Goeie nuus: Ma en tweejarige veilig gevind

Suzan Strydom (Foto verskaf deur Vrystaat-SAPD)

ʼn 37-jarige vrou en haar tweejarige dogtertjie wat Saterdagoggend uit Bainsvlei in Bloemfontein verdwyn het, is veilig gevind.

Maroela Media het vroeër berig Suzan Strydom was in ʼn psigiatriese hospitaal in Kaapstad voordat sy Vrydagaand teruggekeer het na haar huis in Bainsvlei. “Suzan en haar man en hul tweejarige dogtertjie, Minneke, het Vrydagaand sonder enige probleme gaan slaap,” het konst. Peter Kareli gesê. Toe die man vanoggend wakker word, het Suzan en Minneke egter spoorloos verdwyn.

“Ons kan met dankbaarheid bevestig dat die vrou en haar dogtertjie veilig in Kaapstad is,” het Kareli aan Maroela Media gesê. “Haar vriende het haar in kennis gestel van die berigte op Facebook en Twitter dat sy vermis word, en sy het dadelik na Kaapstad-polisiestasie gegaan.”

Kareli het gesê haar man het sy dankbaarheid aan Bainsvlei-polisie uitsgespreek dat hulle so vinnig op die inligting reageer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stellie ·

Hoe word jy nie wakker as die huismense ry nie? Ek is bly sy is gevind maar sjoe…

Monnie ·

Stellie, my man slaap net so vas en sal nie hoor as ek ry nie. Ek sou eerder sê hoe ry jy in die nag sonder om vir jou man te se jy gaan ry

VRA MY EK WEET ·

Pastoor..ek stem saam..ek dink hulle is NOU veilig

Hoop ·

Ek kry n nare maagdraai, Suzan, mag jy goed ondersteun word, as ek reg tussen die lyne lees is my hoop & gebed dat jy gehelp en verlos word.

Scalla ·

Iets in die Kaap laat haar seker verlang, bly hulle het veilig gery, baie onverantwoordelik van haar gewees.

Marizanne ·

Ag siestog nog so jonk…. hoop julle sorteer die dinge uit. Ken Hom in al julle weë en Hy sal julle paaie gelyk maak. Ek dink aan julle almal en dra julle in my gebede op vanaand ?

Dolfyn.... ·

Soos Pastoor en Vra my ek Weet….. bly om te hoor die Ma en dogter is veilig. Hoop als word gou uitgesorteer.

charmaine ·

Om vrou alleen met n kind van 2 van Bloemfontein na Kaapstad te ry behoort jy by jou volle positiewe te wees om te weet wat jy doen? Die arme kind gaan meer verward wees as die volwassenes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.