterkte vir volle genesing.
Eer ons Drie-enige God vir wonderwerke.
Sy beloftes in Sy woord is ook vir vandag!

charlene ·

Sit en huil en nou. Dis wonderlike Amazing nuus. Ons God is groot en wonderlik! Hy het nie net gehelp om mense se harte oop te maak nie maar om seker te maak die operasie is `n sukses en nog verder gegaan en die kanker weg gevat. WOW dankie Vader. Mag U die kind van ?U nog baie seen, vir hom en sy mamma en almal. Dankie vir die update

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.