Goeie nuus: Medupi-eenheid wek elektrisiteit op

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Eenheid 6 by Eskom se splinternuwe Medupi-kragstasie in Limpopo het Maandag vir die eerste keer elektrisiteit opgewek.

“Die invloei van elektrisiteit na die netwerk is ʼn nuwe begin,” het Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, in ʼn verklaring gesê. “Medupi se eenheid 6 sal binne drie maande die volle 794 MW aan die nasionale netwerk kan verskaf.”

Dit is die eerste eenheid van Medupi wat gesinchroniseer is. Die sinchronisasie behels dat die kragopwekker elektronies aan die netwerk verbind word sodat die krag aan al die ander kragopwekkers verbind kan word om elektrisiteit aan die netwerk te verskaf.

Eenheid 6 is al ʼn paar keer vertraag. Die sinchronisasie sou aanvanklik op 24 Desember plaasgevind het.

Medupi sal uiteindelik 4 764 MW aan die kragnetwerk verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Jis kyk hoe opgewonde is ek..minder beurtkrag, maar boetie jy gaan HOES vir daardie ekstra 794 MW….

Gerhard Bezuidenhout ·

Met die een hand gee hulle jou n roomys en met die ander hand klap hulle jou bedwelm met prysstygings.

Paplepel ·

Hoe lank loop ‘n nuwe generator voor hy breek weens geen instandhouding nie?

scalla ·

Wat se goeie nuus is dit, as die werk reg gedoen was soos geskeduleer sou onderbrekings nie plaasgevind het nie, onbevoeg is die antwoord

sterretjie ·

As jy nie op Medupi gewerk het nie, kan jy nie kommentaar lewer nie, dit het bloed sweet van die kontrakteurs geverg om te kom waar hulle vandag is, daar was baie vertragings ja,stakings het grootliks bygedra tot vertragings, Die feit is eenheid 6 lewer krag en dis wat saak maak………

sterretjie ·

As jy nie op Medupi gewerk het nie kan jy nie negatief praat nie, dit het bloed sweet geverg omte kom waar dit vandag is.daar was baie vertragings waarvoor stakings grootliks bygedra het, maar eenheid 6 lewer krag, en dis wat saak maak……

Anton Smit ·

Dit vereis nie n ekspert om te kan se n kontrak wat 3 jaar laat is was swak bestuur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.